Gaan na inhoud

Velkondisies

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel is ingeskryf vir die Skole Skryfkompetisie [1].
As u van plan was om ’n groot wysiging aan hierdie artikel aan te bring, is dit miskien ’n
beter idee om dit vir eers op die besprekingsblad voor te stel. Nog inligting hier.


Velkondisies kan voor kom wanneer die vel versperring disfunksioneer.  In hierdie artikel gaan daar oor die verskillende tipes velkondisies, die oorsake van die velkondisies, simptome en die behandeling daarvan gepraat word. Een van die hoof funksies van die menslike vel is om bakterieë,  virusse en ander infeksies uit te hou. Dit moet ook vitamien D,’n noodsaaklike vitamiene vir die menslike liggaam vervaardig en is belangrik vir die bene, hart, spiere en immuunstelsel. Party keer kan die vel beskadig word wanneer die vel versperring disfunksioneer en ’n mens kan baie velkondisies kry wat gesondheid kan beïnvloed.

Oorsake van Velkondisies

[wysig | wysig bron]

Daar is baie oorsake wat verskillende velkondisies kan aktiveer. Van die oorsake sluit in, die lewenstyl van ’n mens, die mens se genetika, hormonale wanbalanse, omgewingsfaktore, bakteriële infeksies of son- of UV-strale. Dit kan ook geaktiveer word as gevolg van onderliggende gesondheidsprobleme soos  nierprobleme of immuunstelselprobleme wat op die mens se vel kan wys.

Hoe kan ’n mens se lewenstyl velkondisies veroorsaak?

[wysig | wysig bron]

’n Mens se lewenstyl is die manier waarop ’n mens leef en kan op baie maniere velkondisies veroorsaak. Dit sluit in:

Slegte dieet keuses: Slegte dieetkeuses soos kossoorte hoog in suiker, vetterige kosse of alkohol kan inflammasie veroorsaak, wat tot

aknee-uitbrekings kan lei.


Gewoontes: Sekere gewoontes soos rook kan jou vel uitdroog en ook tot ekseem lei.

Werkstoestande: Verskillende werke, soos harde arbeid, kan n mens aan baie skadelike chemikalieë blootstel, wat ’n allergiese reaksie van die vel kan veroorsaak. Baie ander werke vereis dat mense baie in die son werk, wat ook velkanker kan veroorsaak.

Aantal stres: Stres veroorsaak ’n chemiese reaksie in die liggaam wat n mens meer sensitief maak. Dit veroorsaak ook dat jou vel meer olie produseer wat tot aknee-uitbrekings kan lei.

Hoe kan genetika die toestand van die vel beïnvloed?

[wysig | wysig bron]

Genetika speel ’n groot rol in die kondisie van ’n mens se vel. Baie velkondisies soos ekseem en aknee kan deur genetika oorgeërf word. Genetiese variasies beïnvloed die produksie van proteïene soos kollageen en keratien wat help om die vel te herstel en die algemene gesondheid van die vel te verseker. As produksie van die proteïene minder geproduseer word as gevolg van genetika, kan dit tot baie velkondisies en ongesonde vel lei.

Hoe kan omgewingsfaktore ’n mens se velkondisies beïnvloed?

[wysig | wysig bron]

Omgewingsfaktore sluit in stowwe soos stuifmeel, stof en ander plante. Party mense het omgewingsallergië wat veroorsaak dat hulle immuunstelsel tot normaalweg onskadelike stowwe reageer. Die reaksies kan tot veluitslae en ander kondisies lei omdat die immuunstelsel die stowwe soos kieme sien. Die immuunstelsel vervaardig dan teenliggaampies om die omgewingsallergië op te spoor. Dit veroorsaak ’n inflammatoriese reaksie waar ’n chemikalië, genaamd histamien, vrygestel word. Die allergiese reaksie veroorsaak uitslae op die vel. Dit veroorsaak ook dat die vel baie droog word en die vel kan ook baie jeuk.

Bakteriële infeksies

[wysig | wysig bron]

Bakteriële infeksies kan inflammasie, swelling en ander velkondisies veroorsaak as bakterieë deur snye of oop wonde inbeweeg. Party bakteriële infeksies kan baie maklik behandel word, maar ander kan skadelik wees vir die menslike liggaam en kan tot die dood lei.

Daar is twee algemene velinfeksies:

Streptococcus: Is ’n ligte velinfeksie wat min skade aan die menslike liggaam doen. ’n Voorbeeld hiervan is Impetigo.

Simptome van Impetigo: Klein, rooi letsels op die vel vorm wat jeuk.

Staphylococcus aureus: Dit kan deur swak higiëne veroorsaak word. ’n Voorbeeld hiervan is Metisillien-Weerstandige Staphylococcus aureus (MWSA).

Simptome van MWSA: Rooi, geswelde bulte vorm, gevul met etter wat gewoonlik rondom areas met hare is.

Invloed van Son- en UV-strale

[wysig | wysig bron]

Sonstrale en ultraviolet (UV)-strale kan ook velkondisies veroorsaak. Dit kan gebeur wanneer die vel aan te veel UV-strale blootgestel word. Die UV-lig beweeg in op die vel se selle en kan die genetiese materiaal of DNS beskadig. Die beskadigde DNS kan veroorsaak dat die selle baie vinnig groei en verdeel, wat tot  klonte van ekstra beskadigde selle lei. Die klonte word gewasse of letsels genoem en kan kankergewasse of onskadelik wees. As die gewasse kankergewasse is, kan dit vinnig versprei na ander dele van die vel en ernstige velkanker veroorsaak.

Onderliggende Gesondheidsprobleme

[wysig | wysig bron]

Onderliggende gesondheidsprobleme kan ook velkondisies veroorsaak. Van die gesondheidsprobleme is nierprobleme, immuunstelselprobleme en skildklierprobleme.

