Gaan na inhoud

Kampioenetrofee 2025

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Sport
Kampioenetrofee 2025

Kenteken van die Kampioenetrofee 2025
Datums 19 Februarie – 9 Maart
Bestuurder Internasionale Krieketraad (IKR)
Krieketformaat Internasionale eendagkrieket (EDI)
Toernooiformaat Groep- en uitklopfase
Gashere Vlag van Pakistan Pakistan
Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate
Deelnemers 8
Wedstryde gespeel 15
2017
2029

Die Kampioenetrofee 2025 (Engels: 2025 ICC Champions Trophy) sal van 19 Februarie tot 9 Maart 2025 in Pakistan en die Verenigde Arabiese Emirate beslis word.[1] Dit sal die negende Kampioenetrofee in EDI-krieket wees wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die eerste vir albei gashere. Die medegasheer Pakistan is ook die verdedigende kampioen, nadat hulle die vorige Kampioenetrofee 2017 gewen het. Die Kampioenetrofee 2025 sal agt jaar ná die vorige toernooi plaasvind, die langste pouse tussen twee internasionale kriekettoernooie ooit.

Die toernooi se formaat van 2009, 2013 en 2017 sal onveranderd bly en die agt beste nasionale spanne van die Krieketwêreldbeker 2023 sal aan die Kampioenetrofee 2025 deelneem. Die spanne sal in twee groepe van vier elk verdeel word, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep speel. Die twee beste spanne van elke groep sal hierna vir die halfeindrondte kwalifiseer en die wenners mekaar in die eindstryd ontmoet.

Toewysing

[wysig | wysig bron]

In 2016 het die IKR aangekondig dat hulle met die Kampioenetrofee ná die 2017-toernooi weg sal doen. Die IKR se doelwit was om vir elk van die drie formate slegs een toernooi te hê.[2] In November 2021 het die IKR egter aangekondig dat dié toernooi vanaf 2025 weer aangebied sal word.[3] In dieselfde maand is die Kampioenetrofee 2025 deur die Internasionale Krieketraad aan Pakistan toegewys.[4] Dit sal die eerste belangrike toernooi in Pakistan wees sedert die 2009-aanval op die Sri Lankaanse nasionale krieketspan, aangesien dit ná dié aanval van sy gasheerregte vir die Krieketwêreldbeker 2011 ontneem is.[5][6] Die laaste vername toernooi in Pakistan was die Krieketwêreldbeker 1996, wat hulle saam met Indië en Sri Lanka aangebied het.[7][8]

Die Indies-Pakistanse krieketmededinging is erg geraak deur die gespanne bilaterale verhouding tussen dié twee lande. In November 2023 het die Pakistanse Krieketraad vergader met die IKR se uitvoerende raad om ’n vergoeding te bespreek indien Indië weier om in Pakistan te speel.[9][10] ’n Jaar later het die Raad vir Beheer van Krieket in Indië die IKR daaroor ingelig dat Indië vir die toernooi nie na Pakistan sou reis nie en veiligheidskwessies aangevoer.[11] Pakistan het ’n skriftelike verduideliking geëis en aanvanklik die voorgestelde hibriede model verwerp.[12]

Op 19 Desember 2024, ná ’n ooreenkoms tussen die Raad vir Beheer van Krieket in Indië en die Pakistanse Krieketraad het die Internasionale Krieketraad ’n hersiening uitgereik oor die toernooie wat deur Indië en Pakistan aangebied sal word, waarvolgens die Kampioenetrofee 2025 in Februarie en Maart 2025 in Pakistan en op ’n neutrale plek beslis sal word, waarna op die Verenigde Arabiese Emirate besluit is.[13] Die IKR het bevestig dat Indië en Pakistan se wedstryde in mekaar se lande tussen 2024 en 2027 op neutrale plekke gehuisves sal word. Dit sal van toepassing wees tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 (in Indië) en die T20I-wêreldbeker 2026 (in Indië en Sri Lanka). Daar is ook aangekondig dat Pakistan die T20I-vrouewêreldbeker 2028 sal aanbied, waartydens Indië sy wedstryde ook op ’n neutrale plek sal speel.[14]

Deelnemers

[wysig | wysig bron]

Agt spanne sal aan die Kampioenetrofee 2025 kan deelneem.[15]

Kwalifiserende spanne

[wysig | wysig bron]

Die beste sewe spanne van die Krieketwêreldbeker 2023 het saam met die gasheer Pakistan regstreeks gekwalifiseer.[16] Hulle is Afghanistan, Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika. Die voormalige kampioen Sri Lanka kon vir die eerste keer nie vir ’n Kampioenetrofee kwalifiseer nie, terwyl Afghanistan wél en vir die eerste keer daarin kon slaag.[17]

Span Kwalifiseringmetode Verskynings by eindstryde Laaste verskyning Vorige beste prestasie
Vlag van Pakistan Pakistan Gasheer Negende 2017 Kampioen (2017)
Vlag van Afghanistan Afghanistan Regstreeks Eerste Debuut
Vlag van Australië Australië Negende 2017 Kampioen (2006, 2009)
Vlag van Bangladesj Bangladesj Sesde 2017 9de plek (2000, 2006)
Vlag van Engeland Engeland Negende 2017 Naaswenner (2004, 2013)
Vlag van Indië Indië Negende 2017 Kampioen (2002, 2013)
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Negende 2017 Kampioen (2000)
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Negende 2017 Kampioen (1998)

Stadions

[wysig | wysig bron]

In Desember 2022 het die Pakistanse Krieketraad toestemming ontvang van die Pakistanse regering vir die oprigting van ’n nuwe krieketstadion in Islamabad vir die toernooi.[18] Op 28 April 2024 het die Pakistanse beheerliggaam egter drie bestaande stadions vir die toernooi voorgestel.[19] Die meeste wedstryde sal Karatsji, Lahore en Rawalpindi aangebied word, terwyl Indië sy hele toernooi in Doebai in die Verenigde Arabiese Emirate sal speel.[20][21]

Vlag van Pakistan Pakistan Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate
Karatsji Lahore Rawalpindi Doebai
Nasionale stadion Gaddafistadion Rawalpindi-krieketstadion Doebai Int’l Krieketstadion
24°53′46″N 67°4′53″O / 24.89611°N 67.08139°O / 24.89611; 67.08139 (Nasionale Stadion) 31°30′48″N 74°20′0″O / 31.51333°N 74.33333°O / 31.51333; 74.33333 (Gaddafistadion) 33°39′5.44″N 73°4′33.82″O / 33.6515111°N 73.0760611°O / 33.6515111; 73.0760611 (Rawalpindi-krieketstadion) 25°2′48″N 55°13′8″O / 25.04667°N 55.21889°O / 25.04667; 55.21889 (Doebai Internasionale Krieketstadion)
Kapasiteit: 34 238 Kapasiteit: 27 000 Kapasiteit: 15 000 Kapasiteit: 25 000
Kampioenetrofee 2025 (Pakistan)
Kampioenetrofee 2025 (Verenigde Arabiese Emirate)

Formaat

[wysig | wysig bron]

Die Kampioenetrofee 2025 sal oor 18 dae tussen agt verskillende spanne oor 15 wedstryde beslis word. Dit sal op 19 Februar 2025 op die Nasionale stadion in Karatsji, Pakistan, met die openingswedstryd tussen die gasheer Pakistan en Nieu-Seeland begin. Die toernooi sal eindig in óf Doebai óf Lahore op 9 Maart met die eindstryd, waartydens die wenner die Kampioenetrofee sal inpalm. Dieselfde formaat is voorheen tydens die Kampioenetrofeë in 2009, 2013 en 2017 gebruik.

