Gaan na inhoud

Edwyn Bevan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Edwyn Robert Bevan
Gebore 15 Februarie 1870
Londen, Engeland
Oorlede 18 Oktober 1940 (op 70)
Londen, Engeland
Nasionaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Vakgebied Filosofie, Geskiedenis

Edwyn Robert Bevan OBE, FBA (gebore 15 Februarie 1870 in Londen - oorlede 18 Oktober 1943 in Londen[1]) was 'n veelsydige Engelse filosoof en geskiedkundige van die Helleense wêreld. Hy was die veertiende van sestien kinders van Robert Cooper Lee Bevan, 'n vennoot in Barclays Bank, en sy tweede vrou Frances Emma Shuttleworth, dogter van Philip Nicholas Shuttleworth, Biskop van Chichester.

Hy het 'n akademiese posisie te King's College London beklee. Die Arabis Anthony Ashley Bevan was sy broer, die komplotteoris Nesta Helen Webster was sy jongste suster en die kunstenaar Robert Polhill Bevan 'n neef. Hy het in 1896 getrou met Daisy Waldegrave, dogter van Granville Waldegrave, 3de Baron Radstock. Die egpaar het twee dogters gehad.

Bevan is 'n eredoktorsgraad toegeken by St. Andrews in 1922, en 'n ere-D.Litt. deur Oxford in 1923. In 1942 word hy 'n Deelgenoot van die Britse Akademie.

Werke

[wysig | wysig bron]
  • The House of Seleucus (1902) 2 bande
  • Indian Nationalism: An Independent Estimate (1913)
  • Stoics and Skeptics (1913)
  • German War Aims (1917)
  • Ancient Mesopotamia: The Land of The Two Rivers (1917)
  • German Social Democracy During the War (1918)
  • The German Empire of Central Africa as the Basis of a New German World Policy (1918) met Emil Zimmermann
  • Hellenism and Christianity (1921)
  • The Hellenistic Age (1923) met J. B. Bury, E. A. Barber en W. W. Tarn
  • The House of Ptolemy (1927)
  • The World of Greece and Rome (1927)
  • Later Greek Religion (1927)
  • Sibyls and Seers: A Survey of Some Ancient Theories of Revelation and Inspiration (1928)
  • The Legacy of Israel (1928) redakteur met Charles Singer
  • Thoughts on Indian Discontents (1929)
  • Jerusalem under the high priests: five lectures on the period between Nehemiah and the New Testament (1930)
  • The hope of a world to come; underlying Judaism and Christianity (1930)
  • The Poems of Leonidas of Tarentum (1931)
  • Christianity (1932)
  • Our Debt to the Past (1932) met andere
  • After Death (1934) met andere
  • Symbolism and Belief (1938) Gifford-lesings
  • Holy Images: An Inquiry Into Idolatry and Image-Worship in Ancient Paganism and in Christianity (1940)
  • Christians in a World at War (1940)

Notas

[wysig | wysig bron]
  1. Gifford-lesings - Biografie - Edwyn Bevan by www.giffordlectures.org

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]