Gaan na inhoud

Nahas Angula

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Nahas Angula
Nahas Angula

Minister van Verdediging
Ampsbekleër
Termynaanvang
4 Desember 2012
President Hifikepunye Pohamba (2005–2015)
Hage Geingob (2015–hede)
Eerste minister Hage Geingob (2012–2015)
Saara Kuugongelwa (2015–hede)
Voorafgegaan deur Charles Ndaxu Namoloh

Ampstermyn
21 Maart 2005 – 4 Desember 2012
Vise Marco Hausiku
President Hifikepunye Pohamba
Voorafgegaan deur Theo-Ben Gurirab
Opgevolg deur Hage Geingob

Persoonlike besonderhede
Gebore 22 Augustus 1943 (1943-08-22) (81 jaar oud)
Onyaanya-kiesafdeling, Suidwes-Afrika
Politieke party SWAPO
Eggenoot/-note Katrina Tangeni Namalenga
Kind(ers) 2
Alma mater Universiteit van Zambië
Columbia-Universiteit
Universiteit van Manchester
Religie Lutheranisme

Nahas Gideon Angula (gebore op 22 Augustus 1943[1][2]) is 'n Namibiese politikus, wat as eerste minister van Namibië tussen 2005 en 2012 gedien het. Hy beklee sedert 2012 die amp as minister van verdediging.

Politieke loopbaan

[wysig | wysig bron]

Angula is gebore in Onyaanya, Osjikoto, in die destydse Suidwes-Afrika. Hy was in ballingskap buite Namibië tussen 1965 en 1989. Gedurende hierdie tydperk het hy tussen 1973 en 1976 vir Radio Zambië gewerk en vir die Verenigde Nasies as staatsamptenaar tussen 1976 en 1980 gedien voordat hy in 1980 'n SWAPO-organiseerder geword het. Hy was in beheer van SWAPO se kieserregistrasie in 1989.[1] Onmiddellik voor onafhanklikheid, Angula was 'n SWAPO-lid van die grondwetgewende vergadering, wat in plek was vanaf November 1989 tot Maart 1990.[3] Hy is 'n lid van die Nasionale Vergadering sedert 1990, en was minister van onderwys, sport en kultuur tussen 1990 en 1995 en minister van hoër onderwys vanaf 1995[1][2] tot 2005.

Angula het die hoogste aantal stemme, 395 (gelyk met Jerry Ekandjo), in die verkiesing tot die Sentrale Komitee van SWAPO by die party se kongres in Augustus 2002 verkry.[4] Hy was een van die drie kandidate wat SWAPO genomineer het as die party se presidensiële kandidaat in Mei 2004.[5] Hy het die derde plek in die eerste ronde bereik, waar hy 137 stemme ontvang het, terwyl Hifikepunye Pohamba 213 stemme ontvang het en Hidipo Hamutenya 166, en hy dus uitgesluit is van die tweede ronde. Diegene wat Angula ondersteun het gerugsteun Pohamba byna sonder uitsondering in die tweede ronde van die verkiesing, en Pohamba het oorwin.[6]

Op 21 Maart 2005, toe Pohamba ingesweer is as president van Namibië, het hy aangekondig dat hy Angula as eerste minister van Namibië sal aanstel.[7]

Nadat Hage Geingob op 2 Desember 2012 herkies is as SWAPO se adjunkpresident, en dus bevestig is as SWAPO se 2014 presidensiële kandidaat, het president Pohamba op 4 Desember 2012 Angula benoem om Geingob as eerste minister te vervang. Angula is in plaas aangestel as minister van verdediging.[8][9]

Onderwys en persoonlike lewe

[wysig | wysig bron]

Angula het 'n meestersgraad in onderwys van die Universiteit van Columbia ontvang.[10] Hy is 'n lid van die Lutherse kerk.[11]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 Profile on Namibian parliament website.
  2. 2,0 2,1 Biographies of Namibian Personalities, klausdierks.com.
  3. List of members of the Constituent Assembly, parliament.gov.na.
  4. "The ruling party's new Central Committee" Geargiveer 9 Maart 2003 op Wayback Machine, The Namibian, 27 Augustus 2002.
  5. "Meet the men who are vying for Nujoma's job", Reuters (IOL), 28 Mei 2004.
  6. Petros Kuteeue, "Pohamba the winner" Geargiveer 16 Junie 2004 op Wayback Machine, The Namibian, 31 Mei 2004.
  7. "Namibia's new president takes office", AFP (IOL), 22 Maart 2005.
  8. "Namibia leader taps trade minister as likely successor" Geargiveer 29 Oktober 2013 op Wayback Machine, Reuters, 4 Desember 2012.
  9. Selma Shipanga and Shinovene Immanuel, "Transition team picked" Geargiveer 6 Desember 2012 op Wayback Machine, The Namibian, 5 Desember 2012.
  10. [1]
  11. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2011. Besoek op 9 Januarie 2015.
Voorafgegaan deur
Charles Ndaxu Namoloh
Minister van Verdediging
2012–hede
Opgevolg deur
Ampsbekleër
Voorafgegaan deur
Theo-Ben Gurirab
Eerste minister van Namibië
2005–2012
Opgevolg deur
Hage Geingob