Gaan na inhoud

7 Mediese Bataljongroep

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

7 Mediese Bataljongroep is die spesialis Lugmediese Eenheid van die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens. Die Bataljon se hooftaak is om mediese ondersteuning aan die Suid-Afrikaanse Lugmag en Spesiale Magte te verleen. Die eenheid val onder die bevel van die Mobiele Militêre Gesondheidsformasie.

Ander spesialiteite van die bataljon sluit in gevegsoektog en -redding, CBRNE-opsporing, verifikasie en ontsmetting, duik- en lugvaartmedisyne en talle ander vaardighede wat verband hou met die ondersteuning van spesiale magte.[1]

Min is in die openbaar bekend oor hierdie elite-mediese eenheid, hoofsaaklik as gevolg van sy verbintenis met die Suid-Afrikaanse Spesiale Magte. Die eenheid se stigterkommandant Wouter Basson het die navorsing oor die SAW se program vir chemiese en biologiese oorlogvoering gelei.[2]

Ander take van die bataljon sluit in, maar is nie beperk nie tot, mediese ondersteuning aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens Spesiale Taakmag en ander elite-eenhede, die Suid-Afrikaanse Lugmag Gevegsoek-en-reddingseenhede en die Presidensiële Beskermingsdienste (veral in die konteks van Gesamentlike VVIP-beskermingsbedrywighede).

Die eenheid is op 'n algemene ses-uur bystand en is gereed om onmiddelik nasionaal en internasionaal te ontplooi. Dit handhaaf ook 'n beperkte chemiese, biologiese, radiologiese en kernverdedigingsvermoë.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "7 Medical Battalion Group – a unique unit" (PDF). The South African Soldier. 3. Departement van Verdediging. 15: 38–39. 2008. ISSN 1609-5014. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 26 Junie 2015. Besoek op 21 Junie 2011.
  2. "The South African Chemical and Biological Warfare Programme". Centre for Conflict Resolution. 13 November 2000. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Augustus 2011. Besoek op 21 Junie 2011.