Gaan na inhoud

25 Februarie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
<< Februarie 2024 >>
So Ma Di Wo Do Vr Sa
1 2 3
4 5 6 7 8 9 10
11 12 13 14 15 16 17
18 19 20 21 22 23 24
25 26 27 28 29
Al die dae

25 Februarie is die 56ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 309 dae in die res van die jaar (310 in skrikkeljare).

Gebeure

[wysig | wysig bron]
Pous Hilarius. Hy het 'n edik uitgereik waarin biskop Veranus veroordeel word.
  • 138 – Die Romeinse Keiser Hadrianus neem vir Antoninus Pius aan, wat hy tevore reeds as sy opvolger benoem het
  • 464 – Edik van Pous Hilarius waarin biskop Veranus veroordeel word.
  • 1147 – Die begrip Austria vir Oostenryk word vir die eerste keer gebruik in ´n dokument wat deur die Duitse koning Konrad III geteken word.
  • 1489 – Koning Karel VIII van Frankryk, gee die onafhanklikheid aan Monaco.
  • 1570Pous Pius V vaardig die pouslike bul Regnans in Excelsis uit om Koningin Elizabeth I en haar volgelinge in die Kerk van Engeland uit die katolieke kerk te ban.
  • 1593Pous Clemens VIII publiseer die bul Caeca et Obdurata waarin hy Pous Paulus III se besluit bevestig om die Jode van Rome in 'n ghetto te vestig.
  • 1621Jürg Jenatsch vermoor vir Pompejus von Planta, die leier van die katolieke in Graubünden, in die kasteel Rietberg in Domleschg. Jürg Jenatsch wil die ondermynende invloed van Pompejus von Planta in die streek stop sit. Die katolieke Oostenryk stuur 8000 soldate om Graubünden te beset.
  • 1635 – In die Verdrag van Parys tussen Frankryk en die Verenigde Nederlande word 'n offensiewe en defensiewe verdrag teen Spanje gesluit, in gevolge waarvan by ´n verowering van die Spaanse Nederlande die verowerde land verdeel sou word.
  • 1643 – Tydens die Wapping-oorlog in die Nederlandse kolonie Nieu-Nederland in Noord-Amerika, val Nederlandse soldate 'n Indiaanse dorp aan en onthoof al die inwoners. Die koppe word dan later vir balspele gebruik. Die insident word bekend as die Pavonia-slagting.
  • 1750Pous Benedictus XIV verklaar Ramon Lull salig.
  • 1856 – Kongres van Parys: Gesprekke om die Krimoorlog te beëindig begin onder die leierskap van die Franse minister van buitelandse sake Alexandre Colonna-Walewski. Verteenwoordigers van die Ottomaanse Ryk, Oostenryk, Groot-Brittanje, Frankryk en Rusland onderhandel tot 30 Maart oor die terme van die vrede.
  • 1879 – NG gemeente Porterville stig af van Piketberg.
  • 1932Adolf Hitler verkry die Duitse burgerskap. Die in Oostenryk-geborene was sedert 1925 staatsloos.
  • 1836Samuel Colt ontvang 'n patent vir die rewolwer.
  • 1912 – Marie-Adélaïde, die oudste van ses dogters van Willem IV, word die eerste heersende Groothertogin van Luxemburg.
  • 1920 – Beleggers uit Antwerpen stig die Belgiese oliemaatskappy Petrofina.
  • 1921 – Die Demokratiese Republiek van Georgië word deur die Sowjet Rooi Leër beset. Met die proklamasie van die Georgiese SSR eindig van die kort tydperk van Georgiese onafhanklikheid.
  • 1944 – Die Royal Air Force vernietig deur ´n swaar bombardement byna die hele stadsentrum van Augsburg.
  • 1954 – Na 'n staatsgreep teen Mohammed Nagib word sy Adjunk Gamal Abdel Nasser, president van die Republiek van Egipte.
  • 1979 – Operasie Vanity: vier Canberra-bomwerpers van die Rhodesiese Lugmag, asook drie Canberras van die Suid-Afrikaanse Lugmag, val 'n ZIPRA-basiskamp naby Luso, Angola aan.
  • 1986 – EDSA Revolusie: Corazón Aquino word ingehuldig as President van die Filippyne, nadat Ferdinand Marcos uit die land vlug na 'n 20 jaar bewind.
  • 2024 – Aaron Bushnell, 'n 25-jarige dienspligtige van die Amerikaanse Lugmag, verbrand homself buite die Ambassade van Israel in Washington, D.C. in protes teen Israel se optrede in Gasa.

Geboortes

[wysig | wysig bron]

Sterftes

[wysig | wysig bron]

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae

[wysig | wysig bron]