Gaan na inhoud

Sout (chemiese stof)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Soutkristal

'n Sout is 'n stof wat uit positiewe en negatiewe ione bestaan (onderskeidelik katione en anione). Die belangrikste soort sout is natriumchloried of tafelsout (Na+Cl-), wat in die alledaagse taalgebruik gewoonweg "sout" genoem word.

In 'n vastestoftoestand word die ione van soute deur ioniese binding in 'n kristalrooster vasgehou. Soute is ook die produkte van neutralisasieprosesse.

As soute in water opgelos word, ontstaan elektroliete, wat elektrisiteit kan gelei. Die proses kan vir elektrolise gebruik word.

Soute kan ys smelt, omdat dit die temperatuur wat nodig is om 'n vloeistof te vries verlaag.[1] As gevolg hiervan word strate soms in die winter met soute behandel.[2]

Stabiliteit, smeltpunt, oplosbaarheid

[wysig | wysig bron]

Ioniese soute dank hulle stabiliteit hoofsaaklik aan die elektrostatiese energie wat met die aantrekking en digpakking van die ione saamhang. 'n Positiewe ioon word in 'n kristal deur 'n aantal negatiewe ione omring en hulle weer deur 'n skil positiewe ione en so verder. Die Madelung-konstante A bepaal hoeveel bindingsenergie 'n bepaalde rooster so bydra.

Algemeen kan gestel word dat:

Die waarde van r word bepaal deur die afstand tussen die ione. Die faktor verteenwoordig die ladings van die kat- en die anioon. Indien = sal die bindingsenergie rofweg viermaal so groot wees as indien =. Dit verklaar waarom magnesiumoksied Mg2+O2− 'n baie hoër smeltpunt het as Na+F. Albei stowwe het dieselfde B1-struktuur en die ione het amper dieselfde grootte. Die verskil in oplosbaarheid kan so ook verklaar word. Soute met ione wat 'n lae lading het soos Na-soute of Cl-soute is dikwels oplosbaar. Stowwe soos MgO is minder oplosbaar.

Daar is nogtans uitsonderings op hierdie reël, soos silwerchloried AgCl, wat nie goed in water oplos nie. Die binding in hierdie stof is nogtans nie suiwer ionies nie, maar het gedeeltelik 'n kovalente karakter.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. http://www.sciencebase.com/science-blog/salt-lowers-freezing-point-of-water.html
  2. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 21 Maart 2017.