Gaan na inhoud

Douglas DB-7

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Douglas DB-7
A-20G van die United States Army Air Forces
Tipe Bomwerper
Vervaardiger Douglas Aircraft Company
Ontwerp deur Ed Heinemann
Nooiensvlug 23 Januarie 1939
Status Uit diens gestel
Hoofgebruikers Franse Lugmag
Britse Lugmag
Amerikaanse Lugmag
Aantal gebou 7 478
Weergawes Douglas DC-5

Die Douglas DB-7 is 'n tweemotorige bomwerper wat tydens die Tweede Wêreldoorlog deur die Amerikaanse, Britse en Franse Lugmagte gebruik is. Die vliegtuig het sy nooiensvlug op 23 Januarie 1939 onderneem.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die vervaardiger Douglas het in 1938 'n ontwerp van sy model 7A ingedien na aanleiding van 'n spesifikasie van die Amerikaanse Leër. Die spesifikasie het 'n tweemotorige aanvalsbomwerper versoek. Douglas is toestemming verleen om twee prototipes te bou. Die eerste prototipe het as Model 7B bekend gestaan en was toegerus met 1 100 perdekrag Twin Wasp motors en het 'n driewielonderstelontwerp gehad.

Die Franse Lugmag het in Februarie 1939 sy eerste bestelling van 100 eenhede geplaas.

Tegniese besonderhede

[wysig | wysig bron]
Besonderhede van die Douglas Boston IIIA:
Item Statistiek
Aantal motors 2
Tipe motor Skroef
Vervaardiger Wright R-2600-23 Cyclone stermotor
Kraglewering per motor 1 600 perdekrag
Vlerkspan 18,69 m
Lengte 14,40 m
Hoogte 5,36 m
Maks. opstygmassa 11 113 kg
Maks. snelheid 550 km/h op 3 962 m
Operasionele hoogte 7 391 m
Togafstand met maks. bomvrag 1 690 km
Bewapening Twee 0.30 Browning masjiengewere weerskante in die neus
en twee in dorsale skiettoring
Een 0.303 Vickers masjiengeweer in ventrale posisie.
Bomvrag 907 kg in bomlaai