Tagalog
Tagalog Wikang Tagalog | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [tɐˈɡaːloɡ] | |
Gepraat in: | ![]() ![]() | |
Gebied: | Suidoos-Asië | |
Totale sprekers: | 25 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Austronesies Maleis-Polinesies Wes-Maleis-Polinesies Sentraal-Filippyns Tagalog | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet Baybayin-skrif (histories) | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | ![]() | |
Gereguleer deur: | Komisyon sa Wikang Filipino | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | tl
| |
ISO 639-2: | tgl
| |
ISO 639-3: | tgl
| |
![]() | ||
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |

Noordelike Tagalog-dialekte
Sentrale Tagalog-dialekte
Suidelike Tagalog-dialekte
Marinduque-dialekte

Tagalog (Wikang Tagalog, [tɐˈɡaːloɡ]) is die belangrikste taal van die Filippyne en vorm saam met Engels die de facto amptelike tale van die Filippyne, met Filippyns as die de jure amptelike taal. Die taal word veral op die hoofeiland Luzon rondom die hoofstad Manila in die Sentraal-Filippyne gepraat. Daarbenewens word Tagalog deur emigrante in die Verenigde State gepraat, veral in die deelstate Hawaii en Kalifornië.[2] Dit is die grootste nie-Engelse taal van Hawaii, sowat 17,7% van alle huishoudings gebruik Tagalog.[3]
Die naam "Tagalog" is afgelei van die endoniem taga-log ("rivierbewoner"), saamgestel uit tagá- ("inheems" of "van") en ilog ("rivier").
Taalkundiges klassifiseer Tagalog as 'n Maleis-Polinesiese taal wat nou verwant aan Cebuano is. Dit is ietwat minder verwant aan Indonesies en Maleis en het daarnaas nog 'n los verbintenis met Malgassies in Madagaskar.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Tagalog" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op 12 Januarie 2018.
- ↑ (en) Rubino, Carl (2005). "Chapter Eleven: Iloko". In Adelaar, Alexander (red.). The Austronesian Language of Asia and Madagascar. Himmelmann, Nikolaus P. Routledge. p. 326. ISBN 0-7007-1286-0.
- ↑ "The Non-English Speaking Population in Hawaii" (PDF) (in Engels). State of Hawaii Department of Business, Economic Development & Tourism Research and Economic Analysis Division. p. 4. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 November 2018. Besoek op 13 Januarie 2018.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tagalog.
Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Tagalog.
- (en) "Tagalog language". Encyclopædia Britannica. Besoek op 12 Januarie 2018.