Niersiektes: Baie mense met chroniese niersiekte ervaar intense  jeuk, bekend as Chroniese Niersiekte-geassosieerde Pruritus (CKD-aP). Daar is verskeie redes hiervoor:

  • Opbou van gifstowwe: Beskadigde niere kan ’n opbou van gifstowwe in die liggaam veroorsaak wat allergiese reaksies veroorsaak.
  • Inkrimpende sweetkliere: Niersiekte lei tot vloeistofretensie, wat veroorsaak dat bloedvate saamtrek en die bloedvloei na die sweetkliere verminder, wat tot droë vel lei.
  • Hoër vlakke van metaboliese afval: Dit lei tot disfunksie van die senuweestelsel, wat verkeerde seine na die vel stuur, wat n intense jeuk veroorsaak.

Immuunstelselprobleme: Wanneer die immuunstelsel ’n probleem het, kan dit veroorsaak dat die liggaam te veel velselle produseer, wat tot droë, skubberige vel lei. Dit kan ook bewyse wees van n outo-imuunafwyking.

’n Outo-immuunafwyking is ’n immuunstelselprobleem waar infeksiebestrydende selle gesonde velselle aanval. Genetika en omgewingsfaktore speel albei ’n rol in die ontwikkeling van immuunstelselprobleme.


Skildklier-probleem: Die skildklier beheer die hoeveelheid die liggaam sweet. Wanneer daar ’n skildklierprobleem is, kan daar ’n toename of afname in sweetproduksie wees. As daar ’n afname in sweetproduksie is, kan dit veroorsaak dat die vel uitdroog en die vel kan begin jeuk. As daar ’n toename in sweetproduksie is en baie van die sweet vinnig afdroog, kan dit veroorsaak dat die vel ook jeuk.

Outo-immuunafwykings van die skildklier,kan ook velkondisies veroorsaak. Dit is waar die immuunstelsel gesonde selle van die skildklier aanval. Dit kan lei tot die vergroting in die skildklier en die oorproduksie van die skildklierhormoon. Die oorproduksie van die hormoon lei tot die verdikking van die vel wat ook veroorsaak dat die vel jeuk.

Diabetes se invloed op ’n mens se vel:

[wysig | wysig bron]

Diabetes kan ook veroorsaak dat die vel jeuk en droog word. Diabetes veroorsaak baie hoë bloeddruk. Die hoë bloeddruk veroorsaak dat die bloedvate reg onder die vel ,breër en beskadig word. Wanneer bloed deur die beskadigde bloedvate vloei, kan die bloed uitlek tot op die vel. Dit kan veroorsaak dat die vel nie genoeg suurstof kry nie en die vel laat jeuk.

Hoe kan hormonale wanbalanse iemand se velkondisies beïnvloed?

[wysig | wysig bron]

Hormone speel ’n groot rol van die gesondheid van die vel. Verskillende hormone speel verskillende rolle in jou liggaam:

  • Estrogeen se funksie in die liggaam ,is om die vogtigheid vlakke van die vel te behou en om kollageen te produseer. Soos ’n mens ouer word, word daar minder estrogeen in die liggaam vervaardig. Dit beteken dat die vel uitdroog en minder elasties word.
  • Testosteroon stimuleer die sebumproduksie in ons liggaam. Sebum vervaardig die natuurlike olies op die vel en in n oormate,kan dit tot aknee lei.
  • Progesteroon veroorsaak ook dat daar meer olies op die vel produseer word (as gevolg van toename in sebumproduksie) wat ook tot aknee kan lei.
  • Kortisol is die hormoon wat vervaardig word wanneer ’n mens baie stres ervaar. Die hormoon veroorsaak inflammasie op die vel, wat tot ekseem of aknee kan lei.

Vlakke van intensiteit van verskillende velkondisies

[wysig | wysig bron]

Verskillende velkondisies het verskillende simptome of bewyse van die soorte velkondisies. Daar is ook verskillende vlakke van hoe erg die verskillende velkondisies kan wees. Die verskillende vlakke is ligte, hanteerbare, ernstige, lewensgevaarlike, chroniese en akute velkondisies.

Ligte velkondisies:

[wysig | wysig bron]

Ligte velkondisies se simptome kom net partykeer voor. Dit het minimale impak op die daaglikse lewe. Mediese aandag is nie benodig nie, maar kan benodig word om voorgeskrifte medikasies te kry. Ligte velkondisies is maklik hanteerbaar. Van die simptome van velkondisies is ligte veldroogheid en minimale jeuk.

Hanteerbare velkondisies:

[wysig | wysig bron]

Simptome van hanteerbare velkondisies kan deur lewenstylveranderinge beheer word. Daar kan mediese aandag benodig wees. Die hanteerbare velkondisies het ’n minimale tot matige impak op die daaglikse lewe. Van die simptome van hanteerbare velkondisies is droë vel en matige inflammasie van die vel. Dit kan behandel word deur:

  • Lewenstylaanpassing deur dieet te verbeter, stres te verminder en meer te oefen.
  • Velsorgroetines.
  • Voorgeskrifte medikasies te gebruik.

Ernstige velkondisies:

[wysig | wysig bron]

Simptome van ernstige velkondisies is intens. Dit het ’n groot impak op die daaglikse lewe. Ernstige velletsels wat op die liggaam vorm is ook simptome van ernstige velkondisies. Velverkleuring en ernstige velverdikking kan ook plaasvind.

Lewensgevaarlike velkondisies:

[wysig | wysig bron]

Simptome van lewensgevaarlike velkondisies is ernstig en potensiël dodelik. Onmiddellike mediese hulp is benodig om die ernstige velkondisies te behandel. Van die simptome van die velkondisies is die vorming van letsels of gewasse op die vel. Die gewasse kan ook kankergewasse wees. Nog ’n simptoom is, dat die mens baie erge, rooi veluitslae kry, wat baie vinnig regoor die liggaam kan versprei. Die uitslae kan ook ’n baie hoë koors veroorsaak.

