Vaalwater
Voorkoms
Vaalwater Mabatlane | |
---|---|
R517 in Vaalwater | |
Koördinate: 24°17′S 28°06′O / 24.283°S 28.100°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Limpopo |
Distrik | Waterberg |
Munisipaliteit | Modimolle–Mookgophong |
Regering | |
• Tipe | Plaaslike Munisipaliteit |
Oppervlak | |
• Totaal | 10,51 km2 (4,06 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 3 964 |
• Digtheid | 377/km2 (980/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 11.8% |
• Indiërs/Asiërs | 0.3% |
• Bruin mense | 0.1% |
• Swart mense | 87.4% |
• Ander | 0.5% |
Taal (2011) | |
• Noord-Sotho | 64.3% |
• Afrikaans | 11.3% |
• Tsonga | 7.9% |
• Tswana | 6.7% |
• Ander | 9.7% |
Poskode (strate) | 8240 |
Poskode (posbusse) | 8240 |
Skakelkode | 014 |
Vaalwater is 'n dorp langs die Mokolorivier in die Limpopoprovinsie ten noorde van Suid-Afrika. Die munisipale kantoor se naam is tussen 2006 en 2007 na Mabatlane verander, maar die dorp se naam bly onveranderd. Die dorp lê net noord van die Waterberg.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]'n Takspoorlyn vanaf Nylstroom het Vaalwater in 1925 bereik. Gedurende September 1983 is die nuwe graansilo met 'n bakmaat van 30 000 ton geopen.
Trivia
[wysig | wysig bron]Die Sint Johannes die Doper-kerkgebou is 'n bekende baken op die dorp. Die kerk is deur Sir Herbert Baker ontwerp en op 15 Julie 1914 ingewy. Slegs plaaslike materiaal is gebruik om die kerk te bou. Die kerk kan 30 mense huisves. Die Mokolodam is sowat 50 km noordwes van Vaalwater.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Vaalwater". Sensus 2011.