Gaan na inhoud

Oos-Vlaandere

Koördinate: 51°0′N 3°45′O / 51.000°N 3.750°O / 51.000; 3.750
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Oos-Vlaandere

Oost-Vlaanderen
Provinsie
Lovendegem
Vlag van Oos-Vlaandere
Vlag
Wapen van Oos-Vlaandere
Wapen
Ligging van die provinsie Oos-Vlaandere in België
Ligging van die provinsie Oos-Vlaandere in België
Koördinate: 51°0′N 3°45′O / 51.000°N 3.750°O / 51.000; 3.750
LandVlag van België België
Gewes Vlaandere
HoofstadGent
Regering
 • GoewerneurCarina Van Cauter (Open Vld)
Oppervlak
 • Totaal3 007,05 km2 (1 161,03 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal1 561 316
 • Digtheid519/km2 (1 340/vk. myl)
 1 Januarie 2023
TydsoneUTC+01:00 (MET)
 • SomertydUTC+02:00 (MEST)
Webwerfwww.oost-vlaanderen.be

Oos-Vlaandere (Nederlands: Oost-Vlaanderen, Frans: Flandre-Orientale, Duits: Ostflandern) is 'n Belgiese provinsie in Vlaandere. Die provinsie het 'n bevolking van sowat 1 561 000 in 2023 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 3 007 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 519 per km². Die hoofstad is Gent.

Oos-Vlaandere lê in die noordweste van België en grens aan die Nederlandse provinsie Zeeland. In die provinsie word Nederlands gepraat. Daar is twee dialekte in die provinsie: Oos-Vlaamse en Brabants (in die Denderstreek).

In die suide lê die Vlaamse Ardenne. Deur die provinsie vloei die Schelderivier (Skelde), die Leie en die Dender. Die hoogste punt is die Hotondberg (150 m) in die Vlaamse Ardenne ('n groene en heuwelachtige landskap) op die grens van die munisipaliteite Ronse en Kluisbergen.

Administratiewe indeling

[wysig | wysig bron]

Oos-Vlaandere is in administratiewe opsig in ses arrondissemente verdeel:

Die arrondissimente is in 60 munisipaliteite verdeel.


Kaart van die arrondissemente en munisipaliteite (Duitse Bezirk beteken arrondissement)

Verwysings

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]


Provinsies, geweste en gemeenskappe van België

Brusselse Hoofstedelike Gewes
Vlaamse Gewes: Antwerpen | Limburg | Oos-Vlaandere | Vlaams-Brabant | Wes-Vlaandere
Waalse Gewes: Brabant wallon (Waals-Brabant) | Hainaut (Henegouwe) | Liège/Lüttich (Luik) | Luxembourg (Luxemburg) | Namur (Namen)
Vlaamse Gemeenskap | Franse Gemeenskap | Duitstalige Gemeenskap