Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/4 Januarie
Voorkoms
- 1493 – Christopher Columbus verlaat die Nuwe Wêreld en beëindig só sy eerste reis.
- 1938 – Noorweë eis Koningin Maudland in Antarktika op.
- 1948 – Mianmar verkry onafhanklikheid van die Britse Ryk sonder om die Britse Statebond te betree.
- 1959 – Loena 1 van die Sowjetunie se Loena-ruimteprogram word die eerste ruimtetuig wat om die maan vlieg.
- 1987 – Apartheid: Die Arbeiderspartyleier eerwaarde Allan Hendrickse en 150 ondersteuners baai in protesaksie by die Kings Beach-strand in Port Elizabeth, wat "slegs vir blankes" is.