Charlotte Rampling
Voorkoms
Charlotte Rampling | |
By die 2001 Cannes Filmfees
| |
Geboortenaam | Tessa Charlotte Rampling |
---|---|
Geboorte | 5 Februarie 1946 Sturmer, Essex, Engeland |
Beroep(e) | Aktrise |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Tessa Charlotte Rampling, OBE (Sturmer, 5 Februarie 1946) is 'n Engelse aktrise. Sy het in Engelse, Franse en Italiaanse rolprente verskyn. Sy word in 2001 'n lid van die Orde van die Britse Ryk en in 2002 'n lid van die Franse Erelegioen.
Rampling maak haar rolprentdebuut in 1965. Haar films sluit in: Georgy Girl (1966), The Damned (1969), The Night Porter (1974), Farewell My Lovely (1975), Stardust Memories (1980), The Verdict (1982), Angel Heart (1987), The Duchess (2008) en The Eye of the Storm (2011).
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Charlotte Rampling.