Susan B. Anthony
Susan Anthony | |
---|---|
Susan Anthony in 1855 | |
Gebore | Susan Brownell Anthony 15 Februarie 1820 Adams, Massachusetts |
Sterf | 13 Maart 1906 Rochester, New York |
Nasionaliteit | Verenigde State van Amerika |
Beroep | Onderwyser |
Bekend vir | Vroueregte-aktivis |
Handtekening | |
Susan Brownell Anthony (15 Februarie 1820 – 13 Maart 1906) was 'n Amerikaanse vroueregte-aktivis. In weerwil van die wet, gaan stem sy op 5 November 1872 tydens die land se presidensiële verkiesing en word daarvoor gearresteer. Sy is op 18 Junie 1873 met $100 vir haar optrede beboet.[1]
Anthony begin op 19-jarige ouderdom as 'n onderwyseres te werk, maar het gou in aktivisme teen slawerny en alkoholisme betrokke geraak. In die 1850's het sy nou saam met Elizabeth Cady Stanton om die regte van vroue, onder andere die reg om te stem, geveg. Sy was vir verskeie jare die redakteur van die koerant, The Revolution. Sy was ook vir etlike jare die leier van die National Women's Suffrage Association, wat hulle vir die stemreg van vroue beywer het.
Veertien jaar na haar dood word die Amerikaanse grondwet gewysig om stemreg aan vrouens te verleen. Sy word later die eerste vrou om op 'n Amerikaanse muntstuk (die een-dollar munt) te pryk.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Living Our Values through the Years" (in Engels). Rochester Unitarian.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Maart 2012. Besoek op 30 November 2013.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Susan B. Anthony.