Die verhaal van Racheltjie de Beer (rolprent)
Hierdie artikel moet bygewerk word. |
Die Verhaal van Racheltjie de Beer | |
---|---|
Regisseur | Matthys Boshoff |
Vervaardiger | Johan Kruger |
Draaiboek | Brett Michael Innes en Matthys Boshoff |
Musiek deur | Chris Letcher |
Kinematografie | Willie Nel |
Redigeerder | Warwick Allen |
Ateljee | Brittle Star Pictures |
Verspreider | Indigenous Film Distribution |
Uitgereik | 18 Oktober 2019 |
Speeltyd | 96 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans, Engels |
Racheltjie de Beer is 'n Afrikaanse rolprent wat op 18 Oktober 2019 vrygestel is. Die regisseur is Matthys Boshoff en die Vervaardiger Johan Kruger. Die draaiboek is geskryf deur Brett Michael Innes en Matthys Boshoff. Die rolprent is die eerste keer tydens die Silwerskermfees te Kampsbaai vertoon. Stian Bam, wat die rol van Racheltjie se vader (Herman de Beer) speel, is met 'n Silwerskermtoekenning vir sy treffende vertolking vereer.[1] Chantel Carter het ook met 'n Silwerskermtoekenning weggestap vir beste produksie-ontwerp vir Die Verhaal van Racheltjie de Beer.
Die rolprent is vervaardig in die Oos-Vrystaat (Fouriesburg gebied).
Rolverdeling
[wysig | wysig bron]- Herman de Beer - Stian Bam
- Racheltjie de Beer - Zonika de Vries
- Klein Racheltjie de Beer - Marli de Jager
- Jamie de Beer - Johannes Jordaan
- Marie de Beer - Beaté Opperman
- George Lundt - Marius Weyers
- Sara Lundt - Antoinette Louw
- Jacoba Lundt - Sandra Prinsloo
- Lazarus - Seputla Sebogodi
- Kingsley - Charlie Bouguenon[2]
Storie
[wysig | wysig bron]Die rolprent vertel die aangrypende verhaal van die jong Afrikaner-meisie, Racheltjie de Beer in die Voortrekker-era wat een koue winternag haar lewe gegee het om haar boetie te red.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ https://maroelamedia.co.za/vermaak/flieks/video-lokprent-van-racheltjie-de-beer-rolprent-bekendgestel/ . Besoek en opgespoor op 27/08/2019
- ↑ https://www.litnet.co.za/ikoniese-verhaal-van-racheltjie-de-beer-tot-rolprent-verwerk/ Datum van gebruik: 2024/06/24