Chroniese velkondisies:

[wysig | wysig bron]

Simptome van ’n chroniese velkondisie bly oor tydperk. Daar word vereis om die kondisie deurlopend te bestuur. Dit is ook noodsaaklik dat mediese hulp gekry word. Simptome van chroniese velkondisies is dat ’n mens ’n baie intense jeuk op die vel kry. Met chroniese velkondisies kan ’n mens ook baie uitgedroogte en pynvolle vel kry.

Akute velkondisies:

[wysig | wysig bron]

Simptome van akute velkondisies verskyn baie skielik. Simptome kan op hul eie weggaan, maar dit is beter om die velkondisie vinnig te behandel of te bestuur voordat die kondisie erger word of versprei. Die simptome van akute velkondisies is die vorming van rooi sere op die vel, inflammasie en koors.

Om die vlak van intensiteit, van hoe erg verskillende velkondisies is, te verstaan, help dit om die beste behandeling en bestuur te bepaal.

Algemene Simptome van Velkondisies en wat dit veroorsaak

[wysig | wysig bron]

Verskillende velkondisies het verskillende simptome, bewyse en oorsake. Sommige simptome kan ook die oorsake van velkondisies wees. Hier is 'n lys simptome en wat hulle kan veroorsaak:

Inflammatoriese simptome en probleme:

Rooiheid: Baie rooi areas of kolle vorm op die vel. Rooiheid kom voor omdat daar verhoogde bloedvloei na geaffekteerde areas is. Die verhoogde vloei van bloed word deur inflammasie veroorsaak. Die inflammasie verwyd die bloedvate en veroorsaak die rooi areas op die vel. ’n Warm of hitte sensasie word ook by die geaffekteerde areas gevoel. Die inflammasie wat die rooiheid veroorsaak, kan deur allergiese reaksies of UV-skade veroorsaak word.

Swelling: Daar is ook pofferigheid of inflammasie by die geaffekteerde areas op ’n mens se vel. Daar is swelling omdat daar vloeistofretensie is. Die geaffekteerde area is ook baie pynvol en seer. Swelling kan deur hormonale veranderings of allergiese reaksies veroorsaak word.

Warmte: Die temperatuur van die vel kan verhoog word en kan ’n simptoom wees van velkondisies. Die verhoogde veltemperatuur kan veroorsaak dat ’n mens hoë koors kry, baie sweet, letsels op die vel kry, gewrigspyn ervaar en ook baie moeg voel.  Allergiese reaksies of bakteriële infeksies kan inflammasie veroorsaak. Die inflammasie veroorsaak dat die metaboliese tempo verhoog. Die verhoogde metaboliese tempo genereer meer hitte in die liggaam wat veltemperature kan verhoog.

Pyn: ’n Ongemaklike gevoel van pyn word by die areas gevoel. Dit kan ’n skerp of dowwe pyn wees wat voel asof dit brand of steek. Die pynlike gevoel kan deur infeksies veroorsaak word. Dit kan ook deur inflammasie veroorsaak word. Pyn word as gevolg van inflammasie of infeksies op die vel gevoel omdat chemiese bemiddelaars van selle in ’n mens se liggaam reageer, en die pynreseptore in die liggaam word geaktiveer. Die infeksies kan veroorsaak word deur bakterieë wat deur die velversperring gekom het.

Intense jeuk: Daar word ’n ongemaklike of intense jeuk sensasie op die vel gevoel. Dit gebeur omdat daar ’n velirritasie of inflammasie is. ’n Mens kan ook die geaffekteerde areas krap of vryf. Wanneer daar velinflammasie is, veroorsaak chemiese bemiddelaars van die selle dat die vel uitdroog. Wanneer die vel droog is of ’n gebrek aan vog het, kan die velversperring disfunksioneer. Die vel kan dan produkte wat skadelik vir ’n mens se vel is, absorbeer ,wat die vel irriteer en die intense jeuk veroorsaak. Droë vel maak ook die vel meer alkalies wat die pH-balans van die vel versteur. Die inflammasie wat die droë vel veroorsaak, kan deur UV-skade of ’n mens se lewenstyl veroorsaak word.

Steekpyn: ’n Skerp of skielike pyn word op die vel gevoel. Die vel word so sensitief omdat daar inflammasie of ’n velirritasie is. Chemiese bemiddelaars, soos histamien, wat bloedvloei verhoog, kan die steekpyn veroorsaak. Die inflammasie wat die steekpyn veroorsaak, kan deur ’n mens se lewenstyl of onderliggende gesondheidsprobleme veroorsaak word.

Tekstuur van vel verander

[wysig | wysig bron]

Droogte: Die vel word droog. Dit gebeur omdat daar ’n gebrek aan vog of hidrasie van vel is of deur inflammasie veroorsaak word.

Dit verander die tekstuur van die vel ,wat veroorsaak dat die vel ’n growwe of skilferige tekstuur het. Daar kan ook verder krake op die geïrriteerde vel vorm. Veldroogte kan gebeur as gevolg van omgewingsfaktore soos koue weer of lae humiditeit. Hormone kan veroorsaak dat die vel uitdroog. Wanneer hormone soos testosteroon se produksievlakke daal, kan minder sebum deur die vel geproduseer word, wat die vel laat uitdroog.

Olierige vel: Daar word ’n oormaat sebum geproduseer. Dit laat die oppervlak van die vel olierig voel, laat blink of vetterige tekstuur gee. Hormonale vlakke wat ongebalanseerd is, soos hoë produksievlakke van testosteroon, kan veroorsaak dat die vel meer sebum produseer, wat tot ’n meer olierige vel lei. Omgewingsfaktore soos weerveranderinge en warm weer kan talgkliere stimuleer wat veroorsaak dat die vel meer olierig word.

