Windows Internet Explorer
Windows Internet Explorer | |
Ontwikkelaar | Microsoft |
---|---|
Bedryfstelsel | Windows |
Kategorie | Webblaaier |
Lisensie | Kommersieel |
Windows Internet Explorer is 'n webblaaier wat deur Microsoft ontwikkel word waarmee mens webbladsye op die Internet kan lees. Internet Explorer is een van die standaard komponente van die Windows-bedryfstelsel. Die blaaier is sedert 1999 die mees gebruikte webblaaier ter wêreld. Voorheen was die amptelike naam Microsoft Internet Explorer, dikwels afgekort tot IE of MSIE. Met weergawe 7 van Internet Explorer is die naam Microsoft Internet Explorer gewysig na Windows Internet Explorer.
Versoenbaarheid
[wysig | wysig bron]Internet Explorer het nog altyd sekere webstandaarde afgeskeep, wat dit moeilik vir ontwikkelaars maak om webbladsye te bou. Weergawe 7 is egter heelwat verbeter en los baie CSS-probleme op, maar veroorsaak ook nuwe probleme. Dit skep ekstra werk omdat ontwikkelaars soms aparte CSS-kode vir IE5, IE6 en nou ook IE7 moet skryf.
Van die bekende probleme sluit in:
Op 20 Desember 2007 word dit bekend dat Internet Explorer 8 uiteindelik die Acid2-toets geslaag het.[1]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Nuut Internet Explorer slaagt vir webtest Geargiveer 19 April 2008 op Wayback Machine, NU.nl, 19 Desember 2007
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Internet Explorer. |
- (en) Amptelike webwerf
- (en) blogs.msdn.com/ie/, webjoernale
- (en) browsers.evolt.org, laai ouer weergawes af