Kampioenetrofee 2002
Datums | 12 September – 30 September |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketraad (IKR) |
Krieketformaat | Internasionale eendagkrieket (EDI) |
Toernooiformaat | Groep- en uitklopfase |
Gashere | Sri Lanka |
Kampioen | Indië Sri Lanka (1ste titel) |
Naaswenner | Geen |
Deelnemers | 12 |
Wedstryde gespeel | 15 |
Meeste lopies | Virender Sehwag (271)[1] |
Meeste paaltjies | Muttiah Muralitharan (10)[2] |
← 2000 2004 → |
Die Kampioenetrofee 2002 (Engels: 2002 ICC Champions Trophy) is van 12 tot 30 September 2002 in Sri Lanka beslis. Dit was die derde Kampioenetrofee in EDI-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is en ná die Asiatiese Bekertoernooie in 1986 en 1997 die derde vername kriekettoernooi geheel en al in Sri Lanka. Die land was voorheen een van die medegashere tydens die Krieketwêreldbeker 1996, saam met Indië en Pakistan.[3]
Twaalf nasionale krieketspanne het aan die Kampioenetrofee 2002 deelgeneem: Die destydse tien toetskrieketlande (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe) saam met die assosiaatlede Kenia en Nederland. Die spanne is in vier groepe van drie elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het.[4] Die beste span van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet.[5][6]
Australië, Indië, Sri Lanka en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Indië het Suid-Afrika en Sri Lanka het Australië geklop, waardeur die twee Suid-Asiatiese spanne in die eindstryd ontmoet het. Nadat die eindstryd twee keer uitgereën het, het Indië en Sri Lanka die titel gedeel.[7] Die verdedigende kampioen Nieu-Seeland is reeds in die groepfase uitgeskakel.
Toewysing
[wysig | wysig bron]Die Internasionale Krieketraad het Sri Lanka as gasheer vir die Kampioenetrofee 2002 aangewys. Dit was die eerste keer dat al die destydse volle lede van die IKR Sri Lanka vir ’n toernooi besoek het en ná die Asiatiese Bekertoernooie in 1986 en 1997 die derde vername kriekettoernooi wat geheel en al in Sri Lanka beslis is. Voorheen was Sri Lanka een van die medegashere tydens die Krieketwêreldbeker 1996.[3]
Deelnemers
[wysig | wysig bron]Die destydse tien toetslande het vir die Kampioenetrofee 2002 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe. Daarbenewens het Kenia en Nederland, wat destyds oor EDI-status beskik het, vir dié toernooi gekwalifiseer.
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
Australië | Volle lede | Derde | 2000 | 5de plek (2000) |
Bangladesj | Tweede | 2000 | 9de plek (2000) | |
Engeland | Derde | 2000 | 5de plek (1998) | |
Indië | Derde | 2000 | Naaswenner (2000) | |
Nieu-Seeland | Derde | 2000 | Kampioen (2000) | |
Pakistan | Derde | 2000 | 3de plek (2000) | |
Sri Lanka | Derde | 2000 | 4de plek (1998) | |
Suid-Afrika | Derde | 2000 | Kampioen (1998) | |
Wes-Indië | Derde | 2000 | Naaswenner (1998) | |
Zimbabwe | Derde | 2000 | 8ste plek (2000) | |
Kenia | EDI-status | Tweede | 2000 | 10de plek (2000) |
Nederland | Eerste | – | Debuut |
Stadions
[wysig | wysig bron]Tydens die toernooi is twee Sri Lankaanse stadions gebruik. Altesaam 15 wedstryde is tydens die Kampioenetrofee 2002 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd.[3]
Colombo | |
---|---|
R. Premadasa-stadion | Singhalese Sportklubkrieketveld |
6°56′22.8″N 79°52′19.3″O / 6.939667°N 79.872028°O | 6°54′21.32″N 79°52′09.85″O / 6.9059222°N 79.8694028°O |
Kapasiteit: 35 000 | Kapasiteit: 10 000 |
Kampioenetrofee 2002 (Sri Lanka) |
Formaat
[wysig | wysig bron]Die Kampioenetrofee 2002 is oor 19 dae tussen twaalf verskillende spanne oor 15 wedstryde beslis. Dit het op 12 September 2002 op R. Premadasa-stadion in Colombo met die openingswedstryd tussen die gasheer Sri Lanka en Pakistan begin. Die toernooi het geëindig op dieselfde stadion op 30 September met die eindstryd tussen Indië en Sri Lanka wat twee keer uitgereën is, waarna albei spanne die Kampioenetrofee gedeel het.
Kalender
[wysig | wysig bron]Die volgende tabel dui die Kampioenetrofee 2002 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groepe
[wysig | wysig bron]Groep 1 | Groep 2 | Groep 3 | Groep 4 |
---|---|---|---|
Groepfase
[wysig | wysig bron]Die Kampioenetrofee 2002 is deur twaalf nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die twaalf deelnemende spanne in vier groepe van drie elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span twee wedstryde in die groepfase gespeel. Vier punte is vir ’n oorwinning toegeken, twee vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die beste span van elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Uitklopfase
[wysig | wysig bron]Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die beste span van elke groep het na die uitklopfase deurgedring. Die wenner van die eerste groep het teen die wenner van die vierde groep en die wenner van die tweede groep het teen die wenner van die derde groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd deur ’n uitboul beslis.
Wedstryde
[wysig | wysig bron]Groepfase
[wysig | wysig bron]Groep 1
[wysig | wysig bron]Span | Wed | Wen | Ver | Onb | Pte | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Australië | 2 | 2 | 0 | 0 | 8 | +3.461 |
Nieu-Seeland | 2 | 1 | 1 | 0 | 4 | +0.030 |
Bangladesj | 2 | 0 | 2 | 0 | 0 | −3.275 |
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Glenn McGrath (Aus) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[8]
t
|
||
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Mazharul Haque (Ban) het sy EDI-debuut gemaak.
- Australië vorder hiermee tot die halfeindrondte.
- Bangladesj en Nieu-Seeland is hiermee uit die toernooi geskakel.
t
|
||
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Talha Jubair (Ban) het sy EDI-debuut gemaak.
Groep 2
[wysig | wysig bron]Span | Wed | Wen | Ver | Onb | Pte | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Indië | 2 | 2 | 0 | 0 | 8 | +0.816 |
Engeland | 2 | 1 | 1 | 0 | 4 | +0.401 |
Zimbabwe | 2 | 0 | 2 | 0 | 2 | −1.125 |
t
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Ray Price (Zim) het sy EDI-debuut gemaak.
- Beide Mohammad Kaif (Ind) en Andy Flower (Zim) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.[9]
- Andy Flower teken die gesamentlik beste individuele telling tydens ’n Kampioenetrofeewedstryd aan – gedeel met Nathan Astle (NZ) tydens die 2004-toernooi.[9]
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Ian Blackwell (Eng) het sy EDI-debuut gemaak.
- Marcus Trescothick (Eng) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.[9]
- Zimbabwe is twee kolfbeurte vir ’n stadige boultempo afgetrek.
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Virender Sehwag (Ind) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.[9]
- Indië vorder hiermee tot die halfeindrondte.
- Engeland en Zimbabwe is hiermee uit die toernooi geskakel.
Groep 3
[wysig | wysig bron]Span | Wed | Wen | Ver | Onb | Pte | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Suid-Afrika | 2 | 2 | 0 | 0 | 8 | +1.856 |
Wes-Indië | 2 | 1 | 1 | 0 | 4 | +0.202 |
Kenia | 2 | 0 | 2 | 0 | 0 | −2.050 |
t
|
||
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Brian Lara (WI) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.[9]
t
|
||
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Herschelle Gibbs (RSA) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.[9]
- Suid-Afrika vorder hiermee tot die halfeindrondte.
- Wes-Indië en Kenia is hiermee uit die toernooi geskakel.
Groep 4
[wysig | wysig bron]Span | Wed | Wen | Ver | Onb | Pte | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Sri Lanka | 2 | 2 | 0 | 0 | 8 | +2.861 |
Pakistan | 2 | 1 | 1 | 0 | 4 | +1.245 |
Nederland | 2 | 0 | 2 | 0 | 0 | −4.323 |
t
|
||
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Sanath Jayasuriya (SL) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.[9]
- Hy behaal ook die mylpaal van 8 000 EDI-lopies.[10]
t
|
||
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Adeel Raja, Daan van Bunge, Edgar Schiferli, Jacob-Jan Esmeijer, Luuk van Troost, Reinout Scholte en Victor Grandia (almal Ned) het hul EDI-debuut gemaak.
- Marvan Atapattu (SL) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.[9]
- Sri Lanka vorder hiermee tot die halfeindrondte.
- Nederland en Pakistan is hiermee uit die toernooi geskakel.
t
|
||
- Nederland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Henk-Jan Mol en Feiko Kloppenburg (albei Ned) het hul EDI-debuut gemaak.
Uitklopfase
[wysig | wysig bron]Halfeindrondte | Eindrondte | |||||
25 September – Colombo | ||||||
Indië | 261/9 | |||||
Suid-Afrika | 251/6 | 29 & 30 September – Colombo | ||||
Indië | Medewenner | |||||
27 September – Colombo | Sri Lanka | Medewenner | ||||
Australië | 162 | |||||
Sri Lanka | 163/3 |
Halfeindrondte
[wysig | wysig bron]t
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Robin Peterson (RSA) het sy EDI-debuut gemaak.
- Herschelle Gibbs (RSA) teken sy tweede kampioenetrofeehonderdtal aan.[9]
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Eindstryd
[wysig | wysig bron]t
|
||
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Wedstryd afgelas weens reën.
t
|
||
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Wedstryd afgelas weens reën.
Kampioenetrofeewenner 2002 |
---|
Indië & Sri Lanka |
Statistiek
[wysig | wysig bron]Meeste lopies en paaltjies
[wysig | wysig bron]Meeste lopies:[1]
|
Meeste paaltjies:[2]
|
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 (en) "Records in ICC Champions Trophy, 2002/03 – Most Runs". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2023.
- ↑ 2,0 2,1 (en) "Records in ICC Champions Trophy, 2002/03 – Most Wickets". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2023.
- ↑ 3,0 3,1 3,2 (en) Raad van Krieket vir Sri Lanka (19 Maart 2002). "Sri Lanka to Host ICC Champions Trophy in September 2002". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2023.
- ↑ (en) "Pools". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2023.
- ↑ (en) Raad van Krieket vir Sri Lanka (29 Maart 2002). "ICC Champions Trophy Match Schedule". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2023.
- ↑ (en) Charlie Austin (1 Junie 2002). "ICC Champions Trophy: Blazing sunshine, blistering cricket". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2023.
- ↑ (en) Charlie Austin (30 September 2002). "India and Sri Lanka share the spoils". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2023.
- ↑ (en) "Records in ICC Champions Trophy (ICC KnockOut)". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2023.
- ↑ 9,0 9,1 9,2 9,3 9,4 9,5 9,6 9,7 9,8 (en) "Records in ICC Champions Trophy (ICC KnockOut) – High scores". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2023.
- ↑ (en) Charlie Austin (12 September 2002). "Sri Lanka inflict crushing defeat on Pakistan". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2023.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Kampioenetrofee | |||
---|---|---|---|
Bangladesj 1998 • Kenia 2000 • Sri Lanka 2002 • Engeland 2004 • Indië 2006 • Suid-Afrika 2009 • Engeland / Wallis 2013 • Engeland / Wallis 2017 • Pakistan 2025 • Indië 2029 |