Gaan na inhoud

Canon EOS 1300D

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Canon EOS 1300D
Model Canon EOS 1300D/EOS Rebel T6/EOS Kiss X80
Tipe Digitale enkellensreflekskamera
Beeldsensor CMOS APS-C 22.3 mm × 14.9 mm (1.6x omrekenfaktor)
Stoormedium Secure Digital-kaart
SDHC
SDXC
Beeldverwerker DIGIC 4+
Resolusie 18,0 effektiewe megapieksels, 5184 × 3456
Lens Omruilbare EF, EF-S
Flits E-TTL II ingeboude outomatiese opwip; versoenbaar met Canon se EX-reeks Speedlite eksterne warmskoen flitse
Sluiter Fokusvlak
Sluiterspektrum 1/4000 tot 30 s en gloeilamp; X-sync teen 1/200 s.
Meting Volle lensopening TTL, 63-sone iFCL SPC
Beligtingsmodusse Volouto, Portret, Landskap, Naby, Sport, Nagportret, Geen flits, Program AE, Sluiterprioriteit Lensopeningprioriteit, Hand, Outo-velddiepte, Kreatiewe outo, movie
Metermodusse Evaluerende, gedeeltelik (10% teen senter) en senter-geweegde gemiddeld
Fokusareas 9-punt outofokus
Fokusmodusse AI Fokus, Enkelskoot, AI Servo, lewendig-bekyk (FlexiZone - enkel, gesigbespeur, AF Quick)
Deurlopende skiet 3 raampies/s vir 69 JPEG, of vir 6 RAW leêrs
Beeldsoeker Oogvlak pentaspieël SLR, 95% dekking, 0.80x vergroting / LCD (Lewendig-bekyk)
Spoedspektrum ISO 100 tot 6400 (uitbreibaar tot H: 12800)
Flitsgroepering Ja
Witbalans Outo, Daglig, Skadu, Bewolk, Tungstenlig, Wit Fluoreseerlig, Flits, gebruiker-verstelbaar
Witbalans-
groepering
±3 stoppe in 1-stop inkremente
LCD-skerm 3,0 dm (7,6 cm) kleur TFT LCD, 920 000 pieksels
Battery Li-ioon LP-E10 herlaaibare batterypak (860 mAh)
Massa 485 g (CIPA)
Oorsprong Taiwan / Japan

Die Canon EOS 1300D is 'n 18.0-megapieksel digitale enkellensreflekskamera wat deur Canon in 2016 bekendgestel is. Dit staan bekend as die Rebel T6 in die Amerikas of die Kiss X80 in Japan.[1] Dit op 10 Maart 2016 vrygestel teen 'n voorgestelde kleinhandelprys van $549.00.[2][3]

Die 1300D is 'n intreevlak DSLR wat die EOS 1200D vervang het. Sleutelfunksies wat bygevoeg is, is Wi-Fi en nabyveldkonneksie (NFC) vir die oordrag van data na toestelle soos rekenaars en slimfone.[4][5][6]

Funksies

[wysig | wysig bron]
  • 18.0 effektiewe megapieksel APS-C CMOS sensor
  • 9 punte AF met 1 kruistipe punt in die middel op f/5.6, ekstra sensitiwiteit by f/2.8 of vinniger (behalwe wanneer 'n EF 28-80mm f/2.8-4L USM lens of EF 50mm f/2.5 kompakte makrolens aangeheg is)
  • ISO sensitiwiteit 100 – 6400 (uitbreibaar tot H: 12800)
  • 95% soekraampie dekking met 0.80 x vergroting
  • 1080p Vol HD video-opname teen 24p, 25p (25 Hz) en 30p (29.97 Hz) met valraamtydsberekening
  • 720p HD video-opname teen 60p (59.94 Hz) en 50p (50 Hz)
  • 480p ED video-opname teen 30p en 25p
  • 3.0& rame per sekonde deurlopende skiet
  • 3.0" in 4:3 verhouding TFT LCD-kleurskerm

Verskille in vergelyking met die 1200D:

  • DIGIC 4+ beeldverwerker (in plaas van die DIGIC 4)
  • 3.0 duim-skerm met 920.000 kolletjies resolusie (die 1200D het 460.000 kolletjies met die dieselfde aspekverhouding)
  • Wi-Fi en NFC konnektiwiteit (nie op die 1200D)

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Canon EOS 1300D (EOS Rebel T6)" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 20 Maart 2016.
  2. "Share Moments On-The-Go With The New Canon EOS Rebel T6 DSLR Camera" (in Engels). Canon USA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Desember 2018. Besoek op 11 Maart 2016.
  3. "EOS Kiss X80" (in Japannees). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Mei 2018. Besoek op 20 Maart 2016.
  4. "Canon's new wireless DSLR is seriously budget-friendly" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2017. Besoek op 20 Maart 2016.
  5. "Canon EOS 1300D brings Wi-Fi to the entry-level DSLR" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2017. Besoek op 20 Maart 2016.
  6. "For the $550 Rebel T6, Canon sprinkles a tiny bit of update dust on T5" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Mei 2016. Besoek op 20 Maart 2016.


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.