Kaz McFadden
Voorkoms
Kaz McFadden | |
Geboorte | 16 Desember 1984 Pretoria |
---|---|
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Akteur |
Aktiewe jare | 2006 - Huidig |
Rolprente | Die wonderwerker, Knysna, Strikdas |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Kaz McFadden (gebore 16 Desember 1984) is 'n Suid-Afrikaanse akteur. Hy is veral bekend vir sy rol as Dewald in 7de Laan. Hy het ook in kykNET se sepies Villa Rosa en Binnelanders verskyn, asook films soos Die wonderwerker, Knysna en Strikdas.[1]
Biografie
[wysig | wysig bron]McFadden is op 16 Desember 1984 in Pretoria gebore. Hy matrikuleer in 2002 van die HTS John Vorster in Rietfontein. Daarna studeer hy aan die "Performing Arts Lifestyle Institute" in beide teater en film.
Filmografie
[wysig | wysig bron]- Egoli: Afrikaners is plesierig, 2009; as Alexander
- Bakgat 2!, 2010; as Perry
- Die wonderwerker, 2012; as Adriaan van Rooyen
- Angus Buchan's Ordinary People, 2012; as Jake Cloete
- Knysna, 2014; as James Cloete
- Strikdas, 2015; as Vossie Voster
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Profiel op tvsa.co.za, besoek op 22 September 2012