Filmografie van Tom Cruise
Tom Cruise is 'n Amerikaanse akteur en rolprentvervaardiger. Hy maak sy rolprentdebuut in die romantiese drama Endless Love in 1981.[1][2] In 1983 maak hy sy deurbraak in die romantiese komedie, Risky Business[3] en ontvang hiermee sy eerste benoeming vir die Golden Globe-toekenning vir Beste Akteur.[4] In 1986 speel Cruise die rol van 'n vegvlieënier in die aksiedrama Top Gun, wat vervaardig is deur Tony Scott. Dit was die topverdiener by die filmloket vir diè jaar[5][6]. Cruise het ook saam met Paul Newman verskyn in The Color of Money, wat deur Martin Scorsese geregisseer is. Twee jaar later verskyn hy saam met Dustin Hoffman in die drama Rain Man, wat bekroon is met die Oscar vir Beste Rolprent (1988). Hy het ook verskyn in die romantiese drama Cocktail (1988). Sy volgende rol was die van 'n anti-oorlogsaktivis (Ron Kovic) in die rolprentverwerking van Kovic se gelyknamige memoirs, Born on the Fourth of July (1989), waarvoor hy die Golden Globe-toekenning vir Beste Akteur ontvang.[4]
In 1992 verskyn hy teenoor Jack Nicholson in die regsdrama A Few Good Men,[7] 'n verwerking van die gelyknamige Broadwaytoneelstuk wat ook geskryf is deur Aaron Sorkin.[8] Cruise verskyn hierna in The Firm (1993), 'n rolprentverwerking van John Grisham se gelyknamige regsdrama. In dieselfde jaar maak hy sy debuut as regisseur in 'n episode van die televisiereeks Fallen Angels.[9][10] Cruise verskyn as die spioen Ethan Hunt in die aksiefilm Mission: Impossible (1996), die eerste projek van sy maatskappy, Cruise/Wagner Productions,[11] wat hy in 1993 opgerig het saam met medestigter Paula Wagner. Met ingang 2023 het Cruise reeds in ses verdere rolprente in die Mission: Impossible franchise verskyn naamlik: Mission: Impossible 2 (2000), Mission: Impossible III (2006), Mission: Impossible – Ghost Protocol (2011), Mission: Impossible – Rogue Nation (2015), Mission: Impossible – Fallout (2018), en Mission: Impossible – Dead Reckoning Part One (2023).
Cruise het die titelrol gespeel in die komediedrama Jerry Maguire, wat geregisseer is deur Cameron Crowe. Vir sy vertolking word hy genomineer vir 'n Golden Globe in die kategorie Beste Akteur. [4] In 1999 verskyn Cruise in die erotiese riller Eyes Wide Shut teenoor sy destydse vrou Nicole Kidman, waarvan Stanley Kubrick die regisseur is. Hy verskyn ook in die drama Magnolia, wat geregisseer is deur Paul Thomas Anderson. Vir laasgenoemde rol ontvang hy 'n Golden Globe-toekenning vir Beste Ondersteunende Akteur. Hy is ook benoem vir 'n Oscar vir Beste Ondersteunende Akteur. [4][12] Cruise het weereens saam met Crowe (as regisseur) verskyn vir die wetenskapsfiksieriller Vanilla Sky (2001), waarvoor hy 'n Saturn-toekenning vir Beste Akteur ontvang het.[13] Die daaropvolgende jaar verskyn hy in Minority Report, wat deur Steven Spielberg geregisseer is. In 2005 werk hy weer saam met Spielberg in War of the Worlds. Hiervoor ontvang hy die Stanley Kubrick Britannia-toekenning vir Uitnemendheid (BAFTA Los Angeles).[14] Drie jaar later verskyn hy in die satiriese aksiekomedie rolprent Tropic Thunder. In dieselfde jaar speel hy ook die rol van die leëroffisier Claus von Stauffenberg in die historiese dramarolprent Valkyrie (beide in 2008). In 2010 speel Cruise weer teenoor sy medester van Vanilla Sky-faam, Cameron Diaz, in die aksiedrama film Knight and Day, wat gevolg word deur die aksiefilm Jack Reacher (2012), waarin hy die titelrol gespeel het, asook in die vervolg daarop, Jack Reacher: Never Go Back (2016). Hy het ook verskyn in Oblivion (2013) en Edge of Tomorrow (2014), beide wetenskapsfiksie films.[15][16] Drie jaar later vertolk hy die rol van die dwelmsmokkelaar Barry Seal in die aksiekomedie American Made (2017). In 2022 was Cruise beide vervaardiger van, en akteur in die vervolg op Top Gun, Top Gun: Maverick, wat meer as $1.4 miljard verdien het by rolprentlokette, en sodoende sy besbetaalde rolprent geword het.[17][18]
Rolprent
[wysig | wysig bron]Jaar | Titel | Rol | Notas | Verwysings |
---|---|---|---|---|
1981 | Endless Love | Billy | [1] | |
Taps | Kaptein David Shawn | |||
1983 | The Outsiders | Steve Randle | [19] | |
Losin' It | Woody | [20] | ||
Risky Business | Joel | [21] | ||
All the Right Moves | Stefen Djordjevic | [22] | ||
1985 | Legend | Jack | ||
1986 | Top Gun | Luitenant Pete "Maverick" Mitchell | [5] | |
The Color of Money | Vincent Lauria | [23] | ||
1988 | Cocktail | Brian Flanagan | [24] | |
Rain Man | Charlie Babbitt | [25] | ||
1989 | Born on the Fourth of July | Ron Kovic | ||
1990 | Days of Thunder | Cole Trickle | Ook medeskrywer van draaiboek | [26] |
1992 | Far and Away | Joseph Donelly | [27] | |
A Few Good Men | Luitenant Daniel Kaffee | [7] | ||
1993 | The Firm | Mitch McDeere | ||
1994 | Interview with the Vampire | Lestat de Lioncourt | ||
1996 | Mission: Impossible | Ethan Hunt | Ook vervaardiger | |
Jerry Maguire | Jerry Maguire | [28] | ||
1998 | Without Limits | N.V.T. | Slegs vervaardiger | [29] |
1999 | Eyes Wide Shut | Dr. William Harford | [30] | |
Magnolia | Frank T.J. Mackey | [31] | ||
2000 | Mission: Impossible 2 | Ethan Hunt | Ook vervaardiger | |
2001 | Stanley Kubrick: A Life in Pictures | Verteller | Dokumentêre prent | [32] |
The Others | N.V.T. | Slegs uitvoerende vervaardiger | [33] | |
Vanilla Sky | David Aames | Ook vervaardiger | [34] | |
2002 | Space Station 3D | Verteller | Dokumentêr | [35] |
Minority Report | Chief John Anderton | [36] | ||
Austin Powers in Goldmember | Homself as Austin Powers | Cameorol | ||
Narc | N.V.T. | Slegs uitvoerende vervaardiger | ||
2003 | Shattered Glass | N.V.T. | Slegs uitvoerende vervaardiger | |
The Last Samurai | Nathan Algren | Ook vervaardiger | [37][38] | |
2004 | Collateral | Vincent | [39] | |
2005 | War of the Worlds | Ray Ferrier | ||
Elizabethtown | N.V.T. | Slegs vervaardiger | [40] | |
2006 | Ask the Dust | N.V.T. | Slegs vervaardiger | [41] |
Mission: Impossible III | Ethan Hunt | Ook vervaardiger | ||
2007 | Lions for Lambs | Senator Jasper Irving | [42] | |
2008 | Tropic Thunder | Les Grossman | [43] | |
Valkyrie | Kolonel Claus Von Stauffenberg | [44] | ||
2010 | Knight and Day | Roy Miller / Matthew Knight | [45] | |
2011 | Mission: Impossible – Ghost Protocol | Ethan Hunt | Ook vervaardiger | |
2012 | Rock of Ages | Stacee Jaxx | [46][47] | |
Jack Reacher | Jack Reacher | Ook vervaardiger | ||
2013 | Oblivion | Jack Harper | [48] | |
2014 | Edge of Tomorrow | Majoor William "Bill" Cage | [49] | |
2015 | Mission: Impossible – Rogue Nation | Ethan Hunt | Ook vervaardiger | [50] |
2016 | Jack Reacher: Never Go Back | Jack Reacher | Ook vervaardiger | [51] |
2017 | The Mummy | Sersant Nick Morton | [52] | |
American Made | Barry Seal | [53] | ||
2018 | Mission: Impossible – Fallout | Ethan Hunt | Ook vervaardiger | [54] |
2022 | Top Gun: Maverick | Kaptein Pete "Maverick" Mitchell | ||
2023 | Mission: Impossible – Dead Reckoning Part One | Ethan Hunt | [55] | |
2024 | Mission: Impossible – Dead Reckoning Part Two | Ook vervaardiger; Verfilming | [56][57] |
Televisie
[wysig | wysig bron]Jaar | Titel | Rol | Notas | Ref(s) |
---|---|---|---|---|
1993 | Fallen Angels | N.V.T. | Regisseur Episode: "The Frightening Frammis" |
[9] |
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 Ferguson, John. "Endless Love". Radio Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2014. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ Morton, Andrew (15 Januarie 2008). Tom Cruise: An Unauthorized Biography. New York: St. Martin's Press. pp. 47–48. ISBN 978-1250036070.