Growwe tekstuur van vel: ’n Ongelyke of stamperige oppervlak van die vel is ook ’n simptoom van velkondisies. Dit word veroorsaak deur droë vel en die skilfering van die vel. Die droogheid van die vel kan deur inflammasie veroorsaak wat wys dat daar n onderliggende probleem is.

Skubberige vel: Die afwerpende selle van die vel is bewyse van velkondisies. Dit word deur droë of geïrriteerde vel veroorsaak wat deur infeksies of inflammasie veroorsaak word. Infeksies kan die vel se versperring beskadig, wat die vel laat disfunksioneer, waar dit skadelike produkte soos harde chemiese produkte absorbeer. Infeksies veroorsaak ook inflammasie wat die skubberige vel kan veroorsaak.

Vlokkerige vel: Die los velselle wat die vel vlokkerig laat voel, is ook bewyse van velkondisies. Dit word deur droë of geïrriteerde vel veroorsaak. Die droë vel kan deur omgewingsfaktore of chemiese produkte veroorsaak word. ’n Mens se lewenstyl en werkstoestande kan ’n mens vlokkerige vel gee. Die chemikalieë betrokke by party werke kan inflammasie veroorsaak, die vel se pH wanbalanseer en veroorsaak dat die vel se versperring beskadig word.

Kleurveranderinge

[wysig | wysig bron]

Rooiheid: Die vel kry ’n roos of pienk tint. Dit is omdat daar verhoogde bloedvloei na ontsteke areas is. Die verhoogde bloedvloei kan deur diabetes veroorsaak word. Die verhoogde bloedvloei kan ook deur slegte lewenstylkeuses veroorsaak word, byvoorbeeld ’n dieet met te veel natrium in, te veel kafeïen en ’n lae-veseldieet.

Persheid: Persheid kan ook simptome wees van verskillende velkondisies. Dit kan veroorsaak word deur beserings of kneusings. Kneusings wat baie maklik op die vel vorm wys dat bloedvate verwyd is en kan as gevolg van inflammasie veroorsaak word. Wanneer die bloedvate bars, kan dit tot persheid van die vel lei. Die inflammasie kan veroorsaak word deur verskillende chroniese siektes.

Verkleuring: Ongelyke velkleur of hiperpigmentasie kan ’n simptoom wees van velkondisies. Die vel verkleur ongelyk omdat nie genoeg melanien geproduseer word nie. Dit kan gebeur as gevolg van inflammasie in die liggaam wat veroorsaak word deur slegte lewenstylkeuses of genetika.

Letsels en Groeisels

[wysig | wysig bron]

Hobbels: Die klein verhoogde groeisels kan simptome wees van verskillende velkondisies. Dit kan veroorsaak word deur keratosis pilaris of follikulêre keratose. Die groeisels kan ook veroorsaak word deur UV-skade, waar dit die vel vernietig en die hobbels agterlos. Dit kan ook deur ’n mens se lewenstyl veroorsaak word of wanneer ’n mens nie genoeg slaap kry nie, te veel stres ervaar of slegte dieet het.

Blasevorming: Vloeistofgevulde stampe of borrels kan ook wys dat daar probleme met die vel is. Die blase kan deur brandwonde, ekseem of allergiese reaksies veroorsaak word. Wanneer die vel baie uitgedroog is, kan dit krake op die vel veroorsaak, normaalweg op 'n mens se voetsole of op hul palms. Die areas kan deur infeksies besmet word en blase kan as gevolg van die infeksies vormkom.

Sistemiese Simptome van Velkondisies

[wysig | wysig bron]

Koors: Verhoogde liggaamstemperatuur kan 'n simptoom wees van velkondisies en kan bewyse wees van infeksies op jou vel. Wanneer 'n mens se velversperring disfunksioneer, kan dit nie voorkom dat bakterieë deur die vel gaan nie, wat baie infeksies kan veroorsaak. Infeksies veroorsaak inflammasie en die liggaam probeer die infeksie veg en in die proses kry 'n mens koors.

Moegheid: Moegheid of uitputting kan dalk bewyse wees van velkondisies of chroniese siektes. Wanneer die liggaam nie genoeg slaap kry nie, veroorsaak dit dat die liggaam stres en die kortisolhormoon se vlakke neem toe. Dit kan tot droë vel lei omdat die kortisolhormoon die antidiuretiese hormoon minder in die liggaam laat produseer. Die antidiuretiese hormoon stimuleer die niere om water te absorbeer. Wanneer die hormoon onderdruk word, kan dit tot dehidrasie lei wat droë vel veroorsaak.

Gewigsverlies: Wanneer 'n mens baie vinnig gewig verloor, is die liggaam ondervoed en dit is ook 'n simptoom van moontlike velkondisies. Dit kan bewys dat die liggaam nie belangrike voedingstowwe absorbeer nie. Wanneer die liggaam nie genoeg voedingstowwe kry nie, kan dit veroorsaak dat 'n mens velkondisies kry. Deur ondervoed te wees, kan die vel nie nuwe selle doeltreffend produseer nie. Dit kan veroorsaak dat die vel nie vinnig genoeg wonde kan genees nie en dat verskillende infeksies deur die wonde kan versprei.

Emosionele en Sielkundige Simptome

Angs:

Angs, stres en vrees kan lei tot verskillende velkondisies of kan 'n simptoom wees van velkondisies. Wanneer 'n mens angstig word, veroorsaak dit inflammasie in die liggaam wat velkondisies kan veroorsaak. 'n Mens kan ook baie selfbewus wees oor hoe hulle vel lyk. Dit kan ook angs veroorsaak.

