Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/14 Maart
Voorkoms
14 Maart: Nuwejaarsdag (Sikhisme), Witdag in Japan, Pi-dag
- 1676 – Johan Bax van Herenthals volg goewerneur IJsbrand Godske as kommandeur van die Nederlandse Kaapkolonie op.
- 1800 – Pius VII volg Pius VI op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1883 – Karl Marx sterf in Londen.
- 1984 – Gerry Adams, leier van Sinn Féin, word ernstig gewond in 'n sluipmoordpoging in Belfast, Noord-Ierland.
- 1991 – Die "Birmingham-ses", wat valslik aan moord en bomaanvalle op kroeë in Birmingham, Engeland, skuldig bevind, word ná 14 jaar in die tronk vrygelaat.