Gaan na inhoud

Emily Temple-Wood

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Emily Temple-Wood
Gebore24 Mei 1994 (1994-05-24) (30 jaar oud) [1]
NasionaliteitAmerikaans
Alma materLoyola University Chicago (B.A.)
BeroepWikipedian in residence
Bekend virSkep Wikipedia artikels oor vroue wetenskaplikes

Emily Temple-Wood (gebore 24 Mei 1994, in Chicago, Illinois)[1] is 'n Amerikaanse Wikipedia outeur wat die skryfnaam Keilana gebruik. Sy is bekend vir haar pogings om die gevolge en oorsake van geslagsvooroordeel op Wikipedia teen te werk, veral deur artikels oor vroue in die wetenskap te skep. Sy was 'n medeontvanger van die 2016 Wikipedian of the Year toekenning, wat op 24 Junie 2016 deur Jimmy Wales by Wikimania bekend gemaak is.

Vroeë lewe

[wysig | wysig bron]

Temple-Wood is die dogter van Laura Temple en Andrew Wood. Sy het op Avery Coonley School in Downers Grove, Illinois skoolgegaan.[2] 'n 2017 Wired artikel beskryf haar as "die tipe skoolkind wat geweier het om op te staan om die Eed van Getrouheid te sweer, omdat sy die idee dat kinders 'n lojaliteits-eed moet sweer, bisar gevind het."[3] Sy het die 2008 DuPage County Spelling Bee gewen,[4] wat daartoe gelei het dat sy deelgeneem het aan die 2008 Scripps National Spelling Bee,[5] waar sy deurgedring het tot die kwarteindronde[6][7] en die 46ste plek bereik het.[8] Haar hoërskool was Downers Grove North High School, waar sy 'n lid van die toespraakspan was wat vier medaljes, onder andere die eerste plek, by die 2011 Illinois Hoërskoolvereniging staatskompetisie in Peoria gewen het.[9] As 'n senior hoërskoolstudent is sy tot die "top twee persent" in 2012 vernoem.[10] In Mei 2016 het sy by Loyola Universiteit in Chicago grade in molekulêre biologie en Arabiese en Islamitiese studies verwerf, en het in 2016 haar studies by die mediese skool van Chicago se Midwestern Universiteit voortgesit.[11][12]

Werk op Wikipedia oor vroue in die wetenskap

[wysig | wysig bron]

Temple-Wood het nasionale persdekking gekry omdat sy soveel Wikipedia artikels oor vroue wetenskaplikes geskep het, en ook omdat sy 'n kampvegter is om hulle profiel op Wikipedia te verhoog. Sy het haar eerste bydrae tot Wikipedia in 2005 gemaak, toe sy 10 jaar oud was, toe sy 'n artikel geskep het waarin sy haar suster 'n "stupid butthead" genoem het. Die artikel is vinnig verwyder.[13] Sy het op die ouderdom van 12 ernstig begin bydra tot Wikipedia,[14] en is in dieselfde jaar reeds aanlyn geteister as gevolg van haar Wikipedia bydraes.[15] Sy het in middle school (junior hoërskool) begin om oor vroue wetenskaplikes te skryf.[16] Sy was in 2012 'n mede-stigter van Wikipedia se WikiProject Vroue Wetenskaplikes;[17] sedertdien het sy honderde Wikipedia artikels oor vroulike wetenskaplikes geskryf.[18] Sy het hiermee begin toe sy opgemerk het hoe min vroue wat lede van die Royal Society Wikipedia artikels het.[19] Sy het aan die Wikimedia-Stigting verduidelik dat toe sy die eerste keer dit opgemerk het, sy kwaad geraak het en net daar in die koshuisgang tot 2 v.m. haar eerste vroue-in-wetenskap artikel geskryf het.[20][21] Die artikel waaroor sy die trotsste is, is die een oor Rosalyn Scott, die eerste Afro-Amerikaanse vrou om 'n torakale chirurg te word.[22]

Temple-Wood het ook edit-a-thons (byeenkomste waar Wikipedia geskryf word) georganiseer by museums en biblioteke met die doel om die profiel van vroue wetenskaplikes op Wikipedia te verhoog.[23] In Oktober 2015 het sy in 'n onderhoud met The Atlantic gesê dat sy 4400 vroue wetenskaplikes geïdentifiseer het wat nie Wikipedia-artikels het nie, alhoewel elkeen van hulle bekend genoeg was om een te kry.[24] In Maart 2016 het sy internasionale aandag van die media gekry as gevolg van haar benadering tot aanlyn seksuele teistering wat sy ontvang het: vir elke e-pos van hierdie aard wat sy ontvang het, het sy beplan om 'n Wikipedia artikel oor 'n vroue wetenskaplike te skep.[25][26][27][28] Sy het aan BuzzFeed Nuus verduidelik dat sy daardeur die frustrasie wat sy oor die teistering ervaar vir 'n produktiewe doel wou gebruik.[29] In Mei 2016 het sy vir the Fader vertel dat dit haar natuurlike reaksie is, wanneer sy 'n gaping in die projek se dekking sien, om 'n projek te loods, byvoorbeeld met die Vroue Wetenskaplikes projek. Omdat die verhaal van die geskiedenis deur mans oorheers is, kan vroue terug in die verhaal ingeskryf word o.a. deur seker te maak dat vroue biografieë ingesluit word in Wikipedia.[30]

Haar werk het daartoe gelei dat sy in 2016, saam met Rosie Stephenson-Goodknight, tot mede-Wikipedianer van die jaar benoem is.[31]

Posisies

[wysig | wysig bron]

Temple-Wood is die vise-president van Wikimedia-DC, die Distrik van Columbia-area Wikimedia organisasie.[32] Sy is ook 'n raadslid van die Wiki-Project Med-Stigting,[33] en 'n Wikipedian in Residence by die National Institute for Occupational Safety and Health (Nasionale Instituut vir beroepsveiligheid en Gesondheid).[34]

Publikasies

[wysig | wysig bron]
  • Temple-Wood, Emily. "Rewriting the History of Women in Science". Scientific American (in Engels). 317 (3): 70–71. doi:10.1038/scientificamerican0917-70.
  • Temple-Wood, Emily (1 Oktober 2014). "Wikipedia and the New Web". Facebook Nation. Springer New York. pp. 189–199. ISBN 978-1-4939-1739-6.
  • "Exploring the Role of Raw in the Embryonic Nervous System" in 56th Annual Drosophila Research Conference., Genetics Society of America. "March 4-8, 2015" [dooie skakel]
  • Temple-Wood, Emily (12 April 2016). "It's Time These Ancient Women Scientists Get Their Due". Nautilus.
  • Silva, Diane (29 November 2016). "Regulation of Gonad Morphogenesis in Drosophila melanogaster by BTB Family Transcription Factors". PLOS ONE. 11 (11): e0167283. doi:10.1371/journal.pone.0167283.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 https://twitter.com/keilanawiki/status/724317244789035008.
  2. https://www.questia.com/article/1G1-142593196/three-kids-outwit-outlast-and-outspell-opponents.
  3. https://www.wired.com/2017/02/one-womans-brilliant-fuck-you-to-wikipedia-trolls/.
  4. https://www.highbeam.com/doc/1N1-11F8DC445811C9F8.html.
  5. http://abc7chicago.com/archive/6170351/.
  6. http://abc7chicago.com/archive/6180779/.
  7. (May 30, 2008).
  8. http://www.averycoonley.org/news/17889/Avery-Coonley-Students-Honored-by-Lieutenant-Governor-Pat-Quinn.htm.
  9. http://www.triblocal.com/oak-brook/community/stories/2011/02/speech-team-at-north-high-school-in-downers-grove-places-eighth-receives-four-state-medals/.
  10. http://patch.com/illinois/woodridge/10-students-named-to-downers-grove-north-s-top-two-percent.
  11. http://www.itweb.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=151064.
  12. http://rabble.ca/podcasts/shows/msrepresent/2016/05/emily-temple-wood-if-her-name-survived-this-long-thats-huge-indic.
  13. http://www.huffingtonpost.co.uk/netha-hussain/countering-the-systemic-bias-on-wikipedia--an-interview-with-emily-temple-wood_b_5064947.html.
  14. http://www.telegraph.co.uk/women/life/student-praised-for-tackling-sexist-wikipedia-by-creating-page-f/.
  15. http://www.rd.com/true-stories/inspiring/wikiproject-women-scientists/.
  16. http://www.scmp.com/news/hong-kong/article/1295872/wikipedia-fails-bridge-gender-gap.
  17. http://www.the-scientist.com/?articles.view/articleNo/45541/title/Student-Fights-Harassment-with-Wikipedia/.
  18. Lee, Newton (2016). Google It: Total Information Awareness. p. 87.
  19. http://www.huffingtonpost.co.uk/entry/emily-temple-wood-science-student-who-writes-a-new-wikipedia-entry-on-women-every-time-shes-harassed_uk_56e6801be4b03fb88eddc932.
  20. http://jezebel.com/a-biologist-is-writing-a-wikipedia-article-about-a-woma-1763915872.
  21. http://blog.wikimedia.org/2013/10/11/emily-temple-wood-profile/.
  22. http://www.bbc.com/news/blogs-trending-35787730.
  23. Cohen, Noam (19 Maart 2014). "Warming Up to the Culture of Wikipedia". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Julie 2019. Besoek op 10 Maart 2016.
  24. https://www.theatlantic.com/technology/archive/2015/10/how-wikipedia-is-hostile-to-women/411619/.
  25. Gibson, Caitlin (11 Maart 2016). "How one young female scientist decided to cope with online harassment". The Washington Post. Besoek op 14 Maart 2016.
  26. http://www.huffingtonpost.com/entry/emily-temple-wood-wikipedia_us_56e0f90ce4b065e2e3d4dc33.
  27. El Asri, Lucía (9 Maart 2016). "Esta 'wikipedista' está poniendo a las científicas en el lugar que se merecen". eldiario.es (in Spaans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Mei 2019. Besoek op 11 Maart 2016.
  28. Winkel, Sarah (10 Maart 2016). "Pour chaque mail sexiste reçu, elle crée la page Wikipédia d'une scientifique". 7sur7 (in Frans). Persgroep Digital. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 September 2018. Besoek op 11 Maart 2016.
  29. http://www.buzzfeed.com/kellyoakes/this-student-adds-a-woman-in-science-to-wikipedia-every-time#.coyMvOoG1.
  30. http://www.thefader.com/2016/05/26/tech-feminism-roundtable.
  31. https://blog.wikimedia.org/2016/06/24/wikipedians-of-the-year/.
  32. https://wikimediadc.org/wiki/Board_of_Directors.
  33. https://meta.wikimedia.org/wiki/Wiki_Project_Med#Positions_on_the_board.
  34. https://blog.wikimedia.org/2015/05/19/occupational-safety-and-health/.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]