Depressie:

Depressie kan ’n simptoom wees van velkondisies. Dit veroorsaak ’n hormonale wanbalans in die liggaam. Wanneer hormone soos kortisol se vlakke verhoog word, veroorsaak dit dat wonde nie vinnig genees word nie en dat aknee voorkom. Slegte velkondisies kan ook lei tot depressie.

Lae selfbeeld:

Gebrek aan selfvertroue of ’n negatiewe selfbeeld veroorsaak stres en angs, wat ’n hormonale wanbalans veroorsaak wat tot velkondisies lei.

Stres:

Die lewenstyl van ’n mens veroorsaak stres. Stres beïnvloed slaappatrone. Wanneer ’n mens nie genoeg slaap kry nie, veroorsaak dit velkondisies soos aknee.

Hoe kan verskillende velkondisies gediagnoseer word?

[wysig | wysig bron]

Daar is verskillende maniere hoe velkondisies gediagnoseer kan word.

Biopsie: Wanneer iemand veluitslae of ander velkondisies het, kan die dokter ’n velbiopsie vir die pasiënt doen. ’n Velbiopsie is wanneer ’n klein stuk vel van die pasiënt se lyf afgesny word om dit onder ’n mikroskoop te bestudeer. ’n Velbiopsie kan help om verskillende velkondisies te diagnoseer en wat die velkondisie veroorsaak het.

Allergietoets: ’n Monster bloed word by laboratoriums getoets en saam met algemene allergieë vergelyk om te sien of die pasiënt allergies vir ’n sekere stof is.

Dermoskopie: Wanneer ’n dokter, ’n handtoestel teen die pasiënt se vel hou ,om velletsels te diagnoseer en om te sien of die letsels kankeragtig is. Die toestel word ’n dermatoskoop genoem.

Verskillende tipes velkondisies

[wysig | wysig bron]

Verskillende velkondisies het verskillende oorsake, simptome, diagnose en vlakke van intensiteit. In hierdie afdeling gaan daar oor die verskillende tipes velkondisies en alles wat daarmee te doen het, gepraat word.

Aknee

[wysig | wysig bron]

Daar is verskillende tipes aknee:

Nie-inflammatoriese aknee:

Dit sluit in-

Swartkoppies: Dit is klein swart, donker kolle op jou vel, en kom gewoonlik rondom jou neus of areas wat baie olierig is,voor.

Witkoppies: Dit is klein, wit stampe, wat gewoonlik ook vorm as gevolg van ’n oormaat olie.

Talgfilamente: Dit is normale, skadelose filamente in porieë.


Omdat nie-inflammatoriese aknee nie die fisiese voorkoms van ’n mens verander nie, is dit ’n baie ligte velkondisie volgens die vlak van intensiteit. Dit is ook baie hanteerbaar. Dit kan wel ’n ligte steekpyngevoel veroorsaak.

Inflammatoriese aknee

Inflammatoriese aknee is ’n pynvolle velkondisie wat gewoonlik gekenmerk is deur rooiheid, inflammasie en etter-gevulde stampe en ook swelling van die vel. Die inflammasie kan deur stres, lewenstyl, hormone of selfs genetika veroorsaak word. Die verskillende tipes inflammatoriese aknee is:

Papels: Dit is klein, ontsteekte, pienk stampe wat deur bakteriële infeksies veroorsaak word.

Pustels: Klein, etter-gevulde en ontsteekte porieë wat veroorsaak is deur infeksies of verstopte porieë.

Nodules: Groot, pynvolle stampe wat met etter gevul is. Dit kan deur erge bakteriële infeksies veroorsaak word.

Inflammatoriese aknee kan die fisiese voorkoms van ’n mens verander wat baie slegte gevolge kan hê. Die verandering kan tot ’n lae selfbeeld lei wat depressie kan veroorsaak. Die vlak van intensiteit van inflammatoriese aknee kan van matig tot ernstig wees, afhangend van hoeveel skade die verskillende tipes inflammatoriese aknee veroorsaak.


Ernstige Aknee

Ernstige aknee word gekenmerk deur groot, pynvolle stampe wat onderling verbind met mekaar is, wat voorkom as een groot stamp. Ernstige aknee veroorsaak baie inflammasie op die vel. Die vorm van aknee kan die voorkoms van ’n mens grootliks verander en groot hoeveelhede pyn veroorsaak. Dit word as ’n ernstige velkondisie geklassifiseer volgens die vlak van intensiteit. Ernstige aknee kan ook baie angs en depressie veroorsaak. Daar is verskillende velkondisies wat onder ernstige aknee val:

Aknee Konglobata: Al is hierdie vorm van ernstige aknee skaars, doen dit nog steeds baie skade aan die vel en die gesig. Aknee Konglobata word gekenmerk deur dubbel of selfs trippel onderling verbindende nodules, siste en komedone. Dit kom hoofsaaklik voor op die nek, gesig en rug. Die hobbels is gewoonlik gevul met etter.

Aknee Fulminans: Hierdie soort erge aknee kom nie net voor met siste, inflammasie, stampe en komedone nie, maar ook met ’n baie hoë koors en baie moegheid.

Hier is ’n velsorgroutine wat met alle soorte aknee sal help. Die roetine sal help om die vel skoon te hou, inflammasie te verminder, die vel te hidreer en om dit teen UV-strale te beskerm:

Oggendroetine:

Reinig: Gebruik ’n sagte gesigskoonmaakmiddel om die gesig skoon te maak. Dit sal alle oormate olies en onsuiwerhede van die gesig afhaal en die vorming van swart- en witkoppies verminder.

Verfrisserr: Daar is verskillende tipes verfrissers vir verskillende velsoorte. Dit sal help om die vel se pH te balanseer en inflammasie verminder.

Bevogtig: Gebruik ’n ligte, olievrye bevogtiger. Dit sal die vel hidreer en sal help om die vel teen omgewingsfaktore ,soos wind,te beskerm.

