Winston Ridge
Winston Ridge | |
---|---|
Koördinate: 26°07′35″S 28°04′05″O / 26.12639°S 28.06806°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Johannesburg |
Hoofplek | Johannesburg |
Stigting | 7 Julie 1943 |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,49 km2 (0,19 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 1 031 |
• Digtheid | 2 104/km2 (5 450/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 57,6% |
• Indiërs/Asiërs | 6,9% |
• Bruin mense | 3,2% |
• Swart mense | 29,0% |
• Ander | 3,2% |
Taal (2011) | |
• Engels | 66,9% |
• Afrikaans | 7,7% |
• Zoeloe | 7,4% |
• Tswana | 3,5% |
• Ander | 14,5% |
Winston Ridge is ’n klein residensiële voorstad van Johannesburg, sowat 9 km noordnoordoos van die stadsaal.
Die voorstad beslaan net sowat 0,22 km², en strek sowat 600 m van oos na wes en 350 m van noord na suid. In die ooste grens dit aan die De Villiers Graaff-snelweg (M1) en Bramley, in die suide aan Birnam, in die weste en noorde aan Elton Hill. In die ou bedeling het dit deel gevorm van Sandton se munisipale gebied.
Winston Ridge is op die ou plaas Syferfontein aangelê en op 7 Julie 1943 geproklameer. Dis genoem ter ere van sir Winston Churchill, destyds premier van Groot-Brittanje, en na die rif of helling waarteen dit geleë is.
Ses jaar nadat dit uitgelê is, het Winston Ridge 37 Engelssprekende munisipale kiesers gehad en geen Afrikaanssprekendes nie. In 1961 het die Afrikaanssprekende kiesers toegeneem tot een en die Engelssprekendes tot 144.
Bronne
[wysig | wysig bron]- (en) Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers
- (af) Stals, prof. dr. E.L.P (red.). 1978. Afrikaners in die Goudstad. Deel 1. 1886 - 1924. Kaapstad en Pretoria: HAUM.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Subplek Winston Ridge". Sensus 2011.