Volver
Naam van werk | Volver |
---|---|
Deelgeneem aan | 19th European Film Awards |
Hoof onderwerp | Hiernamaals, intergenerationality |
Genre | komedie film, drama film, komedie-drama, misdaadrolprent |
Land van oorsprong | Spanje |
Oorspronklike taal | Spaans |
Publikasiedatum | 10 Maart 2006, 3 Augustus 2006, 17 Maart 2006 |
Regisseur | Pedro Almodóvar |
Draaiboekskrywer | Pedro Almodóvar |
Uitvoerende vervaardiger | Agustín Almodóvar |
Direkteur van fotografie | José Luis Alcaine |
Rolprentredakteur | José Salcedo |
Komponis | Alberto Iglesias |
Vervaardiger | Esther García Rodríguez |
Produksiehuis | El Deseo |
Verspreider | Sony Pictures Classics, Warner Bros. |
Ligging van verhaal | Madrid, La Mancha |
Verfilming plek | Madrid |
Aspek verhouding | 2.35:1 |
Kleur | kleur |
Review score | 7.8/10, 84/100, 91% |
Pryse ontvang | European Film Award for Best Actress, European Film Award for Best Cinematographer, European Film Award for Best Composer, European Film Award for Best Director, European Film Award – People's Choice Award for Best European Film |
Verspreiding | video-op-aanvraag |
CNC film rating (France) | no age restriction |
Filmiroda rating | Category II |
FSK film rating | FSK 12 |
JMK film rating | free from 12 years |
Amptelike webwerf | http://www.clubcultura.com/clubcine/clubcineastas/almodovar/volverlapelicula/index.html |
Assessment | Bechdel test, Mako Mori test |
Medierådet rating | For ages 15 and up |
BAMID film rating | 12+ |
Volver (Spaanse uitspraak : [bolˈβeɾ], wat "om terug te gaan" beteken) is 'n 2006 Spaanse dramarolprent, wat geskryf en gemaak was deur Pedro Almodóvar. Met die aktrise Penélope Cruz in die hoofrol, speel ook Carmen Maura, Lola Dueñas, Blanca Portillo, Yohana Cobo, en Chus Lampreave daarin.
Die rolprent handel oor 'n eksentriese vrouegesin van 'n windverwaaide streek suid van Madrid. Cruz speel Raimunda, 'n werkersklas vrou wat gedwing word om deur vele beproewinge te gaan ten einde haar 14-jarige dogter Paula, te beskerm. Om dit alles te kroon, verskyn haar moeder Irene uit die dood ten einde die vele los drade op te raap.
Die narratief kom van Almodóvar se vroeëre rolprent The Flower of My Secret (1995), waar dit as 'n roman dien wat verwerp word vir publikasie, maar gesteel word om die draaiboek te vorm van 'n rolprent genaamd The Freezer.
Die rolprent verkry sy inspirasie van die Italiaanse neorealisme van die laat 1940's tot vroeë 1950's, asook die werk van sulke pioniers soos Federico Fellini, Luchino Visconti, en Pier Paolo Pasolini.
Volver spreek temas soos seksuele misbruik en eensaamheid en dood aan; en meng die genres van die klugspel, tragedie, melodrama en magiese realisme. Dit speel af in die La Mancha streek van Spanje; te wete Almodovar se geboorteplek. Die rolprentmaker het sy opbrengs genoem as 'n wesenlike invloed op verskeie aspekte van die narratief en die karakters.
Volver het sy eerste opvoering gehad tydens die 2006 Cannes Rolprentfees, waar dit gekompeteer het vir die Palme d'Or. Dit het kritiese lof ontvang en het uiteindelik twee toekennings by die Fees ontvang, een vir Beste Aktrise (gedeel deur die ses hoof aktrises) en Beste Draaiboek.[1] Die film se Spaanse premiere was gehou op 10 Maart 2006 in Puertollano, Spanje waar die verfilming plaasgevind het. Cruz was genomineer vir die 2006 Oscar vir Beste Aktrise, wat haar die eerste Spaanse vrou gemaak het om ooit genomineer te word in daardie kategorie.[2]