Hadera
Hadera חֲדֵרָה | |
---|---|
Stad | |
Uitsig oor die stad | |
Koördinate: 32°27′0″N 34°55′0″O / 32.45000°N 34.91667°O | |
Land | Israel |
Distrik | Haifa |
Stigting | 1891 |
Stadstatus | 1952 |
Regering | |
• Burgemeester | Zvika Gendelman (Yesh Atid) |
Oppervlak | |
• Totaal | 53 km2 (20 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 91 634 |
Tydsone | UTC+2 (IST) |
• Somertyd | UTC+3 (IDT) |
Webwerf | hadera.muni.il |
Hadera (Hebreeus: חֲדֵרָה; Arabies: الخضيرة) is 'n Israelse stad in die noordelike Sharonvlakte, tussen Netanya en Haifa. Die stad word dikwels aangedui as die noordelike grens van die metropool van Tel Aviv ("van Gadera tot Hadera") en het in Desember 2005 74 700 inwoners gehad. Dit is die hoofstad van 'n subdistrik met dieselfde naam wat in die Haifadistrik geleë is.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Hadera is opgerig as 'n landboudorp in 1891, op grond wat Jode aangekoop het in die destydse Ottomaanse Ryk.
In 1936 word 'n sentrale sinagoge gebou, gedeeltelik op oorblyfsels van 'n ou herberg.
Ekonomie
[wysig | wysig bron]Deesdae werk die meeste inwoners in die diensindustrie en die stad se industrie en buite die stad as pendelaars. Die groot werkgewers van die stad sluit in die Mediese Sentrum Hillel Yaffe en die kragsentrale Orot Rabin. Orot Rabin ("ligte van Rabin") is 'n steenkoolsentrale, waarvoor die brandstof veral uit Suid-Afrika ingevoer word. Die kole word op 'n pier op pale gelos en met 'n vervoerband na die sentrale vervoer.
Die sosiaal-ekonomiese profiel van die stad is gemiddeld op Israelse skaal (5 uit 10), maar die gemiddelde salaris van werknemers lê onder die landelike gemiddelde. Daar woon 1048 vroue vir elke 1000 mans.
Kultuur en toerisme
[wysig | wysig bron]Hadera het lang strande aan die Middellandse See. Die stad is trots op 'n semi-professionele simfoniese strykorkes en een van die oudste blaasorkeste van Israel, die brandweerorkes. Dié orkes is gestig deur Otto Gronich, die vader van komponis/sanger Shlomo Gronich, moontlik die bekendste seun van die stad. Die olimpiese kampioen sylplankrykampioen Gal Fridman is ook in Hadera gebore, maar bloot omdat die streekshospitaal dienste verleen het aan sy woonplek Pardes Hana-Karkur.
Susterstede
[wysig | wysig bron]- Saint Paul, Minnesota, Verenigde State (sedert 1981)
- Neurenberg, Beiere (sedert 1995)
- Charlotte, Noord-Carolina, Verenigde State (sedert 2008)
- Haren, Groningen, Nederland
- Besançon, Frankryk (sedert 1964)
- Derbent, Rusland (sedert 2006)
Gebore
[wysig | wysig bron]- Gal Fridman (1975), sylplankryer
- Ilan Gronich, violis
- Shlomo Gronich, musikus
- Sarit Hadad (1978), sangeres
- Ofra Harnoy, tjelliste
- Moshe Kahlon (1960), politikus