Gaan na inhoud

Nobuntu Hlazo-Webster

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Nobuntu Lindumusa Hlazo-Webster (gebore 3 April 1982) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en voormalige sakevrou. Sy is die medestigter en onderleier van Build One South Africa (BOSA), en sy verteenwoordig die party sedert Junie 2024 in die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika.

Hlazo-Webster het haar loopbaan in bemarking en mediaproduksie begin. Haar ondernemings het African Pursuit, haar bemarkings- en besigheidsontwikkelingskonsultasiediens ingesluit. Sy het die politiek in September 2022 betree toe sy BOSA saam met Mmusi Maimane geloods het, en sy was die party se kandidaat vir die premier van Gauteng in die algemene verkiesing in Mei 2024.

Vroeë lewe en opvoeding

[wysig | wysig bron]

Hlazo-Webster is op 3 April 1982[1] in Lamontville buite Durban gebore, maar sy het in die nabygeleë township eNanda grootgeword.[2] Sy het 'n graad in e-bemarking aan die IMM Graduate School ontvang.[2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Final Candidate Lists for 2024 National and Provincial Elections: National Candidates" (PDF). Electoral Commission of South Africa. 10 April 2024. Besoek op 26 Maart 2024.
  2. 2,0 2,1 Khanyile, Uslindile (6 November 2022). "Uhlezi elangazelela ukwenza izinto ngendlela eyehlukile". iLanga Lempelasonto (in Zulu). Besoek op 22 Julie 2024.{{cite news}}: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]