Aktinied
Atoomgetal | Naam | Simbool |
---|---|---|
89 | Aktinium | Ac |
90 | Torium | Th |
91 | Protaktinium | Pa |
92 | Uraan | U |
93 | Neptunium | Np |
94 | Plutonium | Pu |
95 | Amerikium | Am |
96 | Curium | Cm |
97 | Berkelium | Bk |
98 | Kalifornium | Cf |
99 | Einsteinium | Es |
100 | Fermium | Fm |
101 | Mendelevium | Md |
102 | Nobelium | No |
Die aktiniedreeks bestaan uit die 14 chemiese elemente van aktinium tot nobelium op die periodieke tabel, met atoomgetalle 89 tot 102. Die reeks is genoem na die element aktinium. Alle aktiniede is f-blokelemente. Daar is ook alternatiewe rangskikkings wat aktinium uitsluit en/of die oorgangsmetaal lawrensium insluit. Lawrensium, al is dit 'n d-blokelement, het vermoedelik eienskappe wat meer soortgelyk is aan die aktiniede as aan die oorgangsmetale. Die aktiniedreeks word in sommige definisies van die seldsame aardelemente ingesluit.
Die aktiniede vertoon minder ooreenkoms in hulle chemiese eienskappe as die lantaniedreeks. Dit het byvoorbeeld 'n groter verskeidenheid oksidasietoestande, wat aanvanklik daartoe gelei het dat daar onduidelikheid betaan het of aktinium, torium en uraan as d-blokelemente beskou moes word. Alle aktiniede is radioaktief.
Slegs aktinium, torium en uraan kom natuurlik in meer as spoorhoeveelhede in die aardkors voor. Neptunium en Plutonium is al in spoorhoeveelhede in uraanerts as vervalproduk aangetref of deur bombardering vervaardig. Die oorblywende aktiniede is in kernneerslag ontdek, of is in deeltjieversnellers gesintetiseer. Die tweede helfte van die reeks het geweldige kort halfleeftye.
Die aktiniede word gewoonlik onderaan die hoofdeel van die periodieke tabel geplaas. Indien dit deel van die hooftabel vorm, is hul posisie duideliker.
'n Organometalliese verbinding van 'n aktinied staan bekend as 'n organoaktinied.
Geskiedenis van die aktiniedreeks
[wysig | wysig bron]Tydens sy Manhattan-projeknavorsing in 1944 het Glenn T. Seaborg onverwagte probleme ondervind met die isolering van amerikium (95) en curium (96). Hy het begin wonder of die elemente eintlik tot 'n ander reeks behoort, wat sou verduidelik hoekom die verwagte chemiese eienskappe van die nuwe elemente verskil het van wat verwag is. In 1945 het hy teen die advies van kollegas 'n voorstel gemaak vir die mees beduidende verandering aan Dmitri Mendelejef se periodieke tabel wat universeel deur die wetenskapgemeenskap aanvaar is: die aktiniedreeks.
In 1945 publiseer Seaborg sy aktiniedkonsep van swaar elemente en voorspel die aktiniede sou 'n oorgangsreeks vorm soortgelyk aan die seldsameaardreeks van die lantaniede.
In 1961 het Antoni Przybylski 'n ster ontdek met 'n ongewoon hoë hoeveelheid aktiniede.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- The Columbia Encyclopedia, Sixth Edition. Geargiveer 18 Oktober 2006 op Wayback Machine
- Chemical Elements website
- Actinides on the Book Rags website
- Lawrence Berkeley Laboratory image of historic periodic table by Seaborg showing actinide series for the first time Geargiveer 20 Februarie 2012 op Wayback Machine
- Lawrence Livermore National Laboratory, Uncovering the Secrets of the Actinides
- Los Alamos National Laboratory, Actinide Research Quarterly
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Aktinied.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir aktinied.
H | He | ||||||||||||||||||||||||||||||
Li | Be | B | C | N | O | F | Ne | ||||||||||||||||||||||||
Na | Mg | Al | Si | P | S | Cl | Ar | ||||||||||||||||||||||||
K | Ca | Sc | Ti | V | Cr | Mn | Fe | Co | Ni | Cu | Zn | Ga | Ge | As | Se | Br | Kr | ||||||||||||||
Rb | Sr | Y | Zr | Nb | Mo | Tc | Ru | Rh | Pd | Ag | Cd | In | Sn | Sb | Te | I | Xe | ||||||||||||||
Cs | Ba | La | Ce | Pr | Nd | Pm | Sm | Eu | Gd | Tb | Dy | Ho | Er | Tm | Yb | Lu | Hf | Ta | W | Re | Os | Ir | Pt | Au | Hg | Tl | Pb | Bi | Po | At | Rn |
Fr | Ra | Ac | Th | Pa | U | Np | Pu | Am | Cm | Bk | Cf | Es | Fm | Md | No | Lr | Rf | Db | Sg | Bh | Hs | Mt | Ds | Rg | Cn | Nh | Fl | Mc | Lv | Ts | Og |
Alkalimetale | Aardalkalimetale | Lantaniede | Aktiniede | Oorgangsmetale | Hoofgroepmetale | Metalloïde | Niemetale | Halogene | Edelgasse | Chemie onbekend |