Namakwalandse madeliefie
Voorkoms
Namakwalandse madeliefie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | D. sinuata
|
Binomiale naam | |
Dimorphotheca sinuata DC., (1838)
| |
Sinonieme | |
|
Die Namakwalandse madeliefie (Dimorphotheca sinuata) is 'n eenjarige blomplant en is Suid-Afrika se gewildste lenteblom. Die spesie is inheems, maar nie endemies aan Suid-Afrika nie. Dit kom in die Wes-, die Noord-Kaap en Namibië voor. Op die SANBI-rooilys word dit as veilig (LC) gelys.[1]
Blomtyd is Julie tot September. Die blomme is groot en oranje of geel en gaan slegs in sonlig oop. Hulle draai altyd na die son. Die plant verkies vol son en matige water. Dit staan ook as die jakkalsblom, jakkalsbloubossie en Namakwalandse gousblom bekend.
Galery
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020.
Bronne
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Dimorphotheca sinuata. |
- Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 ISBN 978-1-86919-324-9
- Plants of the World Online