Gaan na inhoud

Sheila Meiring Fugard

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Sheila Meiring Fugard
NasionaliteitSuid-Afrikaans
Alma materUniversiteit van Kaapstad

Sheila Meiring Fugard (Gebore in 1932 in Birmingham, Engeland as Sheila Meiring) is 'n Brits-Suid-Afrikaanse skryfster. Sy skryf in Engels, en is getroud met die dramaturg Athol Fugard.

Sheila Meiring het in 1940 saam met haar ouers na Suid-Afrika verhuis. Sy het aan die Universiteit van Kaapstad gestudeer en in teateropvoerings verskyn. Sy het Athol Fugard ontmoet terwyl sy in een van sy toneelstukke verskyn het; Hulle is in 1956 getroud.[1]

In 1972 is Fugard se eerste roman, The Castaways, gepubliseer, waarvoor sy die CNA-prys en die Olive Schreiner-prys ontvang het. Die roman Rite of Passage is in 1976 gepubliseer en A Revolutionary Woman in 1983. Laasgenoemde roman speel af in die Karoo in die 1920's, en handel oor 'n volgeling van Mahatma Gandhi. Die Engelse vrou word deur haar Indiese kêrel in die steek gelaat. Hierna is sy betrokke by 'n verhouding met 'n jong bruinman, wat egter 'n verstandelik gestremde Boeremeisie verlei het en daarna deur die Boere agtervolg word.[2]

Fugard het ook gedigte geskryf; In 1975 is die digbundel Threshold gepubliseer. In 1983 is Mythic Things gepubliseer. In 1984 is haar biografie van die Boeddhistiese non Tenzin Palmo gepubliseer.

Haar man het in die verhoogweergawe van The Castaways gespeel. Sy het etlike jare in Kalifornië deurgebring. Sy woon sedert 2014 apart van haar man.[3] Hul dogter Liza Fugard, wat in Kalifornië woon , is 'n aktrise en skryfster.

Toekennings

[wysig | wysig bron]
  • 1972: CNA-prys vir The Castaways
  • 1973: Olive Schreiner-prys vir The Castaways[4]

Werke

[wysig | wysig bron]

Romans

[wysig | wysig bron]
  • 1972: The Castaways. Macmillan, Johannesburg.
  • 1976: Rite of Passage. Ad Donker, Johannesburg.
  • 1983: A Revolutionary Woman. George Braziller, New York.

Poësie

[wysig | wysig bron]
  • 1975: Threshold. Ad Donker, Johannesburg.
  • 1983: Mythic Things. Ad Donker, Johannesburg.
  • 1992: Reclaiming Desert Places. Indlovu.
  • 2007: The Magic Scattering of a Life. Free Lizard Press.

Drama

[wysig | wysig bron]
  • 2007: The San Woman.[5]

Biografie

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Craig McLuckie (Okanagan College) (2003-10-08). "Athol Fugard (1932–)". The Literary Encyclopedia. URL besoek op 2008-09-29. 
  2. Beskrywing by kirkusreviews.com (Engels), besoek op 28 April 2017
  3. edelstein- hummingbird Athol Fugard Gets Personal In 'Shadow of the Hummingbird' At Long Wharf.[dooie skakel] In: Hartford Courant (Engels), besoek op 28 April 2017
  4. Pryswenners by englishacademy.co.za (Engels), besoek op 28 April 2017
  5. Kort verslag by rodrolle.photoshelter.com (Engels)

Ekstere skakels

[wysig | wysig bron]