Gaan na inhoud

Patriotic Alliance

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die party se logo

Die Patriotic Alliance (PA) is 'n Suid-Afrikaanse politieke party wat in November 2013 gestig is deur, onder meer, die voormalige bankrower wat 'n motiveringspreker, skrywer en sakeman geword het, Gayton McKenzie en die voorheen veroordeelde bedrieër, later sakeman en sosiale bekende Kenny Kunene.[1] Kunene het die party in 2014 na die nasionale verkiesing verlaat.

Op sy amptelike webwerf beskryf die party homself as 'n geloofwaardige alternatief vir beide die Demokratiese Alliansie (DA), wat die regerende party in die Wes-Kaap is, en die African National Congress (ANC), wat die res van die land regeer. Hierdie partye het elk die PA as 'n geloofwaardige bedreiging verwerp. Die party het relatief swak gevaar in sy eerste nasionale en provinsiale verkiesing, deur 0,07% van die nasionale stem te trek, met sy beste 0,4% in die Wes-Kaap.[2]

Die PA het sy eerste verkose verteenwoordigers in die 2016 munisipale verkiesings bekom. Alhoewel die party slegs 0,06% van die nasionale stem ontvang het, het dit setels in die metropolitaanse munisipaliteite van Kaapstad, Nelson Mandelabaai, Johannesburg en Ekurhuleni verkry, gedeeltelik gehelp deur die lae drempel vir verteenwoordiging in hierdie rade. Dit het ook 'n setel in Tokologo Plaaslike Munisipaliteit bekom met 10% van die stemme.

Die party het aan die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2019 deelgeneem, maar kon slegs 6 660 stemme bekom. In 2021 se munisipale verkiesing het die party effens beter gevaar, en kon daarmee die burgemeester vir Laingsburg aanwys.

Op 29 Junie 2023 het die PA se kandidaat Lois Simonse in 'n tussentydse verkiesing in Johannesburg se distrik 7 'n setel op die ANC verower. Simonse het 47% van die stemme gekry. Die DA het nie deelgeneem nie omdat hulle kandidaat Randell Markgraaff hom op 16 Junie teruggetrek het. Dit was te laat om nog 'n ander kandidaat aan te wys. Distrik 7 bevat Ennerdale en Finetown. Ennerdale is veral 'n kleurlingedistrik maar Finetown is veral swart en die PA het ook daar baie stemme gekry.[3]

Verkiesingsuitslae

[wysig | wysig bron]

Nasionale verkiesings

[wysig | wysig bron]
Verkiesing Stemme % Setels
2014 13 263 0,07 0
2019[4] 6 660 0,04 Steady 0

Munisipale verkiesings

[wysig | wysig bron]
Verkiesing Stemme %
2016[5] 22 236 0,07%
2021[6] 265 235 0,87%

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Kenny Kunene registers Patriotic Alliance Party with IEC" (in Engels (VSA)). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Oktober 2017. Besoek op 16 Junie 2018.
  2. Alliance, Patriotic (14 Mei 2014). "Patriotic Alliance News: PA's post-election plans". Patriotic Alliance News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2019. Besoek op 16 Junie 2018.
  3. Mail&Guardian; Paddy Harper 29 Junie 2023
  4. "NPEDashboard" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Januarie 2020. Besoek op 11 Mei 2019.
  5. "Results Summary – All Ballots" (PDF) (in Engels). elections.org.za. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 19 Junie 2019. Besoek op 13 Oktober 2016.
  6. "Results Summary – All Ballots" (PDF) (in Engels). elections.org.za. Besoek op 11 November 2021.{{cite web}}: AS1-onderhoud: url-status (link)