Kalender

[wysig | wysig bron]

Die volgende tabel dui die Kampioenetrofee 2025 se daaglikse program aan. ’n Siaan blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Februarie/Maart
Wo
19
Do
20
Vr
21
Sa
22
So
23
Ma
24
Di
25
Wo
26
Do
27
Vr
28
Sa
1
So
2
Groep A 1 1 1 1 1 1
Groep B 1 1 1 1 1 1
Uitklopfase
Maart
Ma
3
Di
4
Wo
5
Do
6
Vr
7
Sa
8
So
9
Uitklopfase 1 1 1
Verklaring

   Groepfase

   Uitklopfase

   Eindstryd

Groepe

[wysig | wysig bron]
Groep A Groep B

Vlag van Bangladesj Bangladesj
Vlag van Indië Indië
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Vlag van Pakistan Pakistan

Vlag van Afghanistan Afghanistan
Vlag van Australië Australië
Vlag van Engeland Engeland
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika

Groepfase

[wysig | wysig bron]

Die Kampioenetrofee 2025 sal deur agt nasionale krieketspanne beslis word. Vir die groepfase sal die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier elk verdeel word; elke span sal een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep speel, dus sal elke span drie wedstryde in die groepfase speel. Twee punte sal vir ’n oorwinning toegeken word, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte eindig, sal volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik word. Die twee beste spanne van albei groepe dring na die uitklopfase deur.

Uitklopfase

[wysig | wysig bron]

Van die begin van dié fase af sal die toernooi ’n uitklopformaat aanneem wat uit drie wedstryde bestaan: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die twee beste spanne van elke groep sal na die uitklopfase deurdring. Die groepwenner van albei groepe sal teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde speel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moet met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag is, sal die wedstryd deur ’n superboulbeurt beslis word.

Wedstryde

[wysig | wysig bron]

Die spanne sal in twee groepe van vier elk verdeel word, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep speel. Die beste twee spanne van elke groep sal hierna vir die halfeindrondte kwalifiseer en die wenners sal mekaar in die eindstryd ontmoet.

Groepfase

[wysig | wysig bron]

Groep A

[wysig | wysig bron]
Span Wed Wen Ver Onb Pte LT
Vlag van Bangladesj Bangladesj 0 0 0 0 0
Vlag van Indië Indië 0 0 0 0 0
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 0 0 0 0 0
Vlag van Pakistan Pakistan 0 0 0 0 0
19 Februarie 2025
14:00 (PKT) (D/N)
Telkaart
t

Groep B

[wysig | wysig bron]
Span Wed Wen Ver Onb Pte LT
Vlag van Afghanistan Afghanistan 0 0 0 0 0
Vlag van Australië Australië 0 0 0 0 0
Vlag van Engeland Engeland 0 0 0 0 0
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 0 0 0 0 0
21 Februarie 2025
14:00 (PKT) (D/N)
Telkaart
t
22 Februarie 2025
14:00 (PKT) (D/N)
Telkaart
t
26 Februarie 2025
14:00 (PKT) (D/N)
Telkaart
t
28 Februarie 2025
14:00 (PKT) (D/N)
Telkaart
t

Uitklopfase

[wysig | wysig bron]
  Halfeindrondte Eindrondte
             
4 Maart – Doebai
 Wenner Groep A  
 Naaswenner Groep B   9 Maart – Lahore of Doebai
     Wenner Halfeindstryd 1
5 Maart – Lahore    Wenner Halfeindstryd 2
 Wenner Groep B
 Naaswenner Groep A  

Halfeindrondte

[wysig | wysig bron]
4 Maart 2025
13:00 (GST) (D/N)
Telkaart
Wenner Groep A
t
Naaswenner Groep B
5 Maart 2025
14:00 (PKT) (D/N)
Telkaart
Wenner Groep B
t
Naaswenner Groep A

Eindstryd

[wysig | wysig bron]
9 Maart 2025
14:00 (PKT) (D/N)
Telkaart
Wenner Halfeindstryd 1
t
Wenner Halfeindstryd 2