Sonskerm: Gebruik ten minste ’n SPF 30 breë-spektrum sonskerm. Dit sal die vel teen skadelike UV-strale beskerm en inflammasie verminder.

Aandroetine:

Reinig: Maak die vel skoon om enige produkte soos sonbeskerming of grimeer af te haal.

Afskilfering: Gebruik ’n sagte chemiese afskilferingsproduk 1-2 keer ’n week om enige dooie velselle te verwyder en die tekstuur van die vel te verbeter.

Behandeling: Om aknee te behandel, gebruik die volgende:

Benzoylperoksied: Dit sal enige bakterie wat aknee veroorsaak, doodmaak. Dit sal ook porieë oopmaak en inflammasie verminder.

Swael: Dit sal sebumproduksie verminder sodat daar minder olies geproduseer word, en sodat aknee nie vorm nie.

Retinoïede: Dit verminder inflammasie en die selomset bevorder.

Bevogtig: Dit sal die vel hidreer. Baie van die behandelingsprodukte kan die vel uitdroog. Om die vel te bevogtig, sal dit keer dat die vel kraak.

Ekseem is ’n inflamatoriese, chroniese velkondisie wat gekenmerk word deur baie droë, gekraakde, vlokkerige en skubberige vel. Ekseem kan die tekstuur van die vel verander en dit grof maak. Dit kan deur stres of angs veroorsaak word. Ekseem kan veroorsaak word deur ’n mens se genetika, maar die kondisie kan vererg deur ’n mens se lewenstyl. Die vlak van intensiteit kan verskil afhangend van die verskillende soorte ekseem. Die intensiteitsvlak kan van lig tot chronies wees. Die verskillende soorte ekseem is:

Atopiese dermatitis: Dit is die mees algemene soort ekseem. Dit is meer algemeen in kinders onder die ouderdom van 5, maar kan ook volwassenes affekteer. Atopiese dermatitis sal meer soos ’n rooi uitslag op iemand met ’n ligter velkleur lyk. By mense met ’n donkerder velkleur, sal dit meer soos ’n bruin of pers uitslag lyk. Dit kan op ’n mens se arms, bene, hande, voetsole of ooglede voorkom. Dit kan gebeur omdat die velversperring beskadig is, wat veroorsaak dat die vel meer geneig is om irritante te absorbeer. Die irritante kan die vel uitdroog, wat hierdie soort ekseem kan veroorsaak. In meeste gevalle van atopiese dermatitis is die simptome hanteerbaar en het dit nie ’n groot invloed op daaglikse lewe nie. In ander gevalle kan die simptome baie erger wees.

Dishidrotiese ekseem: Dit is 'n algemene veltoestand wat blase en jeukerige vel veroorsaak. Oorsake van dishidrotiese ekseem kan allergieë, stres en dikwels sweterige hande en voete insluit. Die jeukgevoel kan ’n mens se slaapkwaliteit affekteer. Dit kan tot moegheid lei wat  tot meer inflammasie van die vel lei, omdat die liggaam nie genoeg slaap kry nie. Dit wil sê, moegheid is ’n oorsaak en ’n simptoom van ekseem.

Diskoide ekseem: Dit is 'n chroniese veltoestand wat verhoogde, ronde kolle op jou vel veroorsaak. Die muntvormige letsels is dikwels jeukerig, en vloei etter uit. Die toestand reageer gewoonlik goed op behandeling, maar episodes kan selfs na suksesvolle behandeling terugkom.

- 50-70% van gevalle ervaar ’n ligte jeukgevoel

. - 20-40% van ekseemgevalle ervaar ’n konstante jeukgevoel

. - Minder as 10% van gevalle ervaar ’n baie erge jeukgevoel met baie inflammasie van die vel.

Om ekseem te behandel, bevogtig die vel ’n paar keer per dag. Moenie die vel krap of vryf nie. Om die vel te kalmeer en te bevogtig, probeer om hawermoutbaddens te neem. Probeer ook om inflammasie te verminder deur die vel koel te hou. Om die vel te bevogtig, vermy die gebruik van harde, chemiese produkte omdat dit die vel kan irriteer. Gebruik eerder die volgende natuurlike middels om met bevogtiging te help:

Klapperolie: Dit sal die vel bevog en kalmeer.

Teeboomolie: Dit dien as ’n anti-inflammatoriese middel.

Aalwyn: Dit sal help om die vel af te koel.

Psoriase is 'n immuunstelselprobleem wat veroorsaak dat velselle vinniger as gewoonlik   groei.

Daar word vermoed dat dit 'n immuunstelselprobleem is waar infeksiebestrydende selle, per ongeluk gesonde velselle aanval. Beide genetika en omgewingsfaktore speel 'n rol. Die toestand is nie aansteeklik nie.

Psoriase se simptome is rooi, skubberige kolle op die vel, irritasie of inflammasie van die vel wat die vel warm laat voel en ’n intense jeuk sensasie veroorsaak. Dit kan ’n intense of chroniese velkondisie wees. Psoriase kan ook veroorsaak dat voedingstowwe in die liggaam nie behoorlik geabsorbeer word nie, wat tot gewigsverlies kan lei.

  • 60-70% van gevalle ervaar ligte psoriase. Daar is minimale rooiheid en kolle.
  • Minder as 10% van gevalle ervaar baie erge inflammasie wat ’n aansienlike verswakking het.

Sellulitis

[wysig | wysig bron]

Sellulitis is ’n bakteriële velkondisie wat die dieper lae van die vel of velweefsel affekteer. Dit word gekenmerk deur geswelde limfknope, velletsels, uitslae, pyn, ’n baie hoë koors en inflammasie van die vel. Dit kan ook verkry word as gevolg van diabetes, ander velkondisies soos ekseem, swak sirkulasie of vetsug. Sellulitis kan die gesig, nek, bene, voete en ooglede affekteer. Sellulitis kan van ’n hanteerbare tot ’n baie erge vlak van intensiteit hê. Sellulitis is ’n akute velkondisie.

