Max van der Stoel
Max van der Stoel | |
Max van der Stoel in 1981 | |
Hoë Kommissaris oor die Nasionale Minderhede van die OVSE
| |
Ampstermyn 1 Januarie 1993 – 1 Julie 2001 | |
Voorafgegaan deur | Amp geskep |
---|---|
Opgevolg deur | Rolf Ekéus |
Lid van die Staatsraad
| |
Ampstermyn 1 Augustus 1986 – 1 Januarie 1993 | |
Nederlandse ambassadeur by die Verenigde Nasies
| |
Ampstermyn 1983 – 1 Augustus 1986 | |
Minister van Buitelandse Sake
| |
Ampstermyn 11 September 1981 – 29 Mei 1982 | |
Eerste minister | Dries van Agt |
Voorafgegaan deur | Chris van der Klaauw |
Opgevolg deur | Dries van Agt |
Ampstermyn 11 Mei 1973 – 19 Desember 1977 | |
Eerste minister | Joop den Uyl |
Voorafgegaan deur | Norbert Schmelzer |
Opgevolg deur | Chris van der Klaauw |
Adjunk-minister vir Buitelandse Sake
| |
Ampstermyn 22 Julie 1965 – 22 November 1966 | |
Eerste minister | Jo Cals |
Voorafgegaan deur | Isaäc Nicolaas Theodoor Diepenhorst |
Opgevolg deur | Leo de Block |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 3 Augustus 1924 Voorschoten, Nederland |
Sterf | 23 April 2011 Den Haag, Nederland |
Politieke party | PvdA |
Alma mater | Leiden Universiteit |
Religie | Geen |
Max van der Stoel (* 3 Augustus 1924 in Voorschoten, † 23 April 2011 in Den Haag) was 'n Nederlandse politikus en lid van die Party van die Arbeid (PvdA), 'n sosiaal-demokratiese politieke party. Sy politieke standpunte was gematig links. Van der Stoel was 'n kampvegter vir menseregte en het ook die bestryding van linkse sowel as regse diktature tot een van sy politieke hoofdoelwitte gemaak.
Van der Stoel was van 1973 tot 1977 in die linkse Den Uyl-kabinet en van 1981 tot 1982 in die sentrum-linkse Van Agt II-kabinet minister van Buitelandse Sake. Van 1983 tot 1986 was hy ambassadeur by die Verenigde Nasies en van 1993 tot 2001 Hoë Kommissaris vir Nasionele Minderhede van die Organisasie vir Veiligheid en Samewerking in Europa (OVSE). Hy was ook 'n lid van die Eerste sowel as Tweede Kamer asook van die Europese Parlement en het die amp van adjunk-minister beklee.
Max van der Stoel het in die regte aan die Universiteit van Leiden studeer. Hy is in 2011 in die ouderdom van 86 jaar oorlede.[1]
Bronne
[wysig | wysig bron]- ↑ Bekende minister uit Den Uyl-era sterf as kampvegter vir minderheidsregte[dooie skakel], April 2011, Koerant.co.za
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Max van der Stoel.