Kampioenetrofeewenner 2025
Eindstrydwenner

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "Pakistan to host 2025 Champions Trophy". The Times of India. 16 November 2021. Besoek op 29 Desember 2024.
  2. (en) "Test Championship to replace Champions Trophy". ESPNcricinfo. 29 Junie 2013. Besoek op 29 Desember 2024.
  3. (en) "USA to stage T20 World Cup: 2024–2031 ICC Men's tournament hosts confirmed". Internasionale Krieketraad. 16 November 2021. Besoek op 29 Desember 2024.
  4. (en) Nagraj Gollapudi (16 November 2021). "USA co-hosts for 2024 T20 WC, Pakistan gets 2025 Champions Trophy, India and Bangladesh 2031 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 29 Desember 2024.
  5. (en) "Pakistan counts cost of Cup shift". BBC. 18 April 2009. Besoek op 29 Desember 2024.
  6. (en) "World Cup matches moved out of Pakistan". ESPNcricinfo. 17 April 2009. Besoek op 29 Desember 2024.
  7. (en) Mohit Khakhar (12 Julie 2024). "When was the last time Pakistan hosted an ICC tournament?". Sporting News. Besoek op 29 Desember 2024.
  8. (en) "Pakistan set to host ICC event after 28 years". Pakistanse Krieketraad. 24 Desember 2024. Besoek op 29 Desember 2024.
  9. (en) "PCB Asks For Compensation From ICC If India Refuse To Play Champions Trophy 2025: Report". NDTV. 27 November 2023. Besoek op 29 Desember 2024.
  10. (en) "Champions Trophy to be shifted out of Pakistan or held in hybrid model: Reports". Live Mint. 27 November 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2023. Besoek op 1 Desember 2023.
  11. (en) "India will not travel to Pakistan for 2025 Champions Trophy". ESPNcricinfo. 9 November 2024. Besoek op 29 Desember 2024.
  12. (en) "Where will the Champions Trophy be played? ICC to take final call after November 29 meeting". ESPNcricinfo. Besoek op 29 Desember 2024.
  13. (en) "India to play Champions Trophy matches at neutral venue". Krieket Australië. 19 Desember 2024. Besoek op 29 Desember 2024.
  14. (en) "Update issued on India and Pakistan hosted matches at ICC events". Internasionale Krieketraad. 19 Desember 2024. Besoek op 29 Desember 2024.
  15. (en) Nagraj Gollapudi (1 Junie 2021). "ICC expands men's world events: ODI WC to 14 teams, T20 WC to 20 teams". ESPNcricinfo. Besoek op 29 Desember 2024.
  16. (en) Nagraj Gollapudi, Matt Roller (29 Oktober 2023). "2025 Champions Trophy qualification at stake during ODI World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 29 Desember 2024.
  17. (en) Akash Kharade (11 November 2023). "Sri Lanka Fail To Qualify For ICC Champions Trophy 2025 Scheduled To Take Place In Pakistan". Zee News. Besoek op 29 Desember 2024.
  18. (en) "Government gives PCB green light to build stadium in Islamabad". Dawn News. 2 Januarie 2022. Besoek op 29 Desember 2024.
  19. (en) "PCB proposes three venues for 2025 Champions Trophy". ESPNcricinfo. 28 April 2024. Besoek op 29 Desember 2024.
  20. (en) "Champions Trophy: India vs Pakistan on February 23 in UAE". ESPNcricinfo. 22 Desember 2024. Besoek op 29 Desember 2024.
  21. (en) "ICC announces Champions Trophy 2025 fixtures". BBC. 24 Desember 2024. Besoek op 29 Desember 2024.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]


Kampioenetrofee

Bangladesj 1998Kenia 2000Sri Lanka 2002Engeland 2004Indië 2006Suid-Afrika 2009Engeland / Wallis 2013Engeland / Wallis 2017Pakistan 2025Indië 2029