  • Rondom 40-60% van gevalle ervaar sistemiese simptome soos koors en moegheid.
  • Ongeveer 10-20% van gevalle ervaar die infeksie waar die sellulitis onbeheerbaar versprei. Die blitsvinnige infeksie kan in hierdie geval tot orgaanversaking lei.
  • Minder as 5% van gevalle is lewensgevaarlik. In hierdie geval kan dit moeilik wees om asem te kry.

Velkanker

[wysig | wysig bron]

Velkanker is die mees algemene kanker wêreldwyd. Dit kan veroorsaak word deur skadelike UV-strale, verswakking van die immuunstelsel en ook genetika. Van die algemene simptome van velkanker is dat ’n mens rooi of pienk kolle op die vel ontwikkel, nuwe asimmetriese moesies ontwikkel, velletsel ontwikkel en die ontwikkeling van pynvolle hobbels op die liggaam. Velkanker kan gediagnoseer word deur biopsies[selfs of x-strale in gevorderde gevalle.] Die verskillende soorte velkanker is:

Basale sel-karsinoom :Dit is die mees algemene tipe velkanker. Rondom 80% van mense met velkanker het heel waarskynlik basale sel-karsinoom. Dit verskyn as rooi of pienk kolle wat bloei. Dit kom voor by plekke soos die skouers, gesig en nek. Volgens die vlak van intensiteit, is dit ’n ligte vorm van velkondisies omdat dit stadig groei en behandelbaar is.

Plaveiselkarsinoom:Dit is die tweede mees algemene velkanker. Dit verskyn as harde, pienk nodules of as skubberige kolle. Die harde nodules bloei dikwels. Dit sal op plekke soos die lippe, hande of gesig voorkom. Die vlak van intensiteit vir plaveiselkarsinoom is van behandelbaar tot ernstig, omdat dit vinniger groei as die basale sel-karsinoom.

Melanoom: Dit is die dodelikste vorm van velkanker. Dit kom voor as ’n nuwe of veranderde moesie wat ’n asimmetriese vorm het, met ’n onreëlmatige grens. Dit kom voor by plekke soos die gesig, arms of bene. Volgens die vlak van intensiteit is melanoom baie ernstig. Dit is omdat die melanoom baie vinnig groei. Melanoom kan behandel word deur dit chirurgies uit te sny of deur immunoterapie te kry.[foto van velkanker 1]

Merkel Selkarsinoom :Dit is ’n baie skaars, gevaarlike vorm van velkanker. Dit kom voor as ’n harde, pynlose nodule met ’n pers of rooi kleur. Die mees algemene plek waar dit voorkom is op die gesig, nek en kop. Die vlak van intensiteit van ’n merkel selkarsinoom is baie ernstig of lewensgevaarlik. Merkel Selkarsinoom kan behandel word deur bestralingsterapie, chemoterapie te kry of dit chirurgies uit te sny.

Rosasee is ’n chroniese inflamatoriese velkondisie. Rosaseë  word gekenmerk deur die rooiheid en swelling van die vel, die vorming van aknee-agtige letsels op die vel en die sigbaarheid van bloedvate onder die vel. Genetika, omgewingsfaktore en inflammasie kan Rosaseë veroorsaak. Simptome van Rosaseë is dat daar ’n steekpyngevoel by die geaffekteerde areas gevoel word, droogheid van die vel en rooi, jeukende oë. Die verskillende tipes Rosaseë is:

Eritematotelangiëktatiese Rosaseë: Dit word gekenmerk deur die rooiheid van die vel. Daar word ook ’n brandende gevoel op die vel gevoel. Dit is ’n ligte of hanteerbare velkondisie. Eritematotelangiëktatiese Rosaseë kan behandel word deur lewenstylkeuses te verbeter, soos om minder tyd in die son te spandeer en ook minder te stres. Dit kan ook behandel word deur laserterapie om onnodige bloedvate te verwyder en rooiheid te verminder.

Papulopustulêre Rosaseë:Simptome van Papulopustulêre Rosaseë is dat aknee-agtige letsels begin op die vel vorm. Die letsels kan ook veroorsaak dat die vel jeuk. Papulopustulêre Rosaseë kan deur antibiotika behandel word om inflammasie te verminder. Dit kan ook deur laserterapie verbeter word waar dit die inflammasie verminder.

Fimatiese Rosaseë :Dit word gekenmerk deur die verdikking van die vel, rooiheid van die vel, brandende of jeuk sensasie op die vel en vergrote porieë. Fimatiese Rosaseë kan behandel word deur die lewenstyl te verander en minder te stres en in minder kontak te kom met die son. Dit kan ook deur chirurgiese prosedures verbeter word waar die oormate weefsel verwyder word.

Okulêre Rosaseë: Die simptome van Okulêre Rosaseë is die swelling van die ooglede, rooi of brandende oë, versteurde visie en ’n steekpyngevoel by areas rondom die oë. Okulêre Rosaseë kan deur antibiotika behandel word in die vorm van oogdruppels. Dit kan ook verbeter word deur omgewingsfaktore wat die velkondisie erger maak, soos allergieë of wind, te vermy.

Geboortemerke

[wysig | wysig bron]

Geboortemerke is ook ’n vorm van velkondisies. Meeste geboortemerke is skadeloos, maar tipes velletsels hou verhoogde risiko om velkanker later in die lewe te ontwikkel. Geboortemerke vorm omdat daar ’n abnormale hoeveelheid pigmentasie in een area vorm. Daar is verskillende soorte geboortemerke:

Blou-grys kol:[kol 1]

[wysig | wysig bron]

’n Area op die vel, gewoonlik op die lae rug van ’n baba, wat effens blouer of donkerder as die normale velkleur is. Die blou-grys kol kan binne ’n paar jaar verdwyn.

Café-au-lait kol:

[wysig | wysig bron]

’n Area op enige plek in die liggaam wat bruiner as die res van die liggaam is. Die kol groei soos die mens groei en verdwyn nie.

Portwynvlekke:

[wysig | wysig bron]

Dit is ’n rooi-pienk area, gewoonlik rondom die kop en nek, wat oor ’n verloop van tyd donkerder word soos ’n mens ouer word.

Hiperpigmentasie is ’n velkondisie waar daar areas op die vel is waar daar ’n oortollige ophoping van melanien is. Dit kan lei tot donkerder areas wat vorm en velverkleuring. Hiperpigmentasie veroorsaak ook dat die vel ’n onewe velkleur het en kan ook veroorsaak dat die vel dof word. Dit kan veroorsaak word deur skade van UV-strale, aknee, hormonale veranderinge, veral in vroue rondom die perimenopouse, en ook inflammasie. Daar kan verskillende middels gebruik word soos vitamiene C en kojiensuur wat met die velkondisie kan help. Die velkondisie is nie lewensgevaarlik nie, maar kan wel die fisiese voorkoms van ’n mens verander. Die vlak van intensiteit vir hiperpigmentasie is van hanteerbaar tot erg.

Woordelys:

[wysig | wysig bron]

Akuut: Erg of intens.

Biopsie: ’n Mediese prosedure waar ’n stuk weefsel van die liggaam afgesny word om onder ’n mikroskoop te inspekteer.

Estrogeen: ’n Primêre vroulike geslagshormoon wat die vel baie beïnvloed.

Klapperolie: Die olie wat uit ’n klapper gekry word.

Kojieksuur: ’n Velsorgproduk wat met hiperpigmentasie en ander velkondisies help.

Keratosis Pilaris:ñ Algemene,skadelose velkondisie wat die vel n growwe tekstuur gee.

Sebum: Olierige stof wat in die talgklier geproduseer word.


Bronnelys:

[wysig | wysig bron]

Sotiriou,M.12/02/2024. https://www.saltlakedermatology.com/blog/the-role-of-genetics-in-skin-health/#:~:text=2.,overall%20health%20of%20our%20skin. SLDA. [20/10/2024][1]

06/10/2021. https://my.clevelandclinic.org/health/diseases/21573-skin-diseases Cleveland Clinic.[20/20/2024]


Mayo clinic staff.07/05/2024. https://www.mayoclinic.org/diseases-conditions/psoriasis/symptoms-causes/syc-20355840#:~:text=Psoriasis%20is%20thought%20to%20be,results%20in%20dry%2C%20scaly%20patches.[2] Mayo Clinic [20/10/2024]


…27/09/2022. https://www.kidney.org/news-stories/itching-and-kidney-disease#:~:text=Damaged%20kidneys%20cause%20a%20build,not%20fully%20clean%20the%20blood. National Kidney Foundation [20/20/2024]

[3]

Manalo,D.2024. https://www.pureluxemedical.com/blog/how-the-environment-affects-your-skin#:~:text=Dust%20in%20the%20air%20can,the%20moisture%20in%20your%20skin. Pure Lux Medical.[20/10/2024]

25/04/2023. https://my.clevelandclinic.org/health/diseases/8611-environmental-allergies[4] . Cleveland Clinic.[20/10/2024]


Watson,S.7/08/2018. https://www.healthline.com/health/itchy-varicose-veins#causes .[5]Healthline[20/10/2024]


Hafsi ,W; Arnold,D.L;Kassardjian,M.01/06/2023. https://www.ncbi.nlm.nih.gov/books/NBK459219/[6] .National Library of Medicine.[20/10/2024]

2024. https://newsinhealth.nih.gov/2014/07/sun-skin#:~:text=When%20UV%20rays%20enter%20skin,or%20thinned%20like%20tissue%20paper. [7]News in Health.[20/10/2024]


Sachdev,P.04/07/2024. https://www.webmd.com/skin-problems-and-treatments/acne/ss/slideshow-acne-dictionary. WebMD[20/10/2024]


2024. https://skinsight.com/disease-groups/birthmarks-conditions-treatments-and-pictures/ .Skinsight.[20/10/2024]

  1. https://www.medcentral.com/dermatology/eczema-an-overview
  1. https://www.yalemedicine.org/conditions/psoriasis
  1. https://www.baysideskincancer.com.au/about-skin-cancer/melanoma
  1. https://www.medicalnewstoday.com/articles/160281
  1. https://www.discovermongolia.mn/blogs/mongolian-blue-spot
  1. https://www.medicalnewstoday.com/articles/323808
  1. https://www.saltlakedermatology.com/blog/the-role-of-genetics-in-skin-health/#:~:text=2.,overall%20health%20of%20our%20skin
  2. https://www.mayoclinic.org/diseases-conditions/psoriasis/symptoms-causes/syc-20355840#:~:text=Psoriasis%20is%20thought%20to%20be,results%20in%20dry%2C%20scaly%20patches.
  3. https://www.kidney.org/news-stories/itching-and-kidney-disease#:~:text=Damaged%20kidneys%20cause%20a%20build,not%20fully%20clean%20the%20blood
  4. https://my.clevelandclinic.org/health/diseases/8611-environmental-allergies
  5. https://www.healthline.com/health/itchy-varicose-veins#causes
  6. https://www.ncbi.nlm.nih.gov/books/NBK459219/
  7. https://newsinhealth.nih.gov/2014/07/sun-skin#:~:text=When%20UV%20rays%20enter%20skin,or%20thinned%20like%20tissue%20paper.