- ↑ Ebert, Roger (19 Oktober 1986). "Tom Cruise: Color him bankable". Roger Ebert. Besoek op 11 Desember 2014.
- ↑ 4,0 4,1 4,2 4,3 "Tom Cruise". Hollywood Foreign Press Association. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2014. Besoek op 11 Desember 2014.
- ↑ 5,0 5,1 Oughton, Jack. "Outrageous Film Characters You Didn't Know Were Based On Real People". Empire. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2014. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ "Top Gun (1984)". Box Office Mojo. Amazon.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Desember 2014. Besoek op 20 Desember 2014.
- ↑ 7,0 7,1 Kehr, Dave (11 Desember 1992). "Full Court Press". Chicago Tribune. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Januarie 2015. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ de Moraes, Lisa (7 November 2014). "NBC Wants Aaron Sorkin Back For Live Staging Of 'A Few Good Men'". Deadline Hollywood. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Desember 2014. Besoek op 7 Januarie 2015.
- ↑ 9,0 9,1 Prouty (3 September 1993). "Variety and Daily Variety Television Reviews, 1992–1994". Variety. ISBN 9780824037970. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 September 2015. Besoek op 31 Desember 2014.
- ↑ "Cruise set for directing bow". Variety. 22 Februarie 1993. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Januarie 2015. Besoek op 31 Desember 2014.
- ↑ Kronke, David (12 Mei 1996). "He Accepted the Mission". Los Angeles Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Januarie 2015. Besoek op 31 Desember 2014.
- ↑ "The 72nd Academy Awards". Academy of Motion Picture Arts and Sciences (AMPAS). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 November 2014. Besoek op 11 Desember 2014.
- ↑ "'The Dark Knight' dominates Saturn Awards with 11 nods while 'Twilight' is almost shut out". Los Angeles Times. 11 Maart 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Desember 2014. Besoek op 21 Desember 2014.
- ↑ "Britannia Award Honorees". British Academy of Film and Television Arts. 22 Mei 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2014. Besoek op 20 Desember 2014.
- ↑ McClintock, Pamela (21 April 2013). "Box Office Report: Tom Cruise's 'Oblivion' Rockets to Solid $38.2 million Opening". The Hollywood Reporter. Prometheus Global Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Februarie 2015. Besoek op 21 Desember 2014.
- ↑ "Review – 'Edge of Tomorrow' Is Tom Cruise At His Sci-Fi Best". Forbes. 5 Junie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2014. Besoek op 21 Desember 2014.
- ↑ McClintock, Pamela (26 Junie 2022). "'Top Gun: Maverick' Joins Billion-Dollar Box Office Club in a First for Tom Cruise". The Hollywood Reporter. Besoek op 27 Junie 2022.
- ↑ "Top Gun: Maverick". Box Office Mojo. Besoek op 8 Julie 2023.
- ↑ Bernardin, Marc; Susman, Gary (8 November 2007). "Tom Cruise, The Outsiders". Entertainment Weekly. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2014. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ Bernardin, Marc; Susman, Gary (8 November 2007). "Tom Cruise, Shelley Long, ..." Entertainment Weekly. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2014. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ Bernardin, Marc; Susman, Gary (8 November 2007). "Tom Cruise, Rebecca De Mornay, ..." Entertainment Weekly. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2014. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ Bernardin, Marc; Susman, Gary (8 November 2007). "Tom Cruise, All the Right Moves". Entertainment Weekly. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2014. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ Canby, Vincent (17 Oktober 1986). "The Color of Money (1986)". The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2014. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ Rickey, Carrie (29 Julie 1988). "Tom Cruise And Bryan Brown Mix A 'Cocktail'". The Philadelphia Inquirer. Robert J. Hall. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 September 2015. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ Benson, Shiela (16 Desember 1988). "Movie Review: 'Rain Man'--Not the Ordinary Buddy Film". Los Angeles Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Desember 2014. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ Benson, Shiela (27 Junie 1990). "Movie Review : Utility Vehicle : 'Days of Thunder': The NASCAR racing footage and Tom Cruise's grin are fine. Robert Towne's malnourished screenplay isn't". Los Angeles Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Desember 2014. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ James, Caryn (22 Mei 1986). "Far and Away (1992)". The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2014. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ McCarthy, Todd (8 Desember 1996). "Review: 'Jerry Maguire'". Variety. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Desember 2014. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ "Without Limits (1998)". Movies & TV Dept. The New York Times. 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2014. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ McCarthy, Todd (12 Julie 1999). "Review: 'Eyes Wide Shut'". Variety. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Januarie 2015. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ Turan, Kenneth. "Random Lives, Bound by Chance". Los Angeles Times]date=17 Desember 1999. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Desember 2014. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ "Stanley Kubrick: A Life in Pictures (2001) – Acting Credits". Movies & TV Dept. The New York Times. 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2014. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ "The Others (2001)". Movies & TV Dept. The New York Times. 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2014. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ McCarthy, Todd (9 Desember 2001). "Review: 'Vanilla Sky'". Variety. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Januarie 2015. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ "Space Station". British Board of Film Classification. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2014. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ Ebert, Roger (21 Junie 2002). "Minority Report Movie Review & Film Summary (2002)". Roger Ebert. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2014. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ Ebert, Roger (5 Desember 2003). "The Last Samurai Movie Review (2003)". Roger Ebert. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2014. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ LaSalle, Mick (5 Desember 2003). "A dogged Cruise learns new rules of war – and takes a thumping in the process – as a Western samurai". San Francisco Chronicle. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2014. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ Ebert, Roger (6 Augustus 2004). "Collateral Movie Review & Film Summary (2004)". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2014. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ Scott, A. O. (14 Oktober 2005). "Grief, Love and Shoes in a Kentucky Stew". The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2015. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ Dargis, Manohla (10 Maart 2006). "A Writer's Story of Rage, Lust and Oranges". The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2014. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ Chocano, Carina (9 November 2007). "As a matter of policy, 'Lions' doesn't play". Los Angeles Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Desember 2014. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ O' Hara, Helen; De Semlyen, Phil. "Tom Cruise". Empire. Bauer Mediagroep. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2014. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ Turan, Kenneth (25 Desember 2008). "Faltering ride of the 'Valkyrie'". Los Angeles Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Desember 2014. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ Denby, David (5 Julie 2010). "Thrills and Chills". The New Yorker. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2014. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ Lane, Anthony (25 Junie 2012). "Face the Music". The New Yorker. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2014. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ "Tom Cruise Covers Guns N' Roses, Russell Brand Sings Jefferson Starship on 'Rock of Ages' Soundtrack". The Hollywood Reporter. 1 Mei 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Februarie 2015. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ Turan, Kenneth. "Review: Tom Cruise's 'Oblivion' a sci-fi adventure to remember". Los Angeles Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Desember 2014. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ Dargis, Manohla (5 Junie 2014). "Killed in Action by Aliens, Over and Over Again". The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2014. Besoek op 9 Desember 2014.
- ↑ Turan, Kenneth (30 Julie 2015). "Once again, Tom Cruise accomplishes the near-impossible in 'Rogue Nation'". Los Angeles Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Augustus 2015. Besoek op 1 Augustus 2015.
- ↑ Evry, Max (20 Oktober 2015). "Jack Reacher: Never Go Back Begins Filming with Tom Cruise". comingsoon.net. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2015. Besoek op 22 Oktober 2015.
- ↑ Kroll, Justin (14 Maart 2016). "Marwan Kenzari Joins Tom Cruise in 'The Mummy' Reboot". Variety. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Maart 2016. Besoek op 24 Maart 2016.
- ↑ Fleming, Mike Jr. (27 Mei 2015). "Universal Sets Tom Cruise-Doug Liman 'Mena' Flight Plan For January 2017". Deadline Hollywood. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Mei 2015. Besoek op 29 Mei 2015.
- ↑ Hewitt, Chris (31 Oktober 2018). "Making A Mission: Tom Cruise and Christopher McQuarrie In Conversation". Empire. Besoek op 7 November 2019.
- ↑ Lang, Robert; Ntim, Zac (19 Junie 2023). "'Mission: Impossible – Dead Reckoning Part One' World Premiere Photo Gallery: Tom Cruise & Team Hit Rome". Deadline Hollywood. Besoek op 8 Julie 2023.
- ↑ Orange, B. Alan (14 Januarie 2019). "Next 2 Mission: Impossible Sequels Will Shoot Back-To-Back with Fallout Director". MovieWeb. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Januarie 2019. Besoek op 14 Januarie 2019.
- ↑ Paz, Maggie Dela (18 Maart 2020). "Production Resumes in Mission: Impossible 7 Set Photos". Comingsoon.net. Besoek op 25 Maart 2020.