Gerard ter Borch II
Gerard ter Borch II | |
---|---|
Selfportret circa 1668 | |
Gebore | Desember 1617 Zwolle, Overijssel, Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande (tans Nederland) |
Sterf | 8 Desember 1681 (op 64) Deventer, Overijssel, Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande (tans Nederland) |
Nasionaliteit | Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande |
Veld | Skildery |
Gerard ter Borch (gebore in Zwolle, ? Desember 1617 – oorlede in Deventer, 8 Desember 1681), ook bekend onder die naam Gerard Terborch, was 'n Nederlandse kunsskilder. Hy is veral bekend vir sy klein en galante genrestukke, maar het ook portrette geskilder. Oor sy lewe is meer bekend as van vele ander skilders uit die sewentiende eeu.
Biografie
[wysig | wysig bron]Gerard ter Borch het sy skildervaardighede by sy vader, Gerard ter Borch I (of Gerard ter Borch die Oue) wie 'n hoë amp beklee het, en wie self ook 'n amateur kunsskilder was, aangeleer. Gerard II het vir drie van sy eie kinders ook die kuns geleer. Sy dogter Gesina het in haar albums talryke familiegebeurtenisse vasgelê; sy seun Moses was in eie reg 'n talentvolle skilder maar het in 1667 by die vloot aangesluit maar in die Slag van Medway gesterf.
In 1933 het Gerard in Haarlem gaan werk in die ateljee van Pieter de Molijn. Sy landskappe is deur Ter Borch van figure voorsien. In 1635 het hy na Engeland verhuis en het hy sy oom besoek. Na sy oom oorlede is aan die pes is Gerard terug na Zwolle. Hy het vandaar na Italië gereis en hom in 1640 in Rome gevestig, maar het waarskynlik op pad ook Frankryk en die Suidelike Nederlande besoek
In 1645 keer hy terug na Nederland en gaan woon in Amsterdam. In 1646 het hy die Amsterdamse diplomaat Pauw na Münster vergesel en op die reis het hy een van sy beroemdste stukke geskilder: "Die Vredeskonferensie tussen Holland en Spanje". Hy wou so baie geld vir die werk hê dat hy dit uiteindelik nie kon verkoop nie. Een van die Spaanse diplomate genaamd Peñeranda het Ter Borch na Spanje geneem, waar hy o.a. Filips IV van Spanje geskilder het. In 1654 keer hy terug na Nederland.
In die jare vyftig het Ter Borch begin fokus op die genreskilderkuns. Op hierdie genrestukke is mense (soldate) in hulle daaglikse omgewing te sien, wat in onderlinge, soms in misterieuse of amoreuse onderlinge verhouding tot mekaar staan. Die genre is ontwikkel deur die Amsterdamse skilders Pieter Codde en Willem Duyster.
Hy was 'n leermeester vir o.a. Caspar Netscher en Gabriel Metsu, Frans van Mieris en Eglon van der Neer is deur Ter Borch se werke beïnvloed.
Hy is begrawe in die Grote of Sint-Michaëlskerk in Zwolle.[1]
Werke
[wysig | wysig bron]Afbeelding | Titel | Land | Plek | Museum |
---|---|---|---|---|
Portret van Helena van der Schalcke (1646–1671) (circa 1648) |
Nederland | Amsterdam | Rijksmuseum Amsterdam | |
Gerard Abrahamsz van der Schalcke (1609–67). Lakenkoper te Haarlem. (1644) |
Nederland | Amsterdam | Rijksmuseum Amsterdam | |
Memorieportret van Moses ter Borch (1667–1669) Hierdie portret is saam met sy half-suster Gesina geskilder |
Nederland | Amsterdam | Rijksmuseum Amsterdam | |
Portret van Godard van Reede van Nederhorst | Nederland | Amsterdam | Rijksmuseum Amsterdam | |
Aletta Pancras (1649–1707). Eggenote van François de Vicq | Nederland | Amsterdam | Rijksmuseum Amsterdam | |
Mark in Haarlem (circa 1634) |
Nederland | Amsterdam | Rijksmuseum Amsterdam | |
Seun met neergeslane oë (circa 1675) |
Nederland | Amsterdam | Rijksmuseum Amsterdam | |
Vrou voor 'n spieël (circa 1650) |
Nederland | Amsterdam | Rijksmuseum Amsterdam | |
Meisie, landelik geklee (waarskynlik Gerard se half-suster Gesina) (circa 1650) |
Nederland | Amsterdam | Rijksmuseum Amsterdam | |
Die briefskryfster (circa 1655) |
Nederland | Den Haag | Mauritshuis | |
Selfportret (circa 1668) |
Nederland | Den Haag | Mauritshuis | |
Portret van Anthonie Charles de Liedekercke, sy vrou Willemina van Braeckel en hul seun Samuel (1650–1655) |
Nederland | Haarlem | Frans Hals Museum | |
Die spinster (circa 1653) |
Nederland | Rotterdam | Museum Boijmans Van Beuningen | |
Portretminiatuur van Don Caspar de Bracamonte y Guzmán, Conde de Peñeranda (1596–1676), leier van die Spaanse afvaardiging by die vredesonderhandeling te Münster. (1645–1648) |
Nederland | Rotterdam | Museum Boijmans Van Beuningen | |
Die Luttekepoort in Zwolle (circa 1650) |
Nederland | Zwolle | Onbekend | |
Portret van Andries de Graeff (1674) |
Nederland | Onbekend | Onbekend | |
Portret van Jacob de Graeff (tweede helfte van die 17e eeu) |
Nederland | Amsterdam | Rijksmuseum Amsterdam | |
Portret van Cornelis de Graeff (circa 1673) |
Nederland | Amsterdam | Mauritshuis | |
Galante gesprek Ook: Die vaderlike vermaning (circa 1654) |
Duitsland | Berlyn | Gemäldegalerie | |
Die konsert (1655) |
Duitsland | Berlijn | Gemäldegalerie Berlin | |
Die triktrakspel (circa 1640) |
Duitsland | Bremen | Kunsthalle Bremen | |
Die luitspeelster | Duitsland | Dresden | Gemäldegalerie Alte Meister | |
Dame wat haar hande was | Duitsland | Dresden | Gemäldegalerie Alte Meister | |
Skrywende offisier, met 'n trompetter | Duitsland | Dresden | Gemäldegalerie Alte Meister | |
Die brief (>1660) |
Duitsland | München | Alte Pinakothek | |
Seun besig om hondjie te vlooi | Duitsland | München | Alte Pinakothek | |
Die leser | Duitsland | Schwerin | Staatliches Museum Schwerin | |
Die galante soldaat | Frankryk | Parys | Louvre | |
Vrou wat appels skil (circa 1660) |
Oostenryk | Wenen | Kunsthistorisches Museum Wien | |
Hermana von der Cruysse (1615–1705) (1667–1669) |
Oostenryk | Wenen | Kunsthistorisches Museum Wien | |
Portret van 'n vrou | Rusland | Moskou | Poesjkinmuseum | |
Die beswering van de vrede tussen die Nederlande en Spanje (Vrede van Münster) (1648) |
Verenigde Koninkryk | Londen | National Gallery | |
Offisier wat 'n brief dikteer (1655–1658) |
Verenigde Koninkryk | Londen | National Gallery | |
Vrou wat theorbe bespeelt (1667–1668) |
Verenigde Koninkryk | Londen | National Gallery | |
Dame aan toilettafel | Verenigde Koninkryk | Londen | Wallace Collection | |
Dame in haar kamer (1660) |
VSA | Detroit, MI | Detroit Institute of Arts | |
Die Koeistal (circa 1650) |
VSA | Los Angeles | Getty Center |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Doorn van, F. (2007). 1000 plekken die je echt gezien moet hebben. Arnhem: Terra Lannoo B.V. ISBN 9789058977410
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Gerard ter Borch (II). |