Flamink
Voorkoms
Flamink | |
---|---|
'n Rooiflamink (Phoenicopterus ruber) | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Phoenicopteridae |
Genera | |
| |
Verspreiding van spesies in die familie |
Die flaminke (Phoenicopteridae) is 'n familie van voëls. Die familie bestaan uit groot waadvoëls met lang nekke en bene, asook rooi en swart vlerke. Hulle word algemeen by vleie aangetref.
Flaminke is vantevore onder die biologiese orde van Ooievaaragtiges (Ciconiiformes) ingedeel. Tans word hulle egter in 'n eie orde, die Phoenicopteriformes geplaas. Die familie bestaan uit 6 spesies.
Taksonomie
[wysig | wysig bron]- Genus Phoeniconaias
- Phoeniconaias minor (Kleinflamink) – kom voor in Oos-Afrika, die Persiese Golf en Noordwes-Indië
- Genus Phoenicoparrus
- Phoenicoparrus andinus (Andesflamink) – kom voor in die Chileense Andes
- Phoenicoparrus jamesi (James se flamink) – kom voor in die Andes van Peru en Noord-Chili
- Genus Phoenicopterus
- Phoenicopterus chilensis (Chileense flamink) – kom voor in gematigde Suid-Amerika
- Phoenicopterus roseus (Grootflamink) – kom voor in die Middellandse Seegebied, Wes-Asië en Afrika.
- Phoenicopterus ruber (Rooiflamink) – kom voor in die Karibiese gebied en op die Galápagos-eilande
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Flamink.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Flamink
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir flamink.