Gaan na inhoud

Tau Ceti e

Koördinate: Sky map 01h 44m 05s, −15° 56′ 15″
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Tau Ceti e
Eksoplaneet
Die ligging van die ster Tau Ceti in Cetus.
Die ligging van die ster Tau Ceti in Cetus.
Soort planeet Superaarde
Moederster Tau Ceti
Ster se eienskappe
Sterrebeeld Walvis
Regte klimming 01h 44m 05s
Deklinasie -15° 56′ 15″
Skynmagnitude (m) 3,5
Afstand (ligjaar) 11,905
Metaalinhoud −0,55 ± 0,05
Ouderdom 5,8 miljard jaar
Spektraaltipe G8.5V
Planeet
Massa 4,3 M
Wentelperiode 168,12 ± 2,0 dae[1]
Ontdekking
Datum 19 Desember 2012
Ontdekkers Tuomi et al.
Metode Radiale snelheid
Status Onbevestig
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Tau Ceti e is ’n onbevestigde eksoplaneet wat dalk om die Sonagtige ster Tau Ceti wentel op ’n afstand van 11,905 ligjare van die Son af. Dit is die vierde naaste planeet aan die ster. Dit is merkwaardig vanweë sy eienskappe as superaarde en ’n wentelbaan aan die warm binneste rand van Tau Ceti se bewoonbare sone.[2]

Ontdekking

[wysig | wysig bron]

Nes die ander vier planete van Tau Ceti is die planeet waargeneem danksy skommelings in die ster se radiale snelheid.[1] Weens dié ontdekkingsmetode is min van sy eienskappe bekend buiten sy wentelbaan en massa. Dit wentel elke 168 dae om die ster en het ’n minimum massa van 4,3 aardmassas, wat beteken dit is ’n superaarde.

As dit ’n aardagtige atmosfeer het, sal die temperatuur op die oppervlak sowat 70 °C (343 K) wees. Teen dié temperatuur sou net termofiele op Aarde kon oorleef.[2]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 Tuomi, M. (2013). "Signals embedded in the radial velocity noise: Periodic variations in the tau Ceti velocities" (PDF). Astronomy & Astrophysics. 551 (preprint): A79. arXiv:1212.4277. Bibcode:2012yCat..35519079T. doi:10.1051/0004-6361/201220509.
  2. 2,0 2,1 Planetary Habitability Laboratory @ UPR Arecibo (19 Desember 2012). "Two Nearby Habitable Worlds?". Persberig. Archived from the original on 8 Maart 2021. https://web.archive.org/web/20210308051741/http://phl.upr.edu/press-releases/twonearbyhabitableworlds. Besoek op 2013-12-28.