Brigitte Bierlein
Brigitte Bierlein | |
Brigitte Bierlein in 2018 | |
27ste Kanselier van Oostenryk
| |
Ampstermyn 3 Junie 2019 – 7 Januarie 2020 | |
President | Alexander Van der Bellen |
---|---|
Voorafgegaan deur | Sebastian Kurz |
Opgevolg deur | Sebastian Kurz |
President van die Grondwetlike Hof van Oostenryk
| |
Ampstermyn 23 Februarie 2018 – 3 Junie 2019 | |
Voorafgegaan deur | Gerhart Holzinger |
Opgevolg deur | Christoph Grabenwarter |
Adjunkpresident van die Grondwetlike Hof van Oostenryk
| |
Ampstermyn 1 Januarie 2003 – 22 Februarie 2018 | |
President | Karl Korinek Gerhart Holzinger |
Voorafgegaan deur | Karl Korinek |
Opgevolg deur | Christoph Grabenwarter |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Wene, Oostenryk | 25 Junie 1949
Sterf | 3 Junie 2024 (op 74) Wene, Oostenryk |
Politieke party | Onafhanklik |
Alma mater | Universiteit van Wene |
Brigitte Bierlein (Duits: [bʁiˈɡɪtə ˈbiːɐ̯laɪn]; 25 Junie 1949 – 3 Junie 2024) was 'n Oostenrykse juris en politikus wat van Junie 2019 tot Januarie 2020 as die Kanselier (eerste minister) van Oostenryk gedien het. Sy is die eerste vrou om die pos te beklee. Sy was die advokaat-generaal van die Prokurator se Kantoor – in essensie die land se top aanklaer – van 1990 tot 2002, en van 2001 tot 2003 'n lid van die uitvoerende raad van die Internasionale Assosiasie van Aanklaers. In 2003 was Bierlein aangestel as 'n lid van die Grondwetlike Hof van Oostenryk. Tussen Januarie 2018 en Junie 2019 het sy gedien as die Hof se president, te wete die eerste vrou om dié posisie te hou.
Na die Ibiza-aangeleentheid het die Oostenrykse president Alexander Van der Bellen Bierlein op 30 Mei 2019 as Kanselier benoem na 'n parlementêre stem van geen vertroue wat die regering van Sebastian Kurz ontslaan het. Dit was die eerste suksesvolle mosie van die aard in Oostenrykse moderne geskiedenis.[1]
Sy is opgevolg deur Sebastian Kurz van die Oostenrykse Volksparty (Duits: Österreichische Volkspartei, ÖVP).
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) Said-Moorhouse, Lauren (30 Mei 2019). "Austria names its first female chancellor". CNN. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Maart 2020. Besoek op 30 Mei 2019.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Brigitte Bierlein.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit [[[:en:Brigitte Bierlein]] die Engelse Wikipedia] vertaal. |