28 Februarie
Voorkoms
<< | Februarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | ||
Al die dae |
28 Februarie is die 59ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Dit is ook gewoonlik die laaste dag van Februarie, maar in skrikkeljare is 29 Februarie die laaste dag. Daar was ook al drie keer in die geskiedenis 'n 30 Februarie gewees. Daar volg nog 306 dae in die res van die jaar (en 307 in skrikkeljare).
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 364 – Valentinianus I word verkies as Romeinse keiser deur amptenare van die Romeinse leër by Nicaea, Bithynia.
- 1476 – Pous Sixtus IV stel die feesdag van Maria Onbevlekte Ontvangenis in op (8 Desember).
- 1525 – Die Spaanse veroweraar Hernán Cortés laat die laaste Asteke-heerser van Tenochtitlán, Cuauhtémoc, weens hoogverraad teregstel.
- 1550 – Gian Pietro Carafa (later Pous Paulus IV) word kardinaal-biskop van Frascati.
- 1592 – Pous Clemens VIII publiseer die bul Cum saepe accidere waarin die Jode van Avignon verbied word om handel te drywe met nuwe goedere, slegs gebruikte goedere is toegelaat.
- 1593 – Pous Clemens VIII publiseer die bul Cum Hebraeorum malita waarin die less van die Talmud verbied word.
- 1706 – Goewerneur Willem Adriaan van der Stel laat Adam Tas arresteer.
- 1784 – John Wesley, 'n predikant van die Kerk van Engeland, stig die eerste Metodiste Kerk.
- 1887 – Die Kogmanskloofpas word geopen.
- 1900 – Die Beleg van Ladysmith deur die Boere, wat op 2 November begin het, eindig.
- 1922 – Egipte word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1935 – Nylon, 'n sintetiese polimeer, word deur Wallace Carothers uitgevind.
- 1947 – Die 228 Voorval in Taiwan: Burgerlike opstand in Taipei en Keelung word brutaal onderdruk deur die Sjinese Nasionalistiese leër.
- 1990 – Vir die eerste keer sedert die kommunistiese rewolusie in 1917 word boere in die Sowjetunie toegelaat om weer landbougrond te koop en aan hulle erfgename te vererf.
- 1991 – Die Golfoorlog kom tot 'n einde.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1261 – Margrete Aleksandersdotter, Noorweegse koningin.
- 1533 – Michel de Montaigne, Franse essayis († 1592).
- 1690 – Aleksei Petrowitsj, tsarewitsj van Rusland, Russiese tsarewitsj († 1718).
- 1693 – Anna van Rusland, tsaar van Rusland († 1740).
- 1833 – Alfred von Schlieffen, Duitse generaal en strateeg († 1913).
- 1839 – Sytze Wierda, Nederlandse argitek in die Zuid-Afrikaanse Republiek (ZAR) († 1911).
- 1898 – Molly Picon, Amerikaanse aktrise († 1992).
- 1901 – Linus Pauling, Amerikaanse chemikus, biochemikus, chemiese ingenieur en Nobelpryswenner († 1994).
- 1904 – Alfred Bohrmann, Duitse sterrekundige († 2000).
- 1911 – Cor Dirks, skoolhoof en Afrikaanse skrywer († 2000).
- 1922 – Jan van der Merwe, Suid-Afrikaanse wiskundige en fisikus († 2016).
- 1926 – Ernst Waldemar Bauer, Duitse televisie- en radiopublisis, bioloog, skrywer, politikus († 2015).
- 1928 – Tommie Meyer, rolprentregisseur en -vervaardiger († 2017).
- 1931 – Gavin MacLeod, Amerikaanse akteur († 2021).
- 1940 – Mario Andretti, Italiaans-gebore Amerikaanse beroepsrenjaer.
- 1942 – Brian Jones, Britse multi-instrumentalis, stigterslid van The Rolling Stones († 1969).
- 1945 – Bubba Smith, Amerikaanse akteur en rolprentvervaardiger († 2011).
- 1955 – Gilbert Gottfried, Amerikaanse akteur († 2022).
- 1982 – Nádine, Suid-Afrikaanse ligte sangeres.
- 1987 – Bongani Baloyi, Suid-Afrikaanse politikus.
- 1990 – Georgina Leonidas, Britse aktrise.
- 1991 – J.G. Claassen, Suid-Afrikaanse beroepsgholfspeler.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 468 – Pous Hilarius, Italiaanse pous.
- 1326 – Leopold I, hertog van Oostenryk van die Habsburg-familie (* 1290).
- 1525 – Cuauhtémoc, die laaste Asteekse leier (* 1497)
- 1535 – Wolter von Plettenberg, Landmeester van die Duitse Orde in Lyfland (* 1450)
- 1648 – Christiaan IV van Denemarke, Koning van Denemarke en Noorweë (* 1577).
- 1730 – Michelangelo Tamburini, Italiaanse generaal van die Societas Jesu.
- 1916 – Henry James Amerikaanse skrywer en literêre kritikus (* 1843).
- 1935 – Jacobus du Plessis, Afrikaanse professor in teologie aan die Potchefstroomse Universiteit vir CHO (* 1873).
- 1979 – Ethel Remey, Amerikaanse aktrise. (* 1895).
- 2011 – Jane Russell, Amerikaanse rolprentaktrise en sangeres (* 1921).
- 2016 – Jan van der Merwe, Suid-Afrikaanse wiskundige en fisikus (* 1922).
- 2019 – André Previn, Duitse dirigent (* 1929).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]- Mardi Gras, Vasteaand in Westelike Christendom, Pannekoekdag in Brittanje (2006)
- Vredeherdenkingsdag in Taiwan.
- Feesdag van Pous Hilarius in die Rooms-Katolieke Kerk in nie-skrikkeljare. In skrikkeljare is dit op 29 Februarie.
- Jeugdag in die VSA.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 28 February. |