Gaan na inhoud

Ongewerweldes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Thelenota ananas, 'n voorbeeld van 'n ongewerwelde dier.
'n Vlieg.

Ongewerwelde diere of invertebrate is diere sonder 'n werwelkolom of ruggraat.

Die belangrikste verskil tussen gewerwelde en ongewerwelde diere is die aanwesigheid van 'n versterkte werwelkolom aan die sentrale senuweestelsel, wat by ongewerweldes ontbreek. Dit blyk dat gewerwelde diere uit ongewerwelde diere ontwikkel het, en vorm gewerweldes in vergelyking met ongewerwelde diere 'n minderheid in die diereryk. Ongeveer 98% van alle soorte diere word gereken as ongewerweldes. Dit is egter geen koherente groep diere nie, aangesien die meeste ongewerwelde diere meer eienskappe met gewerwelde diere deel as met ander ongewerweldes.

Agtergrond

[wysig | wysig bron]

Die term ongewerweld is ingevoer deur die Franse bioloog Jean-Baptiste de Lamarck om diere soos insekte, pylinkvisse en wurms te onderskei van die vertebrata of gewerwelde diere. Lamarck deel die ongewerweldes verder op in twee groepe: insekte en wurms. Hierdie taksonomiese indeling van die ongewerweldes is met 'n toename in kennis inmiddels veel verder verfyn.

Taksonomie

[wysig | wysig bron]

Die ongewerwelde diere vorm streng gesproke geen taksonomiese vlak nie, maar 'n parafilitiese groep. Die ongewerweldes bestaan uit 'n versameling verskillende stamme en onderstamme.

Tot die ongewerweldes behoort die volgende (onder)stamme:

Stamme wat tot die ongewerwelde diere behoort

[wysig | wysig bron]

(35 stamme in totaal)

Onderstamme van die Chordata wat tot die ongewerwelde diere behoort

[wysig | wysig bron]
  • Cephalochordata
  • Hyperotreti of Myxini
  • Tunicata (Manteldiere)

Eienskappe

[wysig | wysig bron]

Elke ongewerwelde beskik oor 'n gemeenskaplike eienskap, naamlik die afwesigheid van 'n werwelkolom. Omdat alle ongewerweldes tot die diereryk behoort, is hulle almal heterotroof (het ander organismes nodig as voedingsbron) en eukariote. As gevolg van hul taksonomiese diversiteit is hulle onderling verskillend wat betref o.a. hul liggaamlike simmetrie, segmentasie, gelede aanhangsels en spysverteringstelsel.

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • Hyman, L. H. 1940. The Invertebrates (6 volumes) New York : McGraw-Hill. A classic work.
  • Anderson, D. T. (Ed.). (2001). Invertebrate zoology (2nd ed.). Oxford: Oxford University Press.
  • Brusca, R. C., & Brusca, G. J. (2003). Invertebrates (2nd ed.). Sunderland, Mass. : Sinauer Associates.
  • Miller, S.A., & Harley, J.P. (1996). Zoology (4th ed.). Boston: WCB/McGraw-Hill.
  • Pechenik, Jan A. (2005). Biology of the invertebrates. Boston: McGraw-Hill, Higher Education. pp. 590 pp. ISBN 978-0-07-234899-6.
  • Ruppert, E. E., Fox, R. S., & Barnes, R. D. (2004). Invertebrate zoology: a functional evolutionary approach. Belmont, CA: Thomas-Brooks/Cole.


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.