Gaan na inhoud

Diofisitisme

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Diofisitisme of duofisitisme (van die Griekse dio, "twee", en phýsis, "natuur") is ’n Christologiese term wat gebruik word om die goddelike en die menslike natuur van Christus in een persoon te beskryf. Dit beteken letterlik "twee nature".

Diofisitisme beskryf die posisie van die Konsilie van Chalcedon in 451 n.C. Dit is veral vir die Chalcedoniërs gebruik deur diegene wat die konsilie verwerp het en staan teenoor monofisitisme (die geloof dat Christus een enkele, goddelike natuur het) en miafisitisme (dat Christus een natuur het wat beide goddelik en menslik is). Die Oriëntaal-Ortodokse kerke beskou hulself as miafisiete.

Diofisitisme is ook gebruik om die dwaalleer van Nestorius, die patriarg van Konstantinopel, te beskryf dat Christus twee nature het wat geskei is: die menslike Jesus en die goddelike Logos. Die gebruik van die term om voorstaanders van die Konsilie van Chalcedon te beskryf (wat later die Oosters-Ortodokse en die Rooms-Katolieke Kerk sou word) het daaraan gegrens om hulle Nestoriaans te noem, wat nie juis is nie omdat hulle klem lê op die algehele eenheid van die twee nature. Baie historiese teoloë glo die verskil lê hoofsaaklik tussen twee terme as twee werklike gelowe.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia