Usambaraviooltjie
Usambaraviooltjie | |
---|---|
Saintpaulia ionantha 'Pink Amiss'. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. ionantha
|
Binomiale naam | |
Saintpaulia ionantha (H.Wendl.) Christenh., (2012)
|
Die Usambaraviooltjie (Saintpaulia ionantha) is ’n spesie plante uit die familie Gesneriaceae. Die spesie kom van nature voor in die Usambaraberge in Tanzanië, vandaar die Afrikaanse naam. In Oos-Afrika kom nog sowat 20 spesies voor in dieselfde genus, wat in Engels African violets genoem word. Dit is ’n uitstekende huisplant, maar die S. ionantha wat natuurlik voorkom, word geklassifiseer as byna bedreig.
Eienskappe
[wysig | wysig bron]Die blomme van die wilde spesie is blou-pers. Daar is egter kultivars ontwikkel met wit, pienk, rooi, tweekleurige en dubbele blomme. Die blare is in ’n rosetvorm. Die Usambaraviooltjie kan voortgeplant word deur blaarsteggies: ’n blaar kan in stukkies van sowat 1 x 1 cm geknip word. Elke stuk moet ’n aar bevat. As die stukke in vogtige grond geplant word, sal hulle ná ’n ruk wortels ontwikkel.
Probleme
[wysig | wysig bron]As die blare klein is en teenmekaar sit, moet die plant verplant word. Fosfaat kan by die water gevoeg word om blomgroei aan te moedig.[1]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992. ISBN 0 627 01827 0
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Usambaraviooltjie.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Usambaraviooltjie
- Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia