Gaan na inhoud

Redoute

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Engelse Devonshire-redoute op die Bermuda-eilande (1614)
'n Model van 'n redoute-fort
'n Reliëfplan van die versterkings van Neuf-Brisach, Elsas, Frankryk, vanaf 1698 ontwerp en gebou deur Sébastien Le Prestre de Vauban, militêre ingenieur in diens van koning Lodewyk XIV, as sy laaste groot projek. By die toegangspoorte is redoutes opgerig

'n Redoute (ook redout ontleen uit Frans; Italiaans: ridotto; uit die Latynse reductus "teruggetrokke"), is 'n klein geslote veldskans, gewoonlik as vierkante versterking opgerig, dikwels as poligoon (veelhoek) uitsluitlik uitspringende hoeke, maar in sy mees volmaakte vorm as ronde vesting verwesenlik.[1] As permanente of tydelike fortifikasie het dit vanaf die 16de tot die 19de eeu deel uitgemaak van militêre vestingbou. Redoutes is normaalweg buite 'n fort gevestig om die buitenste lyn van verdediging te vorm, of te beskerm. Dit word ook gebruik op kuste, om die afwerping en deurtog van soldate te belemmer, of tot stilstand te bring. Die ontwikkeling van moderne bewegingsoorlog-taktieke het die gebruik van redoutes uitgedien geraak.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. E.S. Norman Campbell: A Dictionary of the Military Science. London: Baldwin and Cradock, Paternoster-Row; and T. Egerton, Whitehall 1830, bl. 202. Uittreksel aanlyn beskikbaar: Google Books