Gaan na inhoud

France Prešeren

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
France Prešeren
Gebore3 Desember 1800
Vrba, Carniola, Heilige Romeinse Ryk (tans Slowenië)
Sterf8 Februarie 1849 (op 48)
Kranj, Keiserryk Oostenryk (tans Slowenië)
NasionaliteitVlag van Oostenryk Oostenryk
BeroepDigter en prokureur
Bekend virKrst pri Savici
O Vrba
Sonetje nesreče
Sonetni venec
Zdravljica

France Prešeren (3 Desember 18008 Februarie 1849) was 'n Sloweense digter. Sy energieke en emosionele, tog nie kraslik sentimentele, lirieke het hom die hoofverteenwoordiger gemaak van die Romantiek in Slowenië.

France Prešeren word beskou as die leidende Sloweense digter met erkenning wat verder strek as nasionale vlak; hy word beskou as 'n uitmuntende Europese romantikus.

Hy is in die Sloweense dorpie Vrba gebore, die kind van 'n plattelandse familie. Sy ma wou gehad het dat hy 'n predikant word, maar hy het nooit daardie veld betree nie. Hy het eers filosofie en later regte studeer by die universiteit in Wene. Nadat hy sy Ph.D. in regte verwerf het, het hy 'n pos aanvaar as assistent in 'n regsfirma in die Oostenrykse provinsiale hoofstad Ljubljana (toe Laibach). Hy het nooit 'n onafhanklike prokureur geword nie.

Prešeren het gedig in sy vry tyd. Sy bekendste werk, Sonetni Venec ('n Krans van Sonnette), is geïnspireer deur sy ongeluk in liefde met Julija Primic (ver-Duits as "Julia Primitz") en die dood van sy vriend, die digter Matija Čop (Matthias Tschop). Sonetni Venec is in 'n vreemde formaat geskryf: die laaste lyn van 'n sonnet word die eerste lyn van die volgende, dus word al veertien dié sonnette 'n aaneenlopende "krans" van emosionele liriek; geen sonnet kan sonder die ander bestaan nie. Die eerste lyne van die veertien sonnette vorm 'n verdere sonnet, en die eerste letters van dié lyne vorm die woorde "Primicovi Julji" ("aan Julija Primic"). Die sewende stansa van Prešeren se gedig Zdravljica ( 'n Heildronk) het in 1991 die Sloweense volkslied geword. Sy gedigte is in verskeie tale in vertaal, en hy het ook baie in Duits geskryf. Soms as sy gedigte vir die eerste keer in 'n koerant verskyn het, is dit in beide hul Sloweense en Duitse weergawes gepubliseer – 'n aanduiding van dié digter se talent.

Hy het gesterf op 8 Februarie 1849 in Kranj, Slowenië. 8 Februarie word herdenk as Prešeren Dag en is die Sloweense Kulturele Herdenkingsdag. Prešeren verskyn ook op die Sloweense 1000 tolar-banknoot. Prešeren Plein in Ljubljana bevat 'n standbeeld van die digter wat 'n bas-reliëf van Julija aankyk – die is hoog op die muur van die gebou oorkant die plein.

Sy naam word soms ver-Duits as "Franz Prescheren", veral in ou dokumente uit die tyd toe Slowenië regeer is deur Oostenryk.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]