Boeing 707
Boeing 707 | |
---|---|
Tipe | Smalromp-stralervliegtuig |
Vervaardiger | Boeing Commercial Airplanes |
Ontwerp deur | Boeing Commercial Airplanes |
Nooiensvlug | 20 Desember 1957[1] |
Vrygestel | 26 Oktober 1958 met Pan American World Airways |
Onttrek | 2013 (kommersieel) |
Status | In beperkte militêre en ongereelde huurvlugdiens |
Hoofgebruiker | Trans World Airlines (histories) Continental Airlines (histories) Pan Am (histories) Saha Airlines |
Vervaardig | 1956–1978 |
Aantal gebou | 1 010 (insl. 154 Boeing 720's) [2] |
Eenheidskoste | VS$ 4,3 miljoen (1955)[3] |
Ontwikkel van | Boeing 367-80 |
Weergawes | Boeing 720 Boeing C-137 Stratoliner |
Die Boeing 707 was die eerste kommersiële passasierstraalvliegtuig wat deur Boeing-korporasie vervaardig is. Die vliegtuie is in verskillende konfigurasies gebou wat tussen 150 en 189 passasiers oor 'n afstand van 4 500 tot 9 500 km kon vervoer.
Boeing het in 1955 met 707-produksie begin, en die vervaardiging is uiteindelik in 1991 gestaak. In totaal is daar 1010 vliegtuie van hierdie model vervaardig, insluitend die Boeing 720, wat 'n korter weergawe van die model was. In 2013 het Saha Airlines van Iran die laaste kommersiële vlug van 'n Boeing 707 onderneem.[4] Daar is vandag nog Boeing 707s in diens maar hoofsaaklik in militêre gebruik deur lugmagte onder andere; die Verenigde State van Amerika, Israel, Saoedi-Arabië [5]. Die vliegtuig se vier enjins is deur Pratt & Whitney en CFM International verskaf.
Die Boeing 707 is in verskeie weergawes deur operateurs in Suid Afrika gebruik, hulle was onder andere:
- Suid-Afrikaanse Lugdiens (1960-1980) [6]
- Suid-Afrikaanse Lugmag (1982-2007) [7]
- Trek Airways
- Inter Air
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Boeing 707 Jet Transport" (in Engels). aviation-history.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op 17 Mei 2014.
- ↑ (en) 707 Model Summary. Boeing Commercial Airplanes. URL besoek op 17 Mei 2014.
- ↑ Bowers 1989, p. 434
- ↑ https://www.britannica.com/technology/Boeing-707
- ↑ https://www.airliners.net/forum/viewtopic.php?t=1366233
- ↑ http://www.saamuseum.co.za/saa-history.html
- ↑ https://www.saairforce.co.za/the-airforce/aircraft/13/boeing-707-328c
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Boeing 707.