Gaan na inhoud

Liam Jacobs

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Liam Chad Jacobs (gebore 3 Maart 2001) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en 'n Parlementslid (LP) vir die Demokratiese Alliansie (DA). Hy is ook sedert Oktober 2022 die leier van die Demokratiese Alliansie Studente-organisasie (DASO).[1] Hy is in die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024 tot die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir Gauteng verkies.

Vroeë lewe

[wysig | wysig bron]

Jacobs is in Kimberley van die Noord-Kaap gebore.[1] Jacobs het 'n honneursgraad in Filosofie, Politiek en Ekonomie aan die Universiteit van Pretoria verwerf.[2]

Loopbaan

[wysig | wysig bron]

Jacobs was Studente-organisasieleier vir die DA.[3] In die 2024 Suid-Afrikaanse algemene verkiesing was hy 60ste op die nasionale partylys.[4] Hy dien tans op die Portefeuljekomitee oor Sport, Kuns en Kultuur.

Professionele stoeiloopbaan

[wysig | wysig bron]

Op die 4de November 2023 het Jacobs as 'n professionele stoeier gedebuteer by 'n plaaslike stoeipromosie in Suid-Afrika.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 "Liam Jacobs". Democratic Alliance (in Engels). Besoek op 16 Julie 2024.
  2. Payne, Suné (7 April 2024). "Student leaders among fresh faces ready for Parliament". Daily Maverick (in Engels). Besoek op 17 Julie 2024.
  3. "Students Organisation". Democratic Alliance (in Engels). Besoek op 16 Julie 2024.
  4. "DA unveils 'diverse' candidate list". Jacaranda FM. Besoek op 16 Julie 2024.

Eksterne skakel

[wysig | wysig bron]