Chemiese simbool
Voorkoms
'n Chemiese simbool is 'n afkorting of verkorte weergawe van die naam van 'n chemiese element. Byvoorbeeld:
- 2H2 + O2 → 2H2O
Chemiese simbole bestaan uit 'n hoofletter, soos C, U, F, P of uit 'n hoofletter met 'n kleinletter, soos Ce, Ca, Mo, Mn, Mg.
Chemiese simbole word aangepas deur die gebruik van boskrifte en onderskrifte om 'n spesifieke isotoop van 'n atoom aan te dui. Boskrifte word ook gebruik vir die aanduiding van ionisasie of oksidasietoestande van 'n element.
Aangehegde bo- of onderskrifte wat 'n nukleotied of 'n molekule spesifiseer het die volgende betekenisse en posisies:
- Die nukleongetal (massagetal) word aangedui met boskrif, links bo (byvoorbeeld 14N)
- Die protongetal (atoomgetal) kan ingesluit word met onderskrif, links onder (byvoorbeeld 64Gd)
- Indien nodig, word die ionisasietoestand of opgewekte toestand aangedui met boskrif, regs bo (byvoorbeeld die ionisasietoestand Ca2+)
- Die aantal atome van 'n element in 'n molekule of chemiese verbinding word aangedui met onderskrif, regs onder (byvoorbeeld N2 of Fe2O3)
- 'n Vrye radikaal word aangedui met 'n kolletjie aan die regterkant (byvoorbeeld Cl· vir 'n chloor radikaal)
Vir volledige lyste van chemiese elemente en simbole sien: