Tierhaai
Tierhaai | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Chondrichthyes |
Orde: | Carcharhiniformes |
Familie: | Carcharhinidae |
Genus: | Galeocerdo |
Spesie: | G. cuvier
|
Binomiale naam | |
Galeocerdo cuvier | |
Verspreiding | |
Sinonieme | |
Squalus cuvier Peron en Lessueur, 1822 |
Die tierhaai (Galeocerdo cuvier) is 'n groot haaispesie wat vanaf Valsbaai tot by Mosambiek aan die Suid-Afrikaanse kus voorkom. Dit is een van die min haaie wat gevaarlik is vir mense. In Engels staan die haai bekend as die Tiger shark.
Die volwasse haaie het donkerder, vertikale strepe oor die rug. Hulle het 'n knipvlies ('n membraan wat oor die oë kan beweeg), twee rugvinne, 'n buikvin en vyf kieusplete. Die tierhaai het ook 'n opvallende kort en stomp snoet. Die haai word tot 5,5 m lank en 900 kg swaar. Uitskieters kan nog groter en swaarder word, maar dit is uiters skaars.
Die tierhaai behoort aan die familie Carcharhinidae en is die enigste spesie in die genus Galeocerdo.
Dié haai is 'n gewilde toeriste-aantreklikheid vir skubaduikers by die Aliwal-bank.
Fotogalery
[wysig | wysig bron]-
'n Onvolwasse tierhaai in die Bahamas.
-
'n Tierhaai se kake.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bronne
[wysig | wysig bron]- Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6.
- Gids tot die kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0.
- "Galeocerdo cuvier". Integrated Taxonomic Information System. Besoek op 7 April 2006.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Galeocerdo cuvier. |