Lee Chul-seung
Voorkoms
Hierdie is 'n Koreaanse naam, die van is Lee.
Lee Chul-seung (Hangul: 이철승) (gebore 29 Junie 1972) is 'n voormalige manstafeltennisspeler van Suid-Korea.
By die Olimpiese Somerspele 1992 in Barcelona het hy saam met Kang Hee-chan die bronsmedalje in die mansdubbelspel gewen. Vier jaar later, by die Olimpiese Somerspele 1996 in Atlanta, VSA, het hy weer die brons medalje in die mansdubbelspel gewen saam met Yoo Nam-kyu.
Tydens die grootste gedeelte van die 1990's en vroeë 2000's was hy die voorste dubbelspeler in Suid-Korea, en het saam met ses verskillende spanmaats gespeel.