Hirosjima
Hirosjima 広島市 Hiroshima-shi | |
---|---|
Stad | |
![]() | |
![]() Ligging van Hirosjima in die Hirosjima-prefektuur | |
Ligging van Hirosjima in Japan | |
Koördinate: 34°23′N 132°27′O / 34.383°N 132.450°O | |
Land | Japan |
Gebied | Tsjoegokoe, Saniogebied |
Prefektuur | Hirosjima-prefektuur |
Regering | |
• Burgemeester | Kazumi Matsui |
Oppervlak | |
• Totaal | 906,68 km2 (350,07 vk. myl) |
Hoogte | 55 m (180 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 1 199 391 |
• Digtheid | 1 300/km2 (3 000/vk. myl) |
Tydsone | UTC+9 (JST) |
Poskode | 730-8586 |
Skakelkodes | 082 |
Boom | Cinnamomum camphora |
Blom | Selonsroos (Oleander) |
Webwerf | http://www.city.hiroshima.jp/ |
Die Japannese stad Hirosjima (広島市, Hirosjima-shi) is die hoofstad van die Hiroshima-prefektuur en sedert die herbou van die stad na die Tweede Wêreldoorlog die grootste stad in die Tsjoegokoestreek van Wes-Honsjoe, die grootste eiland van Japan. Die stad is geleë by 34°23′07″N, 132°27′19″O (die stadshuis). Hirosjima is daarvoor bekend dat dit die eerste stad in die geskiedenis is wat die teiken van kernwapenoorlog was in die Tweede Wêreldoorlog. Hierdie gebeurtenis het plaasgevind op 6 Augustus 1945 om 8:15 v.m., in die Stille Oseaan-oorlogstoneel, toe die Verenigde State se lugmag, die (USAAF) 'n atoombom genaamd "Little Boy" op die stad laat val het.[1] Die grootste deel van Hirosjima is verwoes en teen die einde van die jaar is daar 166 000 mense dood weens die ontploffing en die daaropvolgende newe-effekte. Die Hirosjima-vredesgedenkteken (ook bekend as die Atoombomkoepel en die Giru-koepel), die enigste oorblywende struktuur in die gebied van die ontploffing, is 'n Unesco-wêrelderfenisgebied wat as 'n herinnering aan die atoombomaanval dien.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Hirosjima is in 1589 as 'n kasteeldorpie op die Ōtarivierdelta gestig. Na die Meiji-restourasie in 1868 het dit vinnig verander in 'n belangrike stedelike sentrum en nywerheidspilpunt. In 1889 het Hirosjima amptelik munisipale status verkry en teen 1980 'n bevolking van 500 000 oorskry. Die stad was ook die middelpunt van militêre aktiwiteite gedurende die Imperiale era en het 'n beduidende rol in die Eerste Chinees-Japannese Oorlog, die Russies-Japannese Oorlog en die twee wêreldoorloë gespeel. Die stad se huidige burgemeester is Kazumi Matsui, wat in April 2011 ingehuldig is. Die bevolkingsyfer het in 2019 ongeveer 1,2 miljoen mense getel.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Tsutomu Yamaguchi, die enigste persoon wat beide atoombomontploffings, Hirosjima en Nagasaki, oorleef het.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Hakim, Joy (5 Januarie 1995). A History of US: Book 9: War, Peace, and All that Jazz. New York: Oxford University Press. ISBN 978-0195095142.