Gaan na inhoud

George Michalakis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

George Michalakis (gebore 6 Januarie 1988)[1] is 'n Suid-Afrikaanse prokureur van die hooggeregshof en politikus wat van 2014 tot 2024 as 'n lid van die Nasionale Raad van Provinsies vir die Vrystaat gedien het en tans as 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika dien. Hy is 'n partylid van die Demokratiese Alliansie.[2] Hy het voorheen as raadslid vir die Lejweleputswa-distriksmunisipaliteit van 2011-2014 gedien.[3]

Lewe en loopbaan

[wysig | wysig bron]

Michalakis is in Januarie 1988 in die Vrystaatse dorpie Winburg gebore. Hy het matriek aan die Hoërskool Winburg geslaag in 2006 en verder vir 'n LLB en BA Honneurs in Frans aan die Universiteit van die Vrystaat studeer.[2] Michalakis het die DA se grondwetwysiging opgestel om 'n kuberkommissaris as 'n hoofstuk 9-instelling in te stel, wat in 2023 deur advokaat Glynnis Breytenbach in die Nasionale Vergadering deurgevoer is.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. NPE2024 - Nasionale Kandidatelys soos op 10 April 2024
  2. 2,0 2,1 "George Michalakis". People's Assembly. Besoek op 12 Mei 2020.
  3. "Mr George Michalakis - Parliament of South Africa". www.parliament.gov.za. Besoek op 12 Mei 2020.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]