Gaan na inhoud

Gnaeus Iulius Agricola

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Gnaeus Iulius Agricola
Gnaeus Iulius Agricola

Standbeeld van Agricola te Bath, Brittanje

Geboortedatum 13 Julie 40 n.C.
Geboorteplek Gallia Narbonensis
Sterfdatum 23 Augustus 93 n.C. (53 jaar oud)
Sterfplek Gallia Narbonensis
Lojaliteit Romeinse Ryk
Jare in diens 58–85
Rang Proconsul
Poste beklee Legio XX Valeria Victrix
Gallia Aquitania
Britannia
Veldslae/oorloë Slag tussen Boudicca en Paulinus
Slag van Mons Graupius
Toekennings Ornamenta triumphalia

Gnaeus Iulius Agricola (13 Julie 40 n.C.23 Augustus 93 n.C.) was 'n Romeinse generaal wat 'n leidende rol gespeel het in die Romeinse verowering van Brittanje. Sy biografie, die De vita et moribus Iulii Agricolae, was die eerste van sy skoonseun, die historikus Tacitus, se gepubliseerde werke. Dit is die hoofbron aangaande Agricola,[1] maar Dio Cassius[2] en drie inskripsies wat in Brittanje aangetref is, insluitend die inskripsie op die Verulamiumplein, verwys ook na Agricola.

Agricola is gebore in 'n gesiene politieke familie, en het sy militêre loopbaan in Britannia begin, waar hy onder goewerneur Gaius Suetonius Paulinus diens gedoen het. In sy daaropvolgende loopbaan het hy 'n verskeidenheid van ampte beklee; hy is aangestel as quaestor in die provinsie Asia in 64, toe as volkstribuun in 66 en praetor in 68. Hy het Vespasianus gesteun in die jaar van die vier keisers (69), en is na Vespasianus se bewindsoorname die opperbevel in Brittanje toegeken. Toe sy bevel in 73 verstryk, is hy opgeneem as patrisiër in Rome en is hy aangestel as goewerneur oor Gallia Aquitania. Hy is aangestel as konsul en goewerneur van Britannia in 77. Met sy verblyf daar het hy die oorgrote deel van die huidige Wallis en Noord-Engeland verower, en 'n ekskursie onderneem na die Skotse laelande, waar hy Romeinse dominansie vir 'n tyd lank gevestig het. Daar word gespekuleer dat hy ook 'n ekspedisie na Ierland kon onderneem het. Hy is in 85 van Brittanje teruggeroep na 'n buitengewoon lang dienstydperk, waarna hy uit sy militêre amp getree en die openbare lewe agtergelaat het.

Notas

[wysig